Author Topic: Boekvoorlegging vir boek twee.  (Read 14821 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Boekvoorlegging vir boek twee.
« on: January 21, 2012, 06:50:29 AM »
Hier is ons nou by boek twee.  Rooiwyn Kaggelvuur & Vers is 'n groot sukses en almal is baie geukkig met die eindproduk.

Elke persoon wat deelneem aan boek twee sal ook die geleentheid kry om sy eie boeke teen kosprys aan te koop en self te herverkoop om sodoende sy eie uitgawes te dek en ook om sy eie wins te maak.

Hier is die voorstelling van die boek.

Grootte:

210 X 297 mm  (A4 op sy sy gedraai)
210 X 594 mm as die boek oop lê voor jou.
As jy twee folio velle langs mekaar plaas sal jy sien dat dit baie spasie is.

Papier:

130 gr glanspapier.   Dit is heelwat dikker as gewone A4 kopieer papier.

Volkleur:

Die kunswerk wat op die agtergrond van die skryfwerk is kan in volkleur gedoen word.

Buiteblad:

Volkleur.  300g glans (615mm X 210mm) beide kante volkleur litografies gedruk.

Bladsye:

250 bladsye of so na daaraan as moontlik.

Voorlegging:

Dit sal werklik ‘n diverse boek van uitstaande gehalte wees.  Iets vir almal se smaak en iets waarop almal net trots sal wees.
Die boek sal bestaan uit Afrikaans, Engels, en ‘n klein bietjie Nederlands.
Gedigte, rympies, happies, artikels, kortverhale en elke skrywer kan gesegdes of waarhede op sy eie blad plaas.
As ‘n skrywer wil deelneem met ‘n nuwe idee, is hy/sy welkom om dit voor te lê.
Die werk word aan pm@afrikaanseforum.co.za gestuur om die bladuitleg te doen. Geen pdf formaat nie asseblief.
In kort, dit is jou spasie wat jy koop en solank jou werk aanvaarbaar is kan jy die spasie gebruik soos wat jy jouself daarin wil uitleef.
Alle werk wat in die boek opgeneem word sal op Die Afrikaanse Forum, in jou eie plekkie, geplaas word vir goedkeuring.
Dit moet ‘n keurige boek wees wat nie sal aanstoot gee nie.

Kostes om jou werk te plaas:

R100.00 per bladsy. Dit sluit die grafiese werk in.  
Daar is geen verskuilde kostes nie.  As die drukwerk duurder is teen die tyd wat die boek drukkers toe gaan, sal die verskil in die aankoopprys van die boek ingereken word en nie by die skrywer se spasie koste nie.

Die formaat van die grafika vir jou kunswerk:

Jou kunswerke, of kunswerk wat jy as agtergrond vir jou woordwerke wil gebruik, word voorgelê met 'n resolusie van minstens 300dpi.  Hoe beter die kwaliteit van jou foto's hoe beter die resultate.

Bestellings:

Elke skrywer kan soveel kopieë van die boek bestel as wat hy/sy wil hê teen kosprys.  Elke skrywer doen dus sy eie bemarking en maak sy eie wins.
Die doel van die boek is om vir elke skrywer die geleentheid te gee om sy werk in ‘n boek van uitmuntende gehalte te sien.
Die voorlopige aankoopprys van die boek word op R250.00 gereken.

Spasie:

‘n Minimum van ses bladsye kan bespreek word en twee-twee bladsye daarna.   Die eerste bladsy sal uit die skrywer se profielblad bestaan.  Ons probeer om elke skrywer se werk in sy eie bundeltjie te hou, waar moontlik.

Bespreek spasie:

Indien jy sou belangstel kan jy jou spasie by my bespreek en die nodige gelde oorbetaal.
Die bankbesonderhede van die Forum is soos volg:
Die Afrikaanse Forum
Capitec Bank
Tak 470010
Rekeningnommer: 1259004501
Gebruik jou gebruikersnaam op die forum as verwysing.

Spertyd:

Lede moet asseblief voor die einde Februarie bevestig hoeveel spasie hulle gaan neem.
Stuur asseblief julle werk vir my sodat ek daaraan kan begin werk.  Alle werk moet voor die einde Mei ingehandig wees om die einde Junie drukkers toe te gaan.  Teen die einde Julie behoort ons die boeke te kry.

Kopiereg:

Jy sal kopiereg op jou werk behou om dit weer op enige ander plek te publiseer of in te skryf vir kompetisies. Jy gee wel toestemming dat die boek met jou werk in geherdruk word.
Uit die aard van die saak mag jy net jou eie werk instuur.  Indien jy van ‘n ander kunstenaar se werk gebruik maak moet jy toestemming hê.
Jy mag jou eie werk plaas al was dit voorheen elders gepubliseer en die uitgewer daarvan geen kopiereg daarop het nie. Jy mag wel toestemming verkry.

Jou Titel

In jou spasie kan jy ‘n foto of grafiese voorstelling  en beskrywing van jouself plaas.  Jy kan onder jou eie naam of ‘n skuilnaam skryf.  Natuurlik jou skuilnaam en jou eie naam meld as jy wil.

Kontak:

Enige ander navrae of kommunikasie kan gerig word aan pm@afrikaanseforum.co.za
« Last Edit: February 06, 2012, 08:45:48 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Boevoorlegging vir boek twee.
« Reply #1 on: January 24, 2012, 09:16:08 AM »
Dankie PM, ek gaan nou dadelik (die naweek) kyk of ek so bietjie kan werk aan nuwe goed. Gedink ek wil 'n tema deur my werk probeer, weet nie of ek dit sal reg kry nie. Nou 'n tema? Gaan bietjie luister na die gesprekke die naweek dalk kry ek iets daar.  :read2:
 :angel12:
« Last Edit: January 24, 2012, 05:45:52 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #2 on: January 24, 2012, 05:50:35 PM »
Goed so  matertjie.  Ons sien julle dan seker Sondag of so.  Ons sal Vrydagaand daar wees. Ek sal die adres aanstuur.
« Last Edit: February 06, 2012, 08:45:11 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #3 on: February 20, 2012, 04:16:22 PM »
Wat beteken R100.00 per bladsy.

Is dit net die een kant van die A4 of twee A4's as jy die boek oop het??


Ek gaan met Andre beraad ... JanDink - dis nou hy, en Ah,Willa kan dalk vir 'n slag met iets saam voorendag kom :-)  K9-kind stories ha ha ha  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #4 on: March 04, 2012, 05:25:06 AM »
'n Bladsy in die boek is slegs een sy van 'n A4. 
As die boek voor jou oop is dan is daar twee A4 bladsye.
 :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #5 on: March 04, 2012, 06:24:57 AM »
Gaan bietjie dink en kyk en dan vir Andre vra hoeveel ek mag kry ;-)  en jou dan laat weet ....

dit kan enige iets wees ne - so ek kan ek kort sotrie ook plaas??

 :snorting:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #6 on: March 05, 2012, 04:55:47 AM »
Dit is enige bydrae ja.  Kortverhale, kunswerk, gedigte, foto's, ens.  Jy kan Afrikaans, Engels of Nederlands as taal gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #7 on: March 05, 2012, 05:28:35 AM »
En Chinese??   :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #8 on: March 05, 2012, 05:34:47 AM »
 :sign10: Wie dink jy gaan dit verstaan?   :sign10:
Ons moet beslis kyk of ons 'n bietjie meer Engels kan inbring vir boek twee.  Van ons skrywers skryf pragtig in Engels ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #9 on: March 05, 2012, 11:34:32 AM »
ek sal van my rooiwerk bywerk ... almal moet nou Chinese leer - dit gaan Engels verby as besigheids taal - darem kan ek 你好马  spreek uit  Nee how ma  (how are you?) se al :-) :love7:

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #10 on: March 05, 2013, 09:42:52 AM »
Ek sal nog tyd gee tot die einde April om plek te bespreek in boek 2.
Die geld hoef eers oorbetaal te word wanneer ek die drukker moet betaal.  Die ouens wat klaar betaal het moenie komkommer nie.  Ek het in die spaarvarkie gaan kyk en gesien dat die blaaie wat daarin is 'n paar kleintjies gekry het.   :icon_biggrin: Lyk my na 'n goeie boerdery.   :icon_biggrin:
As dit moontlik is wil ek graag die boek gereed hê om drukkers toe te gaan teen einde Junie.  Dit gee nog 'n rukkie om te spaar. 
Onthou jy bespreek die bladsye vir 'n  minimum  van 6 en 'n gelyke getal daarna. 
Jy plaas jou werk in jou eie plek en as jy 'n foto of 'n prentjie as agtergrond wil gebruik dan stuur jy dit vir my na   pm@afrikaanseforum.co.za
Praat met my.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #11 on: March 05, 2013, 10:03:12 AM »
Spesiale drukkie vir jou!!!! (((((((PM)))))))  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #12 on: March 05, 2013, 10:27:00 AM »
Dankie Raaitjie, dade spreek duideliker as woorde.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #13 on: March 12, 2013, 06:00:40 PM »
 :sign10:  HIERS EK PM  :sign10:

kan almal nou al die Boek 2  bespreeking sien al dan nie - dit lyk vir my of dit vir almal sigbaar is!!

ek gaan nog my plekkie hou ... kan ons net weer saam vat wat is wat - dalk sal Andre nog Tor stories skryf ...

dit gaan nog goed met Theo by skool .... dag 7 en evaluasie lyk goed - sal op 20 Maart weet

ek draf gou weer voort ... oj ja - WOES is verkoop en sal voortgaan as WOES ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #14 on: March 12, 2013, 08:32:26 PM »
Ons sal gou hoor of almal nou die bespreking kan sien Willa. 
Ek is bly dit gaan goed met kleinmannetjie.  Hy is te dierbaar. 
Weet jy wie het Woes gekoop?
Om te weet is om te verstaan.