Die Biblioteek > Liedjies uit die oude doos

Daar onder in die vlei (stap 'n Mannetjie)

(1/2) > >>

Naas:
Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie,
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink waterstrome
sing hy nou so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan,
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet.
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.


 :icon_bigsmurf:

PM:
Lekker sing ek nou saam Naas.  Dit is so 'n mooi diamandjie uit toeka se tyd.   :icon_salut:

Naas:
Ek onthou ons het die ander dag die woorde daar by jou gesoek toe Stof die Musiek-cone daar voor ons lippe geswaai het.





 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek sal dit nooit nooitnie vergeet nie!  Dit was heerlik heerlik uit die boonste rakke!  Hoekom lê my gisters so helder en klikklaar voor my geestesoog!  Wat lê in my mores opgesluit?

adele:
met bak kieriebeentjies in 'n kortbroek en oopknoophemp wat eenkant half uit sy broek hang, kniekouse halfmas oor sy kuite, koffiekannetjie swaaiend aan die hand...... verkyk ek my aan hom, sy skouers reguit agtertoe en die trots in die swaai van sy skouers....
net jammer van die swaard van stoere name wat oor die arme pasgeborene se wiegie hang.....

 :grommit:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version