Author Topic: Primavera Pasta  (Read 4136 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Primavera Pasta
« on: February 07, 2012, 01:49:35 PM »
Goeie genugtig nou moet ek die ding in Afrikaans doen.  :icon_scratch:

Bestandele:

1x Tagatelli pasta
½  Klein ui
1x 250g Sampioene
1x500g Romanita (Cocktail) Tamaties
2 Bossies Spinasie
Olyfolie
Sout & Pepper na smaak
1 x Knoffelhuisies
2 Eetlepel Koekmeel
½ Koppie melk
4-5 Eetlepel van die Parmesaan-kaas
Vleis na smaak (jy kan gesnyde hoenderborsies of gesnyde lam byvoeg)

Hoe nou gemaak!

Marineer jou tamaties ten minste 'n uur voor jy begin met die res.

Sny jou tamaties in halweskywe en plaas dit in 'n meng bak. Rasper 2 stukke van die Knoffel oor die tamaties en gooi ± 2-3 eetlepels van die Olyfolie oor. As nodig sout en peper.

Kook jou spinasie in 'n bietjie water en voeg sout na smaak.Wanneer voltooi gooi ekstra water af en kap fyn.

Soteer uie en sampioene in 'n ​​bietjie olie totdat die uie kleurloos en sag is.Voeg die vleis by braai saam met die uie en sampioene.

Kook jou water met sout en 'n ​​teelepel van die olie vir die pasta en voeg pasta by sodra water kook.Roer aanhoudend vir 4 - 5 minute.Dreineer ekstra water en spoel met koue water om ekstra stysel af te kry.

Voeg jou spinasie by jou uiemengsel, braai vir 2 minute. Strooi koekmeel by en roer totdat dit opgelos is, en voeg dan die melk en roer. Voeg kaas en meng vir 1 min alleenlik.

Gooi jou pasta in 'n groot mengbak, voeg die uie en spinasie-mengsel by en meng goed.

Net voor opdiening voeg die tamaties by en meng.
Bedien warm..
Genoeg vir 4-5 mense.

¤¤¤GENIET¤¤¤  ¤¤¤GENIET¤¤¤   ¤¤¤GENIET¤¤¤  ¤¤¤GENIET¤¤¤  ¤¤¤GENIET¤¤¤   ¤¤¤GENIET¤¤¤
 :angel12:



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Primavera Pasta
« Reply #1 on: February 07, 2012, 02:06:46 PM »
Net betyds!  Baie dankie Trappies, raai wat eet ons vanaand!  :icon_biggrin:

Een aand het Sammy vir ons hierdie dis gemaak en dit is werklik baie lekker. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Primavera Pasta
« Reply #2 on: August 11, 2013, 05:26:06 AM »
Ek het gisteraand weer hierdie dis gemaak en dit smaak nog steeds vorentoe. 
Om te weet is om te verstaan.