Author Topic: spiteful en swak mentaliteit  (Read 3035 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
spiteful en swak mentaliteit
« on: February 06, 2012, 06:41:36 PM »
Ja so het baie buitestaanders hulle bekke uit te spoel oor die boere wat hulle werkers so sleg behandel.

Wonder wanneer word na die boer se kant gekyk.

Het hier mense op die plaas, ek sal probeer om nie beledigend te raak nie. Die vrou, Mev L Pietersen se ouers het verblyf reg gehad na 10 jaar se werk en aftree ouderdom. So het L haar ouers opgepas. Na hulle al 2 oorlede is het ek haar geseg sy moet nou pad vat. Hol sy mos mannekrag toe en mnr Vonk bel my en seg sy mag 1 jaar in die huis aanbly. Seg ek is reg maar onthou die jaar gaan ook verby.

Na die jaar om is probeer ek met haar skik dat ek vir haar 'n 3 vertrek wendy huis sal koop en enige plek wat sy kry, neersit. So het die aanbod verlede jaar 31 Maart verval en sy en die gespuis sit nog steeds.

Toe kry ek uitsettingsbevel. Hulle moes 31 Januarie uit wees en van 7 Februarie af mag die Balju hulle kom uitsit. Verlede week seg ek die prokureur dat hulle nog nie uit is nie en sy bel L se prok en die seg vir haar dis ernstige sake, sy moet maar uit trek anders gaan haar goed op die vlakte staan.
Vrydagaand kom seg L my hulle sal vanaand trek, seg ek sien is glo.

Kom ek half 6 uit die wingerd en toe sien ek die spiteful en lae klas mentaliteit.
Voor die huis staan 'n vye boom vol lekker ryp vye.
Word die takke nou als afgesaag en op die vuilishoop gegooi. Dis nou net om my te tart.

Ek hoop dis i teken dat hulle goed wel vanaand getrek gaan wees, maar ek seg steeds sien is glo en voel is wragtag. Dis nou om my te tart dat hulle dit doen en ek gaan my nie laat tart nie. Sal seker maar die balju moet vra om die huis te kom leeg maak.

Wonder wat seg die klomp soos women on farms as hulle van so spiteful mentaliteit hoor.


My ouma het altyd geseg " cut your nose en spite your own face"

Ek sal juig en seker 'n bottel vonkel wyn oopmaak wanneer L en die gespuis hier weg is.

(  ek was mos nie beledegend nie? ) Ek dink ek het my mooi gedra.

Sorry dat ek hier by julle afpak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: spiteful en swak mentaliteit
« Reply #1 on: February 06, 2012, 09:40:35 PM »
Ai Lox. dis erg om so te sukkel om mense se eie goed terug te kry.  :dontknow: Ek verstaan nie die mentaliteit van die mense wat die nuwe wette uit bring nie.
Ek dink as ek ooit 'n stukkie grond kry ek mense net sal kry op kontrak of wat ookal beteken dat as ek hulle nie daar wil he nie dat ek hulle kan uit sit.  :`ip2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spiteful en swak mentaliteit
« Reply #2 on: February 07, 2012, 06:21:18 AM »
Ons is ook mos deur die uitsettingsbevel-storie.  Dit kos jou 'n klomp geld en aan die einde van die dag praat die huurder steeds met jou vingertaal.  Waar het jy in elk geval gesien dat die eienaar van 'n eiendom geen seggenskap op sy eie grond het nie.  Dit stink!
Jy kan haar ook nie aankla vir saakbeskadiging nie, jy mors net jou tyd en geld.  Dalk help dit vir jou as jy die polisie uitkry. 
Hoop vanoggend is hulle sak en pak uit. 
Om te weet is om te verstaan.