Author Topic: Bedelaars!  (Read 11680 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Bedelaars!
« on: January 17, 2012, 08:18:53 PM »
Ek is nou garvol vir bedelaars en wat hulle aan mens se geesteslewe doen. Hoekom moet ek by elke verkeerslig skuldig voel omdat ek geld in my beursie het waarvoor ek gewerk het. Ek raak deesdae propperlies die donner in as 4 jariges tusse die motors rondhardloop met hul "traangesiggies" omdat hulle ... As hulle so moeilik gehad het in die lewe, hoekom is hulle nou al amper 'n jaar daar en raak al vetter?
Het hierdie stuk op my gevreetboek gesit. Dit is die heilige waarheid.

By ieder en elke verkeerslig in Bellville (veral rondom Tygervallei) word ‘n mens se skuldgevoel deur bedelaars met plakate getokkel. Rondom Tygervallei is dit nou al KINDERS wat nog nie eers skoolpligtig is nie.
ELKE saghartige person wat geld in daardie blikkie gooi of in die hand stop maak hom skuldig aan KINDERMISHANDELING. Daardie kind gaan NOOIT skool toe wil gaan nie. Gaan nooit leer om iets vir die samelewing te beteken nie. Gaan eindig as ‘n dwelmverslaafde omdat hy nie normaal grootword nie.
Een van die bekende “bedelaars” wat van verkeerslig na verkeerslig trek met sy “help my arme werklose siel” bord voor sy bors is verlede jaar oorreed om ‘n werk te aanvaar omdat hy en sy vrou heeldag in die pad staan met ‘n pasgebore baba. Hy het twee maande gewerk toe is hy terug by die verkeersligte met sy bord. (En sy vrou en baba.)
Waarom? Was die vraag aan hom.
“Ek verdien meer geld deur elke dag hier te staan as om te werk.” Was sy antwoord. Hy het Desembermaand 2011 meer as R15 000 met sy “kry my jammer bord” verdien. Hy kry tussen R400 en R1000 per dag deur daar te staan en martie martelgat te speel.
Dink vir jouself. Mense gee nog makliker geld vir kinders wat bedel omdat ons hulle jammer kry.
Ek weet ek poep teen die Kaapse Suidoos maar solank ons toelaat dat hulle viool speel met ons gevoelens sal hulle net meer word.
Ek wil ook vra” “Waar is hierdie land se Welsynsdepartement wat daardie kinders van die straat af moet haal.?”
Vir wie help JY wanneer jy daardie 50c of R2 stuk in sy blikkie gooi? Jy sterk net kwaad…



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #1 on: January 18, 2012, 09:31:34 AM »
Dit is net die heilige waarheid Naas.  Ons is mos aan moedersknie geleer om te gee en dan, as ons nie gee nie voel ons skuldig, dan is ons kwaad vir die bedelaar, omdat hy ons in daardie posisie plaas en dan is ons kwaad vir onsself, omdat ons dit toelaat en dan hoep die poender en dan hak die kaan, maar dit gaan nog niks help  nie.
Mense moet net leer om nie te gee nie! Jy doen niemand 'n guns nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Bedelaars!
« Reply #2 on: February 03, 2012, 02:21:12 PM »
Ons was laas naweek in Somerset wes omgewing. Onder by die Lord Charles verkeerslig staan 'n jongerige wit man met haai siestog plakkaat wat hy vashou, iets van nie werk nie en nie kos nie ens.

Gelukkig? is die lig vir my groen.

Kuier 2 dae later by 'n vriend wat daar naby die plek woon.

Vertel hy:

Een of ander kerk groep het die man daar gaan optel, hom kos gegee, nuwe klere, blyplek gereël, hy kry ontbyt en aandete en 'n werk. Hy het 'n week gewerk.......toe los hy als, sy woonplek, werk die etes als los hy om weer te gaan staan met plakkaat. Die rede: hy verdien meer om te bedel as om te werk.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #3 on: February 03, 2012, 07:50:12 PM »
'n Paar woorde wat Pappa gese het toe ek ongeveer 5 was, is: Jy gee tot jy seerkry.
Menende dat as jy nog nie dit aan jou sak of beursie gevoel het nie, het jy nog genoeg om nog te gee.
Hy het graag vir die kerk en sy plaaswerkers gegee. 
Ek sal dit nooit vergeet nie.  Die paar jaar wat ek hom as pa gehad het, het ek wonderlike lesse by hom geleer.
Nou gee ek vir die wat nie vra nie  en gladnie vir die wat bedel.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #4 on: February 03, 2012, 09:23:24 PM »
Die groot probleem lê daarby dat jy op elke hoek van elke straat een van daardie kry.  Hoe op dees aarde kan ek vir almal sorg?  Dan praat ek nie eers van dié wat elke halfuur aan my deur kom klop met 'n jammerlike storie nie. 
Die ander groot probleem is dat ek niemand 'n guns bewys nie.
Die ou spreekwoord lui:  Leer iemand om vis te vang dan sal hy selfversorgend wees.   Die ou storie van hy/sy is 'n werk aangebied, maar verdien meer op die straathoek, is ook al holrug gery.
Die groot eina pyn lê daarin dat ek aan moedersknie geleer is om te gee!  Vir wat?  Ek weet hoe om te werk en my eie geld te verdien.  Wat is fout met hom of haar?  Hoekom kan hy of sy nie ook werk soos wat ek werk nie?  Hoekom moet  EK  skuldig voel?
Ek was al 'n paar keer in my lewe in 'n situasie waar ek vinnig moes geld verdien het.  Ek het gewerk dat die byle (of is dit die buile?) huil!  Elke keer nog het ek my doelwit behaal.  Nee wat, daar is nie 'n manier wat ek my handjies bakhand hou en jou swaar verdiende geldjies kom bedel nie.  Ek is net 'n eenvoudige mens, maar ek kan die pyp rook.  Wat is fout met jou? Te lui om te werk sou ek sê!
In hierdie land van ons is talle maniere om 'n ekstra geldjie te verdien.  Waar 'n wil is, is 'n weg!
Ons, dit is nou Hannes en ek, het al telkemale vir ander 'n geleentheid geskep.  Dit is met 'n seer hart wat ek kom getuig: Once a looser, always a looser! Jy gooi net jou eie hard verdiende geld in die water.  Ek het nie tyd vir bakhanders nie!  As jy nie geld het nie, maar genoeg tyd het om te teel, is dit werklik jou probleem.  Ek het geen, maar geen, tyd vir mense wat nie eers vir hulself kan sorg en dan nog 'n onskuldige lewetjie in die wêreld te bring nie.  Sies man!  Skaam vir jou!  Jy is 'n "looser" en die harseerste van alles, is jy bring nog 'n "looser" in die wêreld in!
Hierdie arme kind gaan jou voorbeeld volg!  Hy/sy gaan bakhand deur die lewe! Monkey see, monkey do!  Nee man, ek het al klaar soveel om voor te voorsien, ek kan regtig nie vir jou en jou lastige lustigheid ook sorg nie. Dit moet jy self maar doen!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Bedelaars!
« Reply #5 on: February 06, 2012, 06:40:59 PM »
Eendag by 'n pastoor gehoor wat hy te vertel het oor die storie van die verlore seun.
As mense vir die seun daar in die varkhok kos gebring het en dit vir hom gerieflik gemaak het sou hy nou nog in die varkhok gesit het. Net so as mens dit vir die bedelaars maklik en gerieflik maak wil hulle nie uit die situasie kom nie.

Kom uit jou varkhok en dan sal ek help. Dis hoekom hulle seg hulle verdien meer met bedel as werk, want hulle wil nie eintlik werk nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #6 on: February 07, 2012, 06:28:56 AM »
Stof het al vertel van 'n gemeenskap waar hulle bediening doen.  Hulle kry groente by die mark en neem dit na 'n sentrale punt vir die mense.  Sowaar, daar is van hulle wat nie die moeite wil doen om die sak aartappels huistoe te dra nie. 
Hulle installeer geriewe, die mans verdwyn spoorloos as die trok afgelaai en die oprigting gedoen moet word.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bedelaars!
« Reply #7 on: February 07, 2012, 08:22:04 AM »
So staan die nuwe SA'ners bakhand en wag dat die reenboog oor hulle sal trek en die pot goud in hulle hande los.

My eie oupa het altoos geseg: "Daar issie kakkie want daar issie kossie."




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #8 on: February 07, 2012, 10:16:21 AM »
'n Paar jaar gelede het ons in Nimibia gewerk.  Een aand op die nuus het die minister van "huishoudelikesake" ('n dame) afgekondig dat 'n sekere area waar plakkers hulself tuisgemaak het, moes verkas binne 14 dae of hulle stoot die hele spul met stootskrapers op 'n hoop.
Na die veertien dae verstryk het, het hulle toe ook so gemaak en dit wyd op TV-gewys. 
Toe kondig sy aan dat hulle 'n tehuis vir straatkinders opgerig het.  Van die volgende dag af sou al wat 'n kind is wat gedurende skooltyd in die strate gevind word, saam met die haweloses opgelaai  en na die tehuis geneem word.  Daar sal hulle in landerye werk om vir hul daaglikse brood en onderdak te betaal en saans sou hulle skoolgaan.  Weereens was die TV-dekking wyd uitgesaai.
Ons was twee jaar gelede weer daar saam met my broer vir 'n maand.  Jy sien nie bedelaars in die strate nie. 
Alles is ook mooi skoon en netjies versorg.  Ek wonder...
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bedelaars!
« Reply #9 on: February 07, 2012, 11:04:33 AM »
Ek stem vir "daai" dame om bietjie hier te kom skoon skraap.  :headbang:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #10 on: February 07, 2012, 12:05:47 PM »
Nee wat, hier is jy gebore met menseregte, of jy nou 'n ander mens sy regte gun of nie.  Dit is duidelik dat daar nie verstaan word wat menseregte beteken nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bedelaars!
« Reply #11 on: February 07, 2012, 12:58:12 PM »
 :icon_scratch: Stem nou nie heeltemaal saam met die woord menseregte nie.  :icon_scratch: Wie is die mens en wie is nie? Wie het die regte?
Die een wat reg is, is nie 'n mens nie  :icon_scratch: en die een wat verkeerd handel en steel en breek is 'n mens  :icon_scratch:. Dan is ek eerder nie 'n mense nie en het ek nie menseregte nie. Wil my nie met sulke mense vereenselwig nie.  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #12 on: February 08, 2012, 05:25:05 PM »
Dit is nogal 'n kopkrapsituasie.   :icon_scratch:   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #13 on: February 19, 2012, 09:26:10 PM »
Nee wat - hulle speel glad nie met my gevoelens nie .... ek duld dit nie ...

ek maak net die deur oop sodat al 7 K9-kids voorentoe kan kom ... en gewoontlik is een of twee van hulle by my in die motor ... hulle sukkel nie om by my te kom vra nie....

as jy hard werk en dinge skeef loop - dan kom staan ek vierkantig agter jou om jou weer op te help ....  maar slegter as sleg ... NOOIT GESIEN NIE
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #14 on: February 20, 2012, 06:33:07 AM »
Ek onthou nou, so 'n paar jaar gelede kom klop 'n netjiese geklede man met 'n klein dogtertjie aan sy sy, aan my deur.  Hy het sy besigheid verloor en wil graag my kar was vir 'n paar rand.  Ek sê toe aan hom dat ons 'n funksie het die volgende dag en almal wat daar is sal hom iets gee vir die was van hulle karre, maar myne is so pas gewas.
Hy sou sien of hy dit kon maak,  :dontknow: maar hy het nooit opgedaag nie. 
Ek stem, die mense wat die meeste behoefte het sal vrek voor hy vra.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #15 on: February 20, 2012, 09:20:15 AM »
hoekom was sy dogtertjie by hom - of jou hart te kon uitvang
maar jy was mooi wys PM - mooi vir jou!
As dit werklik 'n geval van honger was - sou hy almal se karre kom was het  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Bedelaars!
« Reply #16 on: May 09, 2012, 11:50:54 AM »
Dis nou nie heeltemaal die selfde nie, maar amper.

Julle is bekend met die verbruiker wat hulle inkoppies doen in jul strate. Nou goed. Ek verstaan tye is swaar. Ek verstaan dis 'n bestaan.

My beswaar lê by vanoggend weer. Lê die hoender boudjiebeentjies wat gisteraand ontbeen is, nie in die swart drom nie maar langs die drom. Nou meneer as u nie van die winkels se produkte hou nie, plaas dit asseblief weer terug waar u dit gekry het. Is dit nou te veel gevra. Ek moes dit optel, vir ingeval 'n snuiter dink dis oulik, kom ons voer die Leeubeer honde. Ek weet darem nie. Eish!  :dontknow:


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #17 on: May 09, 2012, 06:20:06 PM »
hier in onse straat is ons almal maar by die huis (of werk van die huis of hulle is retired)
so ons hou die winkel-blikke binne totdat die groot-raas-lorry kom ...

elkeen van ons hou ons recycle goedjies apart - blikke/bottles/papier .. en dan neem die straatblik-verbruikers net die sak wat hulle wil gaan recycle vir geld

maar dis natuurlik 'n heel ander wereld vir die van julle wat weg werk van die huis af .... ai  :crybaby2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #18 on: May 10, 2012, 07:02:15 AM »
Ek het ook gedink dat SA die vuilste land in die wêreld is en die eerste keer toe ons gaan verblyf soek het in Bosswanna het dit nie so erg gelyk daar nie.  Toe ons egter daar bly, kon ek nie my misnoë in toom hou nie.  Daar gooi mense alles in die strate.  By die lodge waar ons gewoon het, het dit soos 'n vuilgoedhoop gelyk.  Wanneer 'n besoeker die kardeure oopmaak trek alles by die deur uit en die skoonmakers loop daaroor.  Niemand sal iets optel of in 'n asblik gooi nie.  Dit het my grensloos ge-irriteer.  Die vlieë en brommers baljaar!
Gister toe ons deur die stad ry, kon ek sien daar waar die massas saam kloek, lyk dit nie veel beter nie.  Net soos in Bosswanna sal hulle by hulle stalletjies sit en die gemors lê reg rondom hulle en niemand sal iets skoonmaak nie. 
Langs ons paaie lyk dit baie beter. Dit lyk amper asof daar 'n skoonmaak gebeur het, maar dit is maar net die verskil tussen hier en daar. 
Ons het so 'n mooi land, maar die "nasionale blomme" lê gestrooi oor die aarde. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bedelaars!
« Reply #19 on: May 11, 2012, 08:58:20 PM »
Singpore wette sal hier goed dien, as dit maar net onderhou wil word  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bedelaars!
« Reply #20 on: May 14, 2012, 06:27:48 PM »
toe ek die eerste keer in mosambiek was in 2004, was dit vir my of ons 4 mann baie opvallend dat die land so skoon is. mense is vreeeeeslik arm maar ten minste is die land skoon, veral op die platteland. ons moet toe eendag vir vergadering so 70 km ver ry en een van die kerk se manne moet saam vir die vergadering. ek johan en die man sit toe agterin die kap en ek het so paar lekkers by my, wat in papier toegdraai is. gee toe vir valentino ook daarvan om te een en sowraggies maak hy die venster oop en gooi die papier uit.

toe kom ek agter daar is dit so skoon want daar is niks om weg te gooi nie. die mense is arm, daar is nie winkels nie, daars nie plastiek bottels en sakke ens nie. dis hoekom die land so skoon is.

kom toe 3 jaar later weer daar en mosbiek se ekonomie het opgetel, en dit gaan effens beter en toe begin sien jy die roed wat weggegooi word en die plek bemors word van vuilgoed, nie baie nie maar wel genoeg om te begin mors.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #21 on: May 15, 2012, 04:10:57 AM »
Dit slaan my steeds dronk dat mense so morsig kan wees.  Hier by ons tel ons gereeld blikke en bottels voor ons erf op, nie net omdat ons bang is vir "merkers" nie, maar omdat dit netjies moet lyk. 

Nog 'n ding wat baie treffend was is die hope, of is dit berge, groen bierbottels wat bymekaar gemaak word vir hergebruik.  Die mense daar vertel dat hulle slegs P800 (pulla) verdien per maand, maar hulle kan soveel berge bier bekostig. 

Dit is so dat dieper in die land nie soveel gemors langs die paaie lê nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Bedelaars!
« Reply #22 on: May 15, 2012, 04:42:03 AM »
Selfde hier by ons, die plaas is 4 km van die dorp af, net mooi hoe ver mens ry om een bier te drink. die bier word op die dorp gekoop, ry hulle terug goudini spa toe en gooi dit in my wingerd en daar kan dit 'n bakkie of trekker band stukkend sny.

my werkers kla ook van te min geld maar geld vir dronk raak is daar altyd.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaars!
« Reply #23 on: May 15, 2012, 04:47:14 AM »
Goeie more AB, lekker vroeg op soos altyd né!

Ja, dit is nou een ding waaraan hulle nie dink nie en hulle gee in elk geval ook nie om nie.

Daardie plastieksakke kan ook 'n bees se dood beteken. 
Om te weet is om te verstaan.