Author Topic: Bespreek jou bladsye vir boek twee.  (Read 26085 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #15 on: April 07, 2012, 03:56:47 PM »
Ek glo nie die boek sal reg wees om drukkers toe te gaan voor die einde Augustus nie.  Dan sal ek dit eers moet betaal wanneer dit gereed is en dit gee ons ses maande tyd om te spaar en geld oor te betaal. 
As dit eingsinds moontlik is, wil ek graag nie minder as ses baldsye in 'n bundeltjie hê nie, en jy dink verniet jy gaan met so min wegkom!  Ek wil al jou mooi gedigte in die boek hê.   :notworthy:

O ja, die skriwwels, julle kan maar net vir my die name van julle werkies gee, ek sal dit gaan oppik by jul eie plekkies.  Stuur asseblief vir my foto's of agtergrondmateriaal aan soos wat julle dit het, maar asseblief eers na die einde April.  Vir die wat niks stuur nie sal ek self agtergrond voorsien. 
Ongelukkig sal dit moet wag tot ek weer in die land van vinnige internet is, van hier af sal dit my 'n jaar en 'n fortuin kos! 
« Last Edit: April 07, 2012, 04:00:46 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #16 on: April 07, 2012, 04:28:36 PM »
Oepsie... ja sien, ek het vergeet van minimum.
Nou toe, dan is dit 6 Bladsye - R600.
Sjoe, gee my kans om weer bymekaar te maak.
Dankie.
Hier by my is die internet net sy stadig. 
Ek dink die bytjies by die bye-nes vergeet soms om die 'On' knoppie te druk.

Groete
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #17 on: April 07, 2012, 04:52:42 PM »
Dankie matertjie.  Ek waardeer dit!  Soos gewoonlik sal die gedigte wat julle in julle eie plekkies plaas vir die boek, gratis wees.  Met almal se hulp is al die kostes vir die forum betaal tot en met die einde van Februarie volgende jaar!   :hello2:





« Last Edit: April 16, 2012, 08:22:42 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #18 on: April 16, 2012, 08:25:34 AM »
Besprekings gemaak deur forumlede tot op hede:

Angelica  6 bladsye
Ah Willa  6 bladsye
Gedigstrukture  plus minus 36 bladsye
PM  20 bladsye
Suikersakkiehumor  plus minus 10 bladsye
Epitaaf ook plus minus 10 bladsye
Meraai vannie Baai 6 bladsye

As daar nog iemand is, kom bespreek asseblief.  Laat ook vir my weet wat julle nog in boek twee wil sien.
« Last Edit: April 18, 2012, 03:55:00 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #19 on: April 17, 2012, 01:55:09 AM »
Ek sal ook 6 blaaie neem dankie mater (gaan gou 'n blikkie gleuf insny en begin spaar)  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #20 on: April 18, 2012, 03:56:05 PM »
Dankie vir die ondersteuning Raaitjie.   :love7:
Ek het dit so aangeteken. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #21 on: June 19, 2012, 12:42:04 PM »
Moeder PM en ForumFamilie -

ek is nou nie lelik nie .. maar ek gaan liefs van boek twee ontrek ... ek sal nog my 6 bladsye betaal en dit afstaan aan Engeltjie/Adele/Naas - hulle werkies is ongelooflik en moet gedeel word.   Ek voel nie minderwaardig nie - net dat my werk nog flou is teenoor die meesters en dat ek eerder nog wil groei na boek 3 toe .... my werk het nogal 'n groot verdieping en verkorting geneem ... ek het nog so een of twee wat nog nie klaar is nie , want ek nou in die laaste week geskryf het  - nie my gewone lang-storie-gedigte nie.  

Ek wil nie boek 2 terug hou nie ... en ek het nog baie werk om te doen aan my gedigte ... en ek sal baie beslis almal se input/skaaf en leer waardeer by myse huisie - al my gedigte is oop vir input van julle af.  

Ek sal reg wees vir boek 3 ... maar julle het my volle onderteuning met boek 2 ... ek sal boek een en twee soveel moontlik help bemark ... en oral waar ek kan my skills aan bied vir boek 2

Sien uit na boek 3 om saam met almal gekroon te word as 'n WoW  ... nou is julle reeds wow en ek is nog net ow ... maar ek is op pad ... ek werk regtig hard ... lief julle almal en ek geniet dit so baie om julle werk te lees

Engeltjie se simfonie het nou net hier by my verby gerol ... die een wat daar in haar huisie oor die velde gestooi was ... hy's op pad na een van julle - wou nie se waarheen hy klinkend rol nie  :toothy4:
« Last Edit: June 19, 2012, 12:51:35 PM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #22 on: June 19, 2012, 07:51:56 PM »
Ek dink nou weer jy is vinnig op pad om 'n goeie bydrae te lewer.  Ons almal werk ons stukkend om te help skuur en skaaf aan jou werk.  Nou kry ons dit mooi op dreef en nou wil jy dit weg gee?  Sorry Girl.   :nono:  Dink maar weer!  Jy sal jou se gatta in ratta kry en jou bydrae maak!  Basta!  Ah Willa,  6 bladsye, finish en klaar!

Besprekings gemaak deur forumlede tot op hede:

Angelica  6 bladsye
Ah Willa  6 bladsye
Gedigstrukture  plus minus 36 bladsye
PM  20 bladsye
Suikersakkiehumor  plus minus 10 bladsye
Epitaaf ook plus minus 10 bladsye
Meraai vannie Baai 6 bladsye

As daar nog iemand is, kom bespreek asseblief.  Laat ook vir my weet wat julle nog in boek twee wil sien.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #23 on: June 20, 2012, 04:48:04 AM »
Waar is Adele en Naas se werk ... dit kan nie weg gelaat word nie ...

Okay ... ek is besig om deur 'n nuwe seisoen se cocon te breek .. my vlerke nog nie eens oop nie ...

ek gaan al die plassings by my huisie verwyder ... behalwe die waar daar werklik baie geskaaf en geskuur is ...

dan gaan ek nie self my bydrae's kies nie PM ... want dalk is nie objectief genoeg nie ... ek laat dit dan oor aan jou om te kies.

Ek het nog twee nuwes wat ek vanoggend kan by sit ... die laaste een - helmal die teenoorgestelde van wat ek nog ooit gedig het ...  en boon-op kort - nie 'n verhaal gedig of gebed gedig nie (dis wat ek mos maar altyd gedig het)  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #24 on: June 20, 2012, 08:54:24 AM »
Adéle en Naas se werk kom nog.  Moenie komkommer nie.  Die boek het 250 bladsye wat moet vol kom, al neem dit nog 'n rukkie, ons is nie haastig nie. 
'n Paar van ons skrywers het 'n opdraende stryd met finansies, maar ons sal dit op een of ander manier oorbrug.  My brein is kliphard aan die werk. 
Ek sou graag wou sien dat elke skrywer die goed wat hy/sy in boek twee wil hê, kom plaas.  Kom ons kry eers die bladsye vol en dan komkommer ons oor die geld.  Daar is al 150 bladsye in die boek eenkant gehou.  My werk, die gedigstukture, ander goed wat oorgestaan het vir boek twee ens.  Die res van die bladsye is vir die skrywers, waarvan 18 bladsye reeds geneem is.  Daar is ander skrywers wat nog nie presies seker is hoeveel bladsye hulle werk sal opneem nie, dit is nog nie hier bygetel nie.  So, ons is sterk op pad. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #25 on: June 20, 2012, 09:53:30 AM »
 :icon_scratch: sal ook dink aan 'n plan om almal se werkies te kan in ...

mens kan dalk sponsers per mini-digbundel kry??


BV die eerste blad van die mini-bundel :

Splinters
deur
Engeltjie

Geborg deur

en dan 'n groot spasie vir hul advertensie :-)

ons kan so lank almal begin Google vir groot SA maatskappy soos SASOL ens .. en kyk wat is hulle sosiale verantwoordelikehede ...

dan kan PM hulle nader met die boek se plan/funksie/doel en een van die mini-bundels se inhoud en vra of hulle nie die spesifieke bundel wil sponsor nie ...
en vir die strukture .. 'n ander maatskappy wat dit dalk wil sponsor ...  ens ...


Hier is 'n vinnige aanmekaargeggooide idee van wat ek bedoel ... ek sal ook by Andre hoor of TruSoft wel myne kan sponsor - dan wanneer jy die briewe skryf, kan jy se Ah,Willa!  naam van bundel reeds geborg deur : Trusoft .. blah blah blah

my bundel het nog nie 'n naam nie ... so ek het sommer net mini-bundel getik ... en onthou dis net 'n vinnig aanmekaar gooi om te illustreer wat ek bedoel :

(so as ek dit nou reg het - betaal die borg 6 bladsy vir my bundel plus die title blad)


??? 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #26 on: June 20, 2012, 10:00:39 AM »
Andre se dis reg TruSoft Software cc kan Ah,Willa! se mini-bundel sponsor ...

6 bladsye plus title blad - 7 = R700, is dit reg??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #27 on: June 20, 2012, 11:40:51 AM »
Ons bladsye werk 2X2.  'n Minimum van 6 bladsye. 
Die titelblady en die profielbladsy langsaan en dan die werk 2X2 bladsye langs mekaar.
Ons wil elke bundeltjie 'n gelyke getal bladsye hê sodat die een ou se werk nie in die ander ou se bundeltjie begin nie.  Dus praat ons van jou bundeltjie =  6 of 8 bladsye ens.



Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #28 on: June 20, 2012, 11:45:47 AM »
sal met Andre check of dit 8 kan wees .. maar hy het laas 6 okay toe ons persoonlik daarvoor sou betaal - nou gaan die company dit sponsor :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Bespreek jou bladsye vir boek twee.
« Reply #29 on: June 30, 2012, 06:22:24 AM »
ek kom net sê hoekom ek stil is hierso, dis nie dat ek nie belangstel nie, maar die lewe het maar 'n manier om mens oor heuwels en deur valleie te stuur ... en ek is hierdie jaar weer in een van die diep valleie, al is dit daar baie mooi en is ek omring met watervalle en varings ...

 :grommit:
adéle  :grommit: