Author Topic: Molshope  (Read 4552 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Molshope
« on: January 30, 2012, 11:49:48 AM »
Molshope

Bestanddele:
3 tot 4 groot aartappels
'n Groterige homp botter
2-3 ml bakpoeier
Sout na smaak
250 ml room
50 gram (125 ml) gerasperde cheddarkaas

So maak mens:
Skil en kook aartappels tot gaar.
Dreineer en druk fyn.
Meng botter, bakpoeier, sout en 'n bietjie van die room by.
Klits met 'n vurk tot lig.
Smeer oondvaste skottel en skep lepels vol van die aartappels in.
Gooi die res van die room oor.
Strooi die kaas oor.
Bak 20 - 25 minute in 'n voorverhitte oond van 180 grade C of 350 F.
4 tot 6 porsies.
Om te weet is om te verstaan.