Author Topic: Grotgeboortes  (Read 3234 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Grotgeboortes
« on: January 21, 2012, 10:43:55 PM »
Die Stofluis gaan nou raas met elkeen vir wie die skoen pas.

Die agtergrond:  Dit gebeur al hoe meer dat mense wat 'n saamrygeleentheid kry saam met luis, ewe min gepla uitklim uit die voertuig as dit klaar geparkeer is, en die deur ooplos en wegstap asof dit die natuurlikste ding op aarde is.

Die Raas:  Jy het die saamrygeleentheid gratis gekry.  Jy het selfs jou peuselhappies se paiere so ewe skelm onder die voertuig se sitplek weggesteek.  Tot hier toe, nog geen ernstige probleem nie.  Maar Luis ry ook met ander mense se bronne en eiendom in die voertuig.  As ons dus iewers stop en ingaan in 'n gebou of sentrum in, wil Luis graag sien dat die dinge darem effe beveilig word.  Maar jy wat saamry, voel mos 'n veer.  Jy los net die deur waar jy uitgeklim het oop.  Aan elkeen wat hieraan skuldig is, luister mooi na die luis.  As hy saam met iemand ry, sluit SELF die deur waar jy uitklim.  Toon respek vir die toerusting en bronne wat veilig binne in die voertuig behoort te wees.  Moenie van die weldoener wat jou opgelaai het, verwag om ewe elke keer reg rondom die voertuig te moet stap, inspeksie te hou of sy pasasiers wel gesonde denke aan die dag gelĂȘ het, en indien nie, ewe dan maar self daardie oopgelosde deure sluit.  En as jy daaroor aangespreek word, moet veral nie dan 'n aanvallende houding inneem nie.

Luis behou die reg voor om enige passasier wat hom verder op hierdie manier tempteer, enige verdere geleenthede te weier.

Die kern van die boodskap:  As iemand jou 'n geleentheid aanbied MAAK SEKER jy sluit SELF die deur waar jy uitklim.  Jou weldoener is nie jou slaaf nie.

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Grotgeboortes
« Reply #1 on: January 22, 2012, 05:37:04 AM »
Hi oeee Blommie, nou is iemand in die moeilikgeit!  :violent1:  :read2:
Levitikus vier vers een tot vier: ... Sluit die deure agter jou as jy saam met Stof ry, jou grotbewoner!
Stof, Hannes vra jy moet 'n stukkie biltong van daai bul saambring.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Grotgeboortes
« Reply #2 on: January 22, 2012, 04:37:05 PM »
Ek stem, Stof. 
En as hulle eers sigaret opsteek, stop ek en vra hulle moet eers buite klaar rook.
Soms wil hulle ook nie die gordel aansit nie.
As jy in Rome is, maak jy soos die Romeine.

elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Grotgeboortes
« Reply #3 on: February 03, 2012, 01:18:41 PM »
Nou gaan ek seker aan luis se verkeerde kant loop.  :evil6: Onthou ek is groter, nie seker of ek luise eet nie, maar kan altyd probeer.  :toothy4:

Ek is self skuldig aan nie kyk of die deur gesluit is nie. Ek het 'n motor wat JY WAT SAAM RY asseblief nie moet SELF sluit nie. Ek het 'n sentralesluitstelsel... :toothy4: en as mense daarmee peuter mag dit dalk net nie so lank hou nie. My liefste moeder se motor het nie een van daai lang naam gedoentes nie.  :toothy4: As ek so saam haar ry is ek ook geneig om uit-te-spring en aan te loop, (anders as my naam is ek altyd hastig) soos ek met my eie voertuig doen. Sluit ek haar so in die loop. So dis nie REGTIG my skuld nie. Dis gewoonte. Gelukkig, maak ek en Oma altyd 'n punt om te kyk of alles toe is. Ek het al by haar motor aan gekom na ons lekker ge"shop" het en my deur was oop  :color: Ons was nog baie gelukkig so ver.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Grotgeboortes
« Reply #4 on: February 03, 2012, 05:37:03 PM »
Jy is reg Trappies, 'n mens is so gewoond aan die "selfsluit" dat jy nie aandag gee daaraan nie. 
Om te weet is om te verstaan.