Author Topic: Sôkkele helle!  (Read 9164 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Sôkkele helle!
« on: May 03, 2011, 03:36:17 PM »
Ek weet nou nie met wie moet ek bolle rol nie,  maar dit was nou die derde keer wat kwaaddoeners ons uit die slaap uit hou.

Die agtvoet pallasde heining met sy skerp punte help niks om die vuilgoed uit die erf uit te hou nie.  Moet ons nou nog elektriese heinings bo-op dit sit?  Die lemmetjiesdraad werk ook nie. 
Waar hou dit op? 

Tog moet ek vir die Polisie hier in Wonderboom alle eer gee.  Binne tien minute nadat ons geskakel het was hulle hier.  Bravo!  Vier motors binne tien minute.  (Ek moet eerlik sê, dit kon vyf gewees het,  maar ek wil ook nou nie lieg nie.  Ek was te ontsteld om die horlosie dop te hou, en om nog eerlik te wees,  ek het niemand hier verwag nie.)  Hulle werk nou saam met die buurtwag en voor jy sê "Ou oom Mcdonneld het 'n plaas" toe swerm die straat van mense! 

Gelukkig ly ek soms aan slaaploosheid,  anders sou ek hulle nooit eers gehoor het nie.  Kwart oor drie in die oggend.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Sôkkele helle!
« Reply #1 on: May 03, 2011, 04:36:24 PM »
 :hello:

Ek is bly jy was wakker en julle dus okay. mooi so vir die polisie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sôkkele helle!
« Reply #2 on: May 03, 2011, 07:16:29 PM »
Ek wil altyd weet hoekom die spesifieke huis wanneer daar inbraak is.
Is die huis se sekuriteit minder/swakker as die rondom. Het hy nou maar daar vebygeloop en besluit hier wil ek in?
Wat soek die snotseparator nou eintlik?




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #3 on: May 04, 2011, 07:54:18 AM »
Dankie Fransi.   :wave:

As jy nou voor die huis staan is die een huis aan die linkerkant nog onbewoon.  Dit is waar die eerste probleem vandaan gekom het.
Ons buurman aan die regterkant se heining is nog makliker om oor te kom as ons s'n, maar dit is sy honde wat die buurt wakker hou.  Die ander ding wat my laat dink is,  ons erf is dig begroei en die ander ouens s'n is kaal.  Ons is oud en die ander ouens is nog jonk.   :dontknow: 

Dalk het die "bomcracker"  wat agter die kwaaddoeners se gaaie ontplof het gehelp om hulle dalk twee keer te laat dink en dit is ook dalk wat die polisie so gou hier gekry het.   :icon_biggrin:  :dontknow:

Die "galôk" by die "ongalôk" is nou,  na vier maande se snoesig op die rak lê, word die kameras vandag ge-installeer.  Die baas is mos George toe vir werk en die miesies hy es hom alleen by die huis.   :evil5:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sôkkele helle!
« Reply #4 on: May 04, 2011, 08:27:47 AM »
O flôk.
Is die ousie darem daar dat jy nie asem alleen is nie?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #5 on: May 04, 2011, 08:58:33 AM »
Ja sy is hier.  Hannes het so ewe die voorstel gemaak dat sy in die huis slaap terwyl hy weg is.   :laughing4:  Hê-hê!!!  Grapppie vir die Zonk!   :evil6:

Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Sôkkele helle!
« Reply #6 on: May 04, 2011, 08:01:15 PM »
Sit 'n bord op die hek wat se: The Tokkelosh lives here......

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #7 on: May 05, 2011, 09:30:37 AM »
Dit is 'n briljante idee Blouetjie.    :icon_biggrin:

Toe ons nog aan die anderkant van die berg gebly het,  het ons jongste met slange geboer.  Ek wonder of dit is hoekom ons nooit daar enige probleme gehad het nie.   :dontknow:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Sôkkele helle!
« Reply #8 on: May 24, 2011, 11:52:54 AM »
Lees ek nou eers die draad raak!

Wou ook sê, wil jy vir Kosie leen...Ek slaap met oop dure en vensters en het nog nie 'n dag se klagtes gekry nie.

Loop so nu en dan met baba om my nek in die tuin en speel met hom op die gras as ek sien daar is baie ander mense wat so rondloop en dwaal. Sulke nuus bly nooit stil gehou nie. Daai mense het 'n Kosie!  :dontknow: Kan dalk werk!

 Kry 'n bordjie voor wat sê, "wees asseblief versigtig wanneer wil inbreek, wilde, giftige, pofadders in die tuin, vreeslik las van rotte!"

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #9 on: May 24, 2011, 12:43:09 PM »
Kosie om die nek
bly waar jy is jou skelm
of jy word gepik     

:toothy4:

Hoe's daai vir nog 'n haiku?

Dit kan werk ja!  Dan kry ek een van daai bordjies met 'n koperkapel se foto op en sit dit op die hek.

Ons is nou so van die kameras en alarmstelsels beplak dat ons self nie kan waag om ons kop by die deur uit
te steek nie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Sôkkele helle!
« Reply #10 on: May 24, 2011, 02:21:30 PM »
Slangpark oop na sewe. Pofadders welkom.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #11 on: May 24, 2011, 03:58:14 PM »
Bring jou eie dop en tjop!   :sign10: 
Om te weet is om te verstaan.

AT Strydom

  • Guest
Re: Sôkkele helle!
« Reply #12 on: August 14, 2011, 11:35:24 AM »
Dit is 'n briljante idee Blouetjie.    :icon_biggrin:

Toe ons nog aan die anderkant van die berg gebly het,  het ons jongste met slange geboer.  Ek wonder of dit is hoekom ons nooit daar enige probleme gehad het nie.   :dontknow:



Jy hoe fnie slange op jou erf te hê nie, kry net van die vervelde velle en ryg hulle so tusen die voorhek en die lemmetjiesdraad deur.  Die informante wat kom loer voor die tyd sal wel die slangvelle kan herken en sal die nodige rapport doen.

PM, ek hoop nie jou huis is nou so veilig met al die kamera's en ding dat daar selfs 'n kamera in jou veilige badkamer gekoppel is nie.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #13 on: August 14, 2011, 03:27:18 PM »
Ai dit suck 'n bietjie, die inbrake en dinge natuurlik.  Ons het bietjie van dieselle probleem al hier ondervind tot ons 'n oog of 6 buite opgesit het, so die alarm skree as iemand so 15meter naby die huis kom, vandat ons dit het is hier absoluut geen probleme nie.  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sôkkele helle!
« Reply #14 on: August 14, 2011, 05:10:38 PM »
Ek stem Chichi.  As daai alarm afgaan dan vlug die katte ook.   :icon_biggrin:

Nee At!!!  Die kameras is buite, wil jy nou hê die ou wat die monitor dophou moet 'n hartaanval kry?   :toothy4:
Jou idee met die slangvelle is briljant hoor.   :icon_biggrin:

Ons het 'n buurtwag wat nousaamwerk met die polisie.  Ons het elkeen 'n radio (ek het myne so pas gekry) en kan presies hoor waar die probleme ondervind word.  Verlede week is twee huisbrekers aangekeer.  Hulle het hier voor die hek verbygeloop met groot sakke,  ek het gou die eenheid laat weet en toe vind hulle mikrogolf, cd's, radios en nog 'n klomp goed in die sakke. 
Die laaste 10 dae is 14 "krimpenele" in ons area doodgeskiet.  Dit wys jou net wat kan gebeur as die gemeenskap saamstaan. 
« Last Edit: August 14, 2011, 05:15:31 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.