Author Topic: My gat se deksel.  (Read 13128 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
My gat se deksel.
« on: February 03, 2012, 12:55:40 PM »
Ek werk in 'n stoor. Ek is die enigeste vrou hier. Hulle het spesiaal vir my 'n toilet laat bou. Nou ek gee nie om, om my toilet te deel met ander dames nie. Nou het ek vir twee weke met twee dames hier gesit wat bietjie kom "audit" Elkgeval, die eerste dag toe ek nou uiteindelik daar heen gaan vind ek gelukkig die deksel is toe maar daar lê toilet papier op die grond. In die eerste dag het hulle 'n hele rol toilet papier gebruik.
Die tweede dag begin ek agter kom hulle trek die toilet sonder om die deksel toe te maak. Ai, is dit net ek, (seker maar) maar magtig weet jy nie hoeveel kieme vlieg uit daai bak as jy trek nie. Eish, nou vandag is daar 'n ekstra dame hier, want dis hul laaste dag en hulle kry nie klaar nie. Eskom het 'n groot probleem met krag voorsiening aan hulle.  :evil6: Elkgeval terug by my badkamer. Ek wil amper op my hakke staan en skeeu "LOS MY TOILET UIT EN KRY JOU EIE"  :evil6:
Gelukkige vooruitsig dis hul laaste dag. (Hoop ek!)
Dankie vir jul ore  :evil6: Ek voel so bietjie beter  :evil6: Ek regtig nie so vol draad werk nie.  :evil6: Net die meeste van die tyd.  :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #1 on: February 03, 2012, 05:40:42 PM »
Oeps, ek is ook skuldig daaraan, maak nie die deksel toe as ek trek nie.  :evil6:
Soms is ek baie haastig om by daai sitplek uit te kom en as ek gaan sit en die deksel is nog toe...!
Ek hoop ook vir jou part dat dit nou oor en verby is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #2 on: February 03, 2012, 07:23:32 PM »
Oeeeee... Trappies, dis 'n ding daardie wat ek ook nie verstaan nie. Dis nou die deksel ding.  (Sorry, PM en al die ander).
'n Ding wat ek ook my kind geleer het. Nou sien ek hy wil wil ook soms die deksel oplos noudat hy by mense bly wat dit ook nie doen nie.
Ek gryp hom sommer nog daaroor. En hy is al dertig.
By die kantoor is ek meeste van die tyd alleen en kan ek dinge beheer in die 'kleinhysie'. Maar as daardie warrelwinde van 'n klomp Reps inkom en hulle waai deur die toilet....   :nono:   Die deksel is op, die wasbakkie (vir die wat hom nog gebruik) is vuil, die handdoek is sommer so skeef getrek of opgehang.
En die kombuis!!!!  Het juis Dinsdag vir hulle 'n e-mail gestuur en gese dat elkeen van ons ons eie glase, teelepels, koppies, bekers moet was en nie net in die wasbak neersit nie. Dit sal vrot. Die skoonmakers kom net een keer elke twee weke. Ook moet hulle asseblief hulle vuil bekers nie op hul lessenaars los as hulle die kantoor verlaat nie.  Die waterbeker word leeg terug gesit in die yskas, die toiletrolletjie is leeg en nuwe toiletrol word nie opgesit......  Hulle het seker onder mekaar besluit te hel, hulle sal dit nie skoonmaak. Toe los ek dit ook maar so.  Ek het al 'n nota geplak daar :  I have not come across any fairies in the kitchen. Have you?"
Hulle like my nie veel nie.  Pla my min.  Want ek is nie die skoonmaker nie.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: My gat se deksel.
« Reply #3 on: February 03, 2012, 08:07:23 PM »
nou wat is dit met julle en die deksels. as ek die deksel wil op he moet ek dit optel en as jy dit wil af he, sit dit af. dis nie rocketscience nie en julle is mos nou al groot. hie hie hie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #4 on: February 03, 2012, 08:47:43 PM »
 :icon_biggrin: Hê-hê, en ek dag ek is die enigste ou met die meeste poefies in die land!
Kyk, ek hou van netjies en skoon.  Dit is my enigste vereiste!
Die res kan ek hanteer.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: My gat se deksel.
« Reply #5 on: February 03, 2012, 09:03:56 PM »
Hoe bly is ek die meeste van die tyd het ek nie 'n gat op deksel nodig nie, daars baie plek in die wingerd om te piepie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #6 on: February 03, 2012, 09:28:51 PM »
Hê-hê Lox,  ek dink nog dit is die beste!  Jammer ek het nie 'n stingeltjie nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: My gat se deksel.
« Reply #7 on: February 03, 2012, 09:45:37 PM »
 :evil6: :evil6: :evil6: Louis, dis juis die dat ek weet hoe. Dit gaan nie oor oop of toe nie dit gaan oor die kieme wat versprei as die water so sprei, sprei alles daarmee saam die hele badkamer of kleinhuisie vol.  :nono:

Gelukkig het hulle my vanmiddag gegroet en gese hulle kom nie Maandag in nie  :hello2:  :hello2:  :hello2:  :hello2:  :hello2: :hello2:

Dankie Engeltjie, het ek nou ook 'n ding met ons kombuis gehad. Siende dat ek die enigeste vroumens daar is, (maak nie saak dat ek hoof is nie) moes ek almal se skottelgoed doen tee maak en en en en ............... Wel paar jaar terug toe stop ek dit. EK dink hulle het gou agter gekom toe hulle wou tee maak en daars nie skoon bekkers nie. Sal so ewe vra hoe nou,  :evil6: Andwoord, water en seep ou. Dit werk gewoonlik.  :`ip2:


 :angel12:

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: My gat se deksel.
« Reply #8 on: February 04, 2012, 12:45:27 AM »
Oeps, ek is ook skuldig daaraan, maak nie die deksel toe as ek trek nie.  :evil6:
Soms is ek baie haastig om by daai sitplek uit te kom en as ek gaan sit en die deksel is nog toe...!
Ek hoop ook vir jou part dat dit nou oor en verby is.

Stof se boom het glad nie 'n deksel nie.  Dit maak instandhouding soveel makliker.  Porselein se temperatuur is nogal verfrissend in die somermaande.

Hoe bly is ek die meeste van die tyd het ek nie 'n gat op deksel nodig nie, daars baie plek in die wingerd om te piepie.

Dit verklaar die ektra aroma wat jou wyne so besonders maak?

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #9 on: February 04, 2012, 04:53:12 AM »
Ek lag te lekker vir Stof se besinging van Lox se wyne.
Nou wonder ek of dit die palette of sinusse of is dit nuanse?
Ja, julle manne moet maar julle stingeltjievoorregtes    :pottytrain2:   gebruik.  Ons sal maar knyp.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: My gat se deksel.
« Reply #10 on: February 04, 2012, 06:27:33 AM »
Natuurlik is daar sulke maniere vir die geure en smake. Die geur kom uit die grond.
Ek het in Frankryk by een kelder 2 Riesling wyne geproe. Al 2 is lekker, al verskil was dat die wingerde op 2 verskillende soorte gronde staan. Mens kan die verskil proe want die smaak kom uit die grond.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #11 on: February 04, 2012, 10:08:08 AM »
 :sign10: Julle is verfrissend so vroeg in die dag! Wynproe en stingeltjieswaai.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: My gat se deksel.
« Reply #12 on: February 04, 2012, 10:52:17 AM »
Daar is darem nie 'n stingelswaai demonstrasie by die plaas toer ingesluit nie.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #13 on: February 04, 2012, 09:27:27 PM »
As ek nou 'n stingeltjie gehad het, het ek vir julle 'n demonstrasie gehou! Volgens my beskeie mening, dink ek dit is die handigste instrument waaroor enige ware mens kan beskik!
So, geniet wat jy het en hou op om te kla!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My gat se deksel.
« Reply #14 on: February 04, 2012, 09:47:38 PM »
Die manlike vorm van PMS is stingelstress.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #15 on: February 05, 2012, 08:19:53 AM »
Moet asseblief nie my voorletters so wild hier rondswaai nie.   :angel4:
Hannes sê dit is SS  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: My gat se deksel.
« Reply #16 on: February 05, 2012, 08:08:22 PM »
As ek nou 'n stingeltjie gehad het, het ek vir julle 'n demonstrasie gehou! Volgens my beskeie mening, dink ek dit is die handigste instrument waaroor enige ware mens kan beskik!
So, geniet wat jy het en hou op om te kla!   :sign10:


nee ek kla nie, my vrou ook nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #17 on: February 05, 2012, 09:10:43 PM »
Hê-hê Lox, ek is mal oor jou sin vir humor! Mooi was nog nooit lelik nie en lekker was nog nooit sleg nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My gat se deksel.
« Reply #18 on: May 07, 2016, 04:24:06 AM »
Bulder ek die buurvrou wakker! Dink ek nou weer aan my en Outop se 'date' een aand en my verwondering oor 'bloemistedraad om die stingeltjie mooi regop te hou'  in die lewensrangskikking  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #19 on: May 20, 2016, 06:51:36 PM »
Na 'n paar moeilike maande lees ek weer al die lekker en ek weet!  Die forum is 'n lekker plek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My gat se deksel.
« Reply #20 on: January 17, 2018, 11:23:07 PM »
PMS en stingelstres, bloemiste draad en wingerdvog so reg uit die grond. Demonstrasies van handige instrumente ennie gate se deksels met vliegende kieme - ons het darem wraggies al lekkkkker wild geskommel aan ABC'tjies op onse dae ne! 
:icon_biggrin: :headbang:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My gat se deksel.
« Reply #21 on: January 18, 2018, 10:45:21 AM »
'n ou vriend van my se liedjie oor die onderwerp...

Skommel daai ding
Skommel daai ding
Tot sy se ja.
Le met die ding
Speel met die ding
Tot sy se ja.
En as sy se ja
Dan skree ons hoera!
En as sy se nee
Dan skommel ons maar weer.  :nono: :`ip2:

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My gat se deksel.
« Reply #22 on: January 18, 2018, 07:21:14 PM »
Daar gee jy nou vir my 'n totale nuwe persepsie van daardie ou-ou liedjie Naas, of is dit Raaitjie?

Ek lees weer hier en ek dink aan "Mannekanpis"  (dink dit is drie woorde, maar wie gee om) daardie jare toe ons nog na "besienswaardighede" gaan kyk het.  Wat 'n teleurstelling!

En ja, hierdie is Grieks, net soos die Grieks wat hier onder geskryf is.  Ek  LIEF  Grieks. 
Om te weet is om te verstaan.