Author Topic: PhotoScape (8) Clone Stamp  (Read 8162 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (8) Clone Stamp
« on: January 25, 2012, 07:50:10 AM »
Ken jy ook daai 'ag nee my lens het vuilkolle!!' gevoel as jy 'n pragtige sonsondergang foto of enige toneel waar jy die lug duidelik kan sien, geneem het?  Hierdie handige 'clone-tool' van die program is die ideale oplossing. Binne sekondes het jy van die onooglike kolle ontslae geraak.

As jy op 'tools' kliek sal jy die clone stamp funksie daar sien. Kliek op dit en kies die grootte van die kolletjie wat jy wil gebruik om herstelwerk te doen op jou foto. Druk nou so na as moontlik aan dieselfde kleur agtergrond waar die ongewenste kol sit, kliek dan weer op die kol. As jy die 'shift' knop inhou sal die gekloonde deel subtiel ingekleur wees. Onthou om esc. te druk as jy op  nuwe kol wil herstel. Die undo skakel is hier van onskatbare waarde tot jy die regte kleur gekry het!
 
(Baie handig ook om daardie onwelkome elemente in 'n foto te verwyder bv. oorhoofse drade, padtekens ens.)

Hierdie foto kon ek glad nie gebruik nie en met die hulp van die clone stamp is die vetterige kolle nou verwyder. Outop het probeer om my lens skoon te maak maar pure verniet. So ek sal tot ek die lens profesioneel kan laat skoonmaak, arig moet steun op hierdie funksie!

En so lyk my foto wat voorheen nutteloos gevlek was:


 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #1 on: January 25, 2012, 10:17:07 AM »
Dit is nou handig verby!  Ons kry dikwels die pragtigste tonele met die ou drade voor en hier is die oplossing.  Baie dankie vir hierdie handige inligting.  Dit sal uitstekend te pas kom.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #2 on: January 25, 2012, 10:59:02 AM »
Ek het gister weer 'n foto geneem waar daar 'n lelike geel plastiekmerk op die pragtige hout aangebring was PM en met die hulp van die program is dit in ommesientjie weggetoor!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #3 on: January 25, 2012, 02:09:44 PM »
So tussen die pakkery deur het ek Photoscape afgelaai en na die videos gekyk.  Ek sal moet terugverwys na die eerste lesse wat jy gegee het.  Hoe kry 'n mens net een skoon bladsy?
Jy moet weet as ek al daar vashaak!  :dontknow:

Ek het op die video gesien van die "clone stamp", moet eers 'n foto kan oopmaak voordat ek kan begin speel.  Dalk sal ek in die Kaap meer tyd vir myself hĂȘ.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #4 on: January 25, 2012, 03:22:33 PM »
hA HA ....Vergeet daarvan PM.  :toothy4:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #5 on: January 26, 2012, 12:58:48 AM »
Een skoon bladsy? Weet nie van daai ene, sover ek weet werk jy op fotos. Die videotjies het kosbare inligting, en daarvandaan kombineer en verbuig jy die reels, amper nes met strukture  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #6 on: January 27, 2012, 06:43:49 PM »
Ek kry 'n bladsy wat in drie dele verdeel is.  Ek wil net met 'n bladsy werk waar ek een foto kan plaas.  Is dit nou duideliker?  :icon_biggrin:

Trappies, ek wag vir jou!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #7 on: January 27, 2012, 10:02:54 PM »
(Baie handig ook om daardie onwelkome elemente in 'n foto te verwyder bv. oorhoofse drade, padtekens ens.)

Sies Meraai, jy seg mos nou 'n lelike ding.

As dit nie vir oorhoofse drade was nie, het PM se Hannes nie werk gehad nie en het ons PM maatjie gedooi van honger.  As dit nie vir oorhoofse drade was nie, het ons nie 'n kragtoevoer gehad waarmee ons die rekenaars kon voed wat die Forum besoek nie.  As ons nie padtekens gehad het nie, kon PM en Hannes nie so veilig Kaap toe ry nie.

Nou vrees Stof die dag wat hierdie slim program outomaties begin om die ongewerwelde ruggraatlose goggas in die luisryk ook uit te wis.

Eish!

:stofluis:
« Last Edit: January 27, 2012, 10:04:36 PM by Stof »
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #8 on: January 28, 2012, 07:34:03 AM »
Toemaar Stoffie, dit is darem net die onooglike drade op die foto's. Die ware Jacob is veilig, want Outop werk ook op die lektrieklande. 

Dit was nogal 'n pyn in die heup, die rit Kaap toe.  Van net na Bloemfontein tot by Hexrivier, is daar padverleggings wat skrik vir niks.  10 Minute ry, 10 minute stop!

Ek sal weer deur die video's gaan Raaitjie.  Dalk kry ek die regte inligting.

 :bootyshake:


« Last Edit: January 28, 2012, 07:36:33 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #9 on: January 30, 2012, 01:52:48 AM »
Skies ek antwoord nou eers, sukkel myse alie af om aan te teken! PM ek het nog die ou weergawe van PhotoScape. Het nie die nuwer ene geinstalleer nie omdat ek gesien het daar is probleme waarmee hulle nog sukkel met die bere van die verskillende leggers toe hou ek liewers verby. As ek op die program kliek spring dit oop met 'n kring van videos te siene. Heelbo is daar so lotjie blokkies, kies 'editor' dan kan jy jou fotos kies waaruit jy wil werk. Hoop jy kom reg mater. Lekker kuier hoor en hoop die boekbekendstelling is 'n heugelike verjaardagervaring!!!!

Luisie  :toothy4: ek sallie vir jou uithaal uit my prentjie nie hoor  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (8) Clone Stamp
« Reply #10 on: January 30, 2012, 08:36:13 AM »
Dit is 'n nagmerie dat party ouens so sukkel om aan te teken.  Ek sal weer vir marshalmoo pla.
Jammer oor die ongerief en dankie dat jy so onverpoosd aanhou. 

Ek sal weer na die koekiebakepisode gaan kyk, dankie vir die raad  Raaitjie.  :love7:

Sover sal ons probeer om die byeenkoms die 17de te hou.  Naas sal vandag uitvind oor die bekombaarheid van die skoolsaal.  Dit gaan vet pret wees. So jammer julle kan nie almal hier wees nie.








Om te weet is om te verstaan.