Author Topic: Gekookte klapperys  (Read 12819 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Gekookte klapperys
« on: January 30, 2012, 10:50:59 AM »
Bestanddele:

2 Koppies suiker   (400 gram)
1 Eetlepel botter  (12,5 ml)
6 Koppies klapper (600 gram)
Kwart telepel kremetart
Kwart telepel sout
375 ml melk
'n Paar druppels rooi koek-kleursel.

So maak mens:

Plaas die suiker, botter, melk en sout in 'n kastrol.
Bring tot kookpunt en kook vir 7 minute.
Haal van stoof af, roer klapper en kremetart in en meng goed.
Gooi die helfte van die mengsel in 'n gesmeerde bak of 'n pannetjie.
Verkleur die ander helfte met die paar druppels koek-kleursel.
Klits goed sodat die kleur egalig versprei en gooi die mengsel bo-op
die wit klappermengsel.
Laat dit stol en sny in vierkantjies.
Om te weet is om te verstaan.