Author Topic: Vrydag die 13de.  (Read 8217 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vrydag die 13de.
« on: January 13, 2012, 07:32:26 AM »
Julle moet ligloop vandag.   :icon_biggrin:
Wie glo dat hierdie datum nie 'n gelukkige datum is nie.
Wie gaan vandag die lotto speel om die teendeel te bewys?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #1 on: January 13, 2012, 07:52:12 AM »
soos enige ander vrydag van die jaar/maand is vrydag die 13de.......wel..........VRYDAG!!!!!!  yipeeeeee!!!!

Janie

  • Guest
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #2 on: January 13, 2012, 07:59:41 AM »
Vir my maak dit ook nie saak wat jy voor of na Vrydag skryf nie Louis. 
Ek is net bly dit is Vrydag.  :angel3:

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #3 on: January 13, 2012, 08:03:23 AM »
Anchen se laaste dag by die huis, Tarina se 16e verjaarsdag. Die twee kanselleer mekaar uit.  Ag nee wat, ek dink dis maar net nog 'n Vrydag.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #4 on: January 13, 2012, 08:13:41 AM »
Hartlik geluk met Karina se verjaarsdag.  16 is 'n groot mylpaal in 'n jong dame se lewe.  Ek weet sy sal vir julle nog baie vreugde bring.  Mag die nuwe lewensjaar vir haar net goeie dinge inhou.  :love7:  :bootyshake:

Ek weet van 'n hele paar hotelle wat nie 'n no 13 kamer of 'n 13de vloer het nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #5 on: January 13, 2012, 08:33:00 AM »
My ouers is op 'n Vrydag, die 13de getroud en Geluk het vir 42 jaar om hulle gestraal.   :love7: 

Vanoggend oor die radio gehoor dat iemand se pa glo altyd gesê het dis baie erger as Vrydag die 13de op 'n Maandag val.   :toothy4:

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #6 on: January 13, 2012, 08:36:05 AM »
 Dit is 'n oulike een!   :icon_biggrin:  Ek glo nogal dit kan baie erger wees.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #7 on: January 13, 2012, 09:09:55 AM »
Gelukkig vir my glo ek nie aan sulke goed nie. Dis nog 'n dag. Eindlik dis 'n WONDERLIKE dag want dis VRYDAG. So lank die heeldag Vrydag bly gaan ek nie kla nie.  :hello2: :hello2: :hello2: Jippie vir VRYDAG!!! :hello2: :hello2:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #8 on: January 13, 2012, 11:12:59 AM »
Vrydag die dertiende is net ongelukkig as jy 'n spieel breek terwyl jy saam met 'n swart kat onderdeur 'n leer oor 'n oop graf in die begraafplaas loop met 'n been in jou mond en 'n drietand vurk op jou bord terwyl die polisie jou in 'n E20 taxi jaag vir belastingoortreding wat jy in 2013 gaan begaan.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #9 on: January 13, 2012, 01:48:42 PM »
Hierdie Vrydag die dertiende is met groot trots die agtste verjaardag van die teef in Stof se lewe.



:stofluis:
« Last Edit: January 13, 2012, 01:51:51 PM by Stof »
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #10 on: January 13, 2012, 04:25:04 PM »
O halie ha Naas.  Dit sal beswaarlik alles gelyk kan gebeur.   :icon_biggrin:

Geluk met jou teef se verjaarsdag Stof.  Sy is pragtig.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #11 on: January 14, 2012, 07:41:37 PM »
Ek hoor hierdie jaar het 3 Vrydag die 13e's.
Wag laat ek weer begin.
Hierdie jaar sal die bygelowiges drie keer Vrydag die 13e beleef.  Arme goed.

My Vrydag die 13e was presies dit.  Vrydag die 13e soos die bygelowiges dit beleef.
Ek moes maar in die bed gebly het.
Na twee weke van erge frustrasies en stress, het alles net bymekaar gekom Vrydag en het ek my rekenaar net so gelos en eers in die besigheidspark gaan loop.  Die reps het onderlangs geloer en nie gevra nie.  Hulle weet mos niks van Admin nie.  Dink jy sit heeldag en naels vyl en tee drink.
My brein was propvol en kon niks meer inneem nie. My tong kon nie die woorde in my kop vorm en voortbring nie.
Gelukkig, soos die horlosie se wyser na die regterkant toe oorhel, het ek weer lig gesien - naweek was nie meer ver nie.
Ek wou net my woonstel se deur sluit en slaap.  Met mooi e-posse van vriende en ag shame's van my kind, het ek sommer tonne beter gevoel die aand.
Maar dit sou ook gebeur het as dit Vrydag die 12e of 14e was.  Ek moes net daar deur dit kan net beter gaan volgende week.
Gelukkig is al die takke en hoofkantoor in dieselfde bootjie en kan ons mekaar ondersteun.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #12 on: January 15, 2012, 09:44:37 AM »
Ek wou net duimgooi met die poskoets toe ek sien jy is darem veilig en gesond!  Gereken jy is baie besig en vrekken moeg.  Dit lyk darem vir my of ek 'n bietjie rustiger is en nie jaag asof die duiwel agter my aan is nie.  Hoop jou werkslag raak ook 'n bietjie/baie ligter.   :love7:

Moontlik is ons in die Kaap teen die einde van die maand.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #13 on: January 15, 2012, 10:44:06 PM »
My vrydag die 13de was heel okay.... behalwe ekt amper 'n uur langer werk toe gery en was baie laat en ek was halfuur later by die huis weer!
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Vrydag die 13de.
« Reply #14 on: January 16, 2012, 06:41:02 AM »
my 13 de dag van die jaar wat op 'n vrydag geval het soos elke datum op een of ander dag van die week moet val was ook goed. ek het die oggend uitgesien na baie werk op die plaas klaarmaak, toe reen dit so effens dat ons tot middag ete kon buite werk. na middag ete sien ek dit reen al meer en ek seg vir die werkers hiers werk in die stoor. kom ons sit gou die MF se oranje lig op dan gaan ons huis toe. Die gou was nie so gou nie maar ons was 4 uur klaar. Toe is dit ook klaar gereën maar die wingerd se blare is toe nat en dis nei lekker om so tussen die nat blare te rawe om na trossies te soek wat uit gepluk moet word nie.

Toe seg ek vir hulle kom ons gaan sommer huis toe en hou effens langer naweek.

Ook toe geseg yippiieee dis Vrydag, nevermaaind die datum. o ja ook nog iets goed wat gebeur het. Isak het by my gewerk, seker so 5 jaar skat ek. hy was een van die trekker drywers. sukkel vreeslik met wyn drink. vang hom soms dronk in die werk en hy sien kans vir trekker ry.. dan jaag ek hom huistoe tot hy nugter is.
verlede jaar om en by 20 februarie pars ons dat dit bars en ek is op die masjien en die trekker drywers ry heen en weer kelder toe. laat weet die een boer my van die kleder af dat isak hom lekker slim hou. laat ek hom weer pypie blaas......die naald slaan vas in die rooi. seg ek gaan huistoe. volgende oggend kom hy inval, laat weer blaas en die naald stam nog ver in die rooi.

seg hy ht het nie gedrink nie, kom ons agter dis nog van die naweek se gesuip dat die naald so hoog staan. jaag hom weer huis toe die disndag oggend invaltyd.

volgende wat ek hom sien is die vrydag. praat ek en hy maar ons verstaan mekaar nie lekker nei en besluit dis beter dat ons paaie skei. maar sy vrou kry onderhoud geld vir 3 van haar suster se kinders. so hy le net by die huis en suip. maak nie plan om te gaan werk soek nie. so deur die jaar kom vra hy af en toe om weer in te val, laat blaas ek ho en hys dronk dan praat ek nie eers met hom nie. maar ek hou net voet by stuk ons is klaar met mekaar.

Julie kom hy weer werk vra, seg ek dis reg maar dan laat ek jou elke oggend pypie blaas met inval tyd dan kan jy mos bewys jyt nie gesyp nie.
Nee daarvoor is hy ook nie te vinde nie. seg ek nee dan nie. ek sien toe nog dat ek hom met hof bevel sal moet uitsit uit die huis wat klomp geld kan kos.
maar daar seg hy, hy sal gaan as ek hom 3 maande se geld gee, seg ek dis reg, sodra jou huis leeg is maak ek so. doanderdag wat verby is kom laai iemand sy trek na 'n plaas toe wat sy trek kom haal het.

Vrydag middag kom hy hier aan en kom haal sy 3 maande se geld....wat ek met i smile oorbetaal in sy rekening. so die 13 de het ook iets lekker gehad, finaal afskeid neem van isak.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.