Author Topic: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?  (Read 4687 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« on: February 07, 2012, 02:26:26 PM »
Ek het deesdae so min vrye tyd. Natuurlik niemand se skuld nie, behalwe my eie. Ek moet bietjie orde skep.  :toothy4:

Ek hou daarvan om in die bos te loop (dis nou net beskikbaar wanneer ons naby bosse kamp) Anders geniet ek my
stokperdjies, en het ek 'n klomp van hulle.

Dink ek moet 'n week beplan en teminste een naweek 'n maand uit hou vir my. Dan kan ek gaan bergklim of sommer net die koppie hier agter ons uit loop met die vierbeen kinders.  :dontknow:

Wat hou jy van om te doen, wanneer so 'n oomblik sy verskeining maak?

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #1 on: February 07, 2012, 03:14:19 PM »
Ek het nie eens vry-tyd nie, wat nog te se vrye tyd. Maar as daar wel bietjie vrye tyd is probeer ek my agterstallige werk inhaal. Ek is al so ver agter, ek sal 153jaar en sewe maande oud moet word om alles klaar te kry.
Wens ek het tyd (en geld) vir skilder en houtwerk doen maar nou ja... Dalk ons mooi land deurkruis met 'n handeviervoet-bakkie want ek kan nie meer orals loop nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #2 on: February 08, 2012, 04:27:11 AM »
Jimmeltjie my lysie is toe te lank om hier in te pas Trappies  :icon_biggrin: nog so so baie wat ek wil doen in my vrye tyd, sekondes is so kosbaar!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #3 on: February 08, 2012, 08:28:49 AM »
 :icon_biggrin: Ek het gisternag vryetyd gehad en het vir die helder volmaan gelê en kyk.  Ja, op my sy, uit my "woonstelbed", het ek gesien hoe die sterretjies weerkaats in die water.  Die volmaan het 'n soliede silwer pad oor die see gebou wat verder strek as die horison, tot daar ver waar my verbeelding nie meer kon bykom nie. Teen die silwerstrale het feetjies op en af gegly. Met hul deursigte vlerkies waarin die sterretjies helder weerkaats, het hulle gelag en gespeel, vrolik met mekaar geskerts. Toe ek my kom kry, was ek ook daar.  Fyn en klein, so lig soos 'n veertjie, met sysag vlerkies en ek was verwonderd oor die helder, wonder, kleure om my.  Was dit nie vir die ragfyn vlerkies wat op my bedkassie gelê het vanoggend nie, sou ek sweer dit was maar net 'n droom.   :icon_biggrin:
Ek is lief vir die volmaan! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #4 on: February 08, 2012, 08:42:46 AM »
 :icon_biggrin: Lekker lag ek nou vir jou Naas. PM mooier kon jy dit nie bewoord het nie. Pragtig. Andrew sê juis gisteraand o hy weet nou hoekom sy humeur so pluk-pluk aan sy ingewande, dis volmaan... :icon_biggrin:

Jipp Ta-Meraai, myse lysie is ook nie van die kortste nie, maar hulle is privaat.  :toothy4:

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #5 on: February 08, 2012, 09:22:37 AM »
 :hello:

Teken, skilder, skryf, seep en badsout maak, mosaiek ens. ens.  :icon_biggrin:

PM, ek het ook gisteraand 'n kersie buite by die volmaan gaan brand. Dit was heilig-lieflik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #6 on: February 08, 2012, 12:30:48 PM »
Heilig-lieflik... val so soet op die oor! 
Dit is so jammer dat die volmaan so 'n kort rukkie hou en die vorige aand was alles dig gemis, net die mishoring het treurig sy honk-honk gehonk.  Ek lief die geluid van die mishoring!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #7 on: August 21, 2018, 08:46:14 AM »
Hier sit ek nou in 2018 en my deurmekaar lewe het nie veel verander nie.  :tongue3:

Dinge het so bietjie verander, met Andrew se oog wat hy verloor het so 2 jaar terug, gaan dit moeilik met ons staproete en met my gesondheid kan ek ook nie meer berge klim en te ver loop nie.  :crybaby2:

Tyd, ja tyd het ek nog nie onderbeheer nie. Wens net daar was meer tyd in die dag.  :icon_biggrin:

Ek het onlangs myself geleer om te hekel, ja ek naald werk doen, vir die wat my ken is dit 'n  :nono:. Maar ek geniet dit so. Ek het al klein kombersies gemaak. Ek is nou al hoelank besig met 'n "Ouma vierkantje" kombers vir my bed. Dit vat verewig. Het tussen in ook nog vir my self sokkies geloom en 'n soort van serpie gebrei... Ek het ook vir my vriendin se skoondogter se nuweling ook sokkies gehekel en 'n baba slaapsakkie met hoedjie.  En 'n paar ander goedjies. Ek soos gewoonlik het nou heeltemaal te veel wol, want sien as ek nou by 'n plek in stap en daar is wol dan moet ek 'n paar koop vir in geval ek dit dalk nodig sal kry. My huis is nou so klein ek het net een slaap kamer, my sit kamer en kombuis. Voorheen het ek 'n hele kamer gehad vir al my stokperdjies en skryf goed. Nou voel ek, ek kan weg hol.

Hier kom ek nou en wonder wanneer het ek tyd vir al my goedjies wat ek wil doen.  :icon_scratch:

Wag ek moet klaar maak ek moet gaan werk.  :headbang:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Iets wat jy wil doen in jou vrye tyd?
« Reply #8 on: August 21, 2018, 04:39:51 PM »
Dit is 'n verrassing om te sien jy doen hekelwerk, maar het geweet jy sal dit geniet.
Jammer om te hoor van manlief se oog. 
Ek met my slimmigheid het al Hannes se kontaknommers verloor.  Soos julle weet is ek nie selfoonmal nie en nou wil ek nog minder aan die ding vat!  Stuur aaseblief vir my julle selfoonnommers. 

Ek lag om weer bewyse te kry van hoe in die bol ek gepik is met volmaan! 
'n Mens dink ook wanneer jy met pensioen gaan sal jy tyd kry vir dit wat jy nog altyd wou doen, maar nee, nou is ons EERS  besig. 
Om te weet is om te verstaan.