Author Topic: Bedelaars!  (Read 11592 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #15 on: February 20, 2012, 09:20:15 AM »
hoekom was sy dogtertjie by hom - of jou hart te kon uitvang
maar jy was mooi wys PM - mooi vir jou!
As dit werklik 'n geval van honger was - sou hy almal se karre kom was het  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bedelaars!
« Reply #16 on: May 09, 2012, 11:50:54 AM »
Dis nou nie heeltemaal die selfde nie, maar amper.

Julle is bekend met die verbruiker wat hulle inkoppies doen in jul strate. Nou goed. Ek verstaan tye is swaar. Ek verstaan dis 'n bestaan.

My beswaar lê by vanoggend weer. Lê die hoender boudjiebeentjies wat gisteraand ontbeen is, nie in die swart drom nie maar langs die drom. Nou meneer as u nie van die winkels se produkte hou nie, plaas dit asseblief weer terug waar u dit gekry het. Is dit nou te veel gevra. Ek moes dit optel, vir ingeval 'n snuiter dink dis oulik, kom ons voer die Leeubeer honde. Ek weet darem nie. Eish!  :dontknow:


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #17 on: May 09, 2012, 06:20:06 PM »
hier in onse straat is ons almal maar by die huis (of werk van die huis of hulle is retired)
so ons hou die winkel-blikke binne totdat die groot-raas-lorry kom ...

elkeen van ons hou ons recycle goedjies apart - blikke/bottles/papier .. en dan neem die straatblik-verbruikers net die sak wat hulle wil gaan recycle vir geld

maar dis natuurlik 'n heel ander wereld vir die van julle wat weg werk van die huis af .... ai  :crybaby2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #18 on: May 10, 2012, 07:02:15 AM »
Ek het ook gedink dat SA die vuilste land in die wêreld is en die eerste keer toe ons gaan verblyf soek het in Bosswanna het dit nie so erg gelyk daar nie.  Toe ons egter daar bly, kon ek nie my misnoë in toom hou nie.  Daar gooi mense alles in die strate.  By die lodge waar ons gewoon het, het dit soos 'n vuilgoedhoop gelyk.  Wanneer 'n besoeker die kardeure oopmaak trek alles by die deur uit en die skoonmakers loop daaroor.  Niemand sal iets optel of in 'n asblik gooi nie.  Dit het my grensloos ge-irriteer.  Die vlieë en brommers baljaar!
Gister toe ons deur die stad ry, kon ek sien daar waar die massas saam kloek, lyk dit nie veel beter nie.  Net soos in Bosswanna sal hulle by hulle stalletjies sit en die gemors lê reg rondom hulle en niemand sal iets skoonmaak nie. 
Langs ons paaie lyk dit baie beter. Dit lyk amper asof daar 'n skoonmaak gebeur het, maar dit is maar net die verskil tussen hier en daar. 
Ons het so 'n mooi land, maar die "nasionale blomme" lê gestrooi oor die aarde. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #19 on: May 11, 2012, 08:58:20 PM »
Singpore wette sal hier goed dien, as dit maar net onderhou wil word  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bedelaars!
« Reply #20 on: May 14, 2012, 06:27:48 PM »
toe ek die eerste keer in mosambiek was in 2004, was dit vir my of ons 4 mann baie opvallend dat die land so skoon is. mense is vreeeeeslik arm maar ten minste is die land skoon, veral op die platteland. ons moet toe eendag vir vergadering so 70 km ver ry en een van die kerk se manne moet saam vir die vergadering. ek johan en die man sit toe agterin die kap en ek het so paar lekkers by my, wat in papier toegdraai is. gee toe vir valentino ook daarvan om te een en sowraggies maak hy die venster oop en gooi die papier uit.

toe kom ek agter daar is dit so skoon want daar is niks om weg te gooi nie. die mense is arm, daar is nie winkels nie, daars nie plastiek bottels en sakke ens nie. dis hoekom die land so skoon is.

kom toe 3 jaar later weer daar en mosbiek se ekonomie het opgetel, en dit gaan effens beter en toe begin sien jy die roed wat weggegooi word en die plek bemors word van vuilgoed, nie baie nie maar wel genoeg om te begin mors.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #21 on: May 15, 2012, 04:10:57 AM »
Dit slaan my steeds dronk dat mense so morsig kan wees.  Hier by ons tel ons gereeld blikke en bottels voor ons erf op, nie net omdat ons bang is vir "merkers" nie, maar omdat dit netjies moet lyk. 

Nog 'n ding wat baie treffend was is die hope, of is dit berge, groen bierbottels wat bymekaar gemaak word vir hergebruik.  Die mense daar vertel dat hulle slegs P800 (pulla) verdien per maand, maar hulle kan soveel berge bier bekostig. 

Dit is so dat dieper in die land nie soveel gemors langs die paaie lê nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bedelaars!
« Reply #22 on: May 15, 2012, 04:42:03 AM »
Selfde hier by ons, die plaas is 4 km van die dorp af, net mooi hoe ver mens ry om een bier te drink. die bier word op die dorp gekoop, ry hulle terug goudini spa toe en gooi dit in my wingerd en daar kan dit 'n bakkie of trekker band stukkend sny.

my werkers kla ook van te min geld maar geld vir dronk raak is daar altyd.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #23 on: May 15, 2012, 04:47:14 AM »
Goeie more AB, lekker vroeg op soos altyd né!

Ja, dit is nou een ding waaraan hulle nie dink nie en hulle gee in elk geval ook nie om nie.

Daardie plastieksakke kan ook 'n bees se dood beteken. 
Om te weet is om te verstaan.