Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (7) Region funksie

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Pret met die funksie het heel handig te pas gekom om my waterglas te 'merk'  :toothy4:

Meraai vannie Baai:
En vir almal wat nostalgies voel: dieselfde funksie met 'embossing & sepia' as agtergrond i.p.v 'edge' en gekose deel in kleur soos met die waterglas.

PM:
Baie mooi!  Plaas jy ook die foto's op die forum, uit photoscape uit Raaitjie?

Ek dag eers dit is valstande wat in die glas is.  Ha-ha.

Meraai vannie Baai:
Giggel ek vir jou valstande!  :toothy4: Weer terug  :icon_bigsmurf: nie seker wat jy bedoel met Plaas jy ook die foto's op die forum, uit photoscape uit Raaitjie?

Op FB het ek 'n verwysing na die forum aangebring vir die ouens wat wil kom saamspeel/leer en gese hulle moet jou kontak as hulle belangstel om te registreer indien hulle nog nie deel van ons ABC groepie is nie.

Hier is nog 'n foto wat ek vir die fam gemaak het met dieselfde funksie (ideaal om klem te le op 'n sekere deel in jou foto). Ek sukkel net om my fokuspunt van die kamera reggestel te kry. Sal moet Outop nadersleep vanaand!

PM:
Skuus, moes gou 'n eiertjie gaan bak vir die baas se kosblik. 

Dankie vir die skakel Raaitjie.  Hoop hulle kom sommer almal inloer.

Ek is mal oor die tafeltjie met jou boek op.  Dit is baie  mooi.

Marion is baie ongelukkig, haar boek het gekraak en hoeke-omgebuig by haar aangekom seg sy.

Sodra ek 'n kansie kry wil ek ook my hand hieraan waag.  Vandag eers kan oom drukker die laaste datastokkie inneem en oor die naweek 'n paar boeke druk.  Hoop ek kry dit terug van die binders af teen Woensdag, want ons ry Donderdag Kaap toe.

Ek gebruik nog photobucket om die foto's geplaas te kry.  Moet jy dit ook eers oordra daarheen voordat jy dit hier kan plaas?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version