Author Topic: Ek issie 'n duif nie!  (Read 11930 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek issie 'n duif nie!
« on: January 11, 2012, 11:42:12 PM »
Ek issie 'n duif nie!  Sé wie!? 
Hier sit ek met 'n duifie teen my tietie, probeer net om die dingetjie 'n bietjie hitte te gee.  Sou nie omgegee het as hy/sy sommer kon drink ook nie.  Nou sukkel ek om Oatspap gaar, nat en sag te kry, want dit is al wat ek in die huis het wat ek dink 'n moederlose duif dalk aan die lewe sal hou. 
Na gisternag se windstorm het Dingetjie op die grond beland en ek weet nou nie hoekom dit nou juis ek is wat daar verby moes loop om hom/haar, ewe bedremmeld, daar te sien nie.  Dalk vrek die "Dingetjie" ook nog en dan is dit net ek wat met rooigehuilde oge gaan rondloop en almal wat vir my lag moet trotseer. 
Dingetjie is nog baie klein, het net 'n paar skaamhaartjies wat orals ewe penorent en parmantig regop staan.  Kom ons seg maar dit is 'n sy, want sye het tog die manier om te oorlewe.  Sy se kop is klein, met sulke swart "vlooie" langs haar kop wat ore moet wees, maar daardie snawel is amper 10 meter lank, nes Pinnokio s'n soos toe hy so vreeslik gelieg het.  Ek weet nou nie hoe sag was Pinnokio se snawel nie, (skuus, ek sal more die foute kom regmaak) maar hierdie duiwekind se bek is darem baie sag. 
Al wat ek weet, teen hierdie tyd van die nag, want ek moet mos orent sit om die kleinding te voer, is dat sy baie gemaklik hier teen my borskas sit, dalk is dit slapenstyd!
Hou tog duimevas dat sy nog morevroeg asem haal!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #1 on: January 12, 2012, 08:03:32 AM »
 :hello:

Ek hoop regtig dat sy okay sal wees.

My laaste reddingspoging was 'n vlermuisie, maar die het dit ongelukkig nie gemaak nie.

Ek sal bietjie op die internet kyk of iemand weet hoe om 'n babaduifie te versorg.


Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #3 on: January 12, 2012, 08:51:38 AM »
Ek hou vir jou alle vingers vas PMpie. Dis 'n vreeslike gevoel as hulle dit nie maak nie. Ons kry ook die vogels wat te vroeg wil vlieg. Ongelukkig die Duiwe boer voor so as hulle uitval is dit Bera se speel ding wat nie lank leef nie.

Ouboet het 3 baba vogeltjies tuis gebring met een groot (stief)pappa. Hulle het dit gamaak. Ek weet nie wat hy hulle gavoer het nie. Ek dink dis Vinkies.

Ek glo sy leef nog vanoggend.  :love7:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #4 on: January 12, 2012, 09:54:21 AM »
Ja, sy leef nog!  Poef wys gewoonlik dat dit goed gaan.  :icon_biggrin: Ek sal nou nie te gou opgewonde raak nie!  :dontknow:

Dankie vir die skakels Fransi, sal maar apteek toe ry en kyk vir 'n rubberbuisie.  Ek wil nou nie die arme dingetjie versuip nie.  Ons het al menige kleintjies met Proneutro groot gekry.  Babavogeltjies is makliker, want hulle maak mos daai bekkies so wyd oop, maar 'n duif, ghmf!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #5 on: January 12, 2012, 01:58:57 PM »
Stof is nou wel al drie koffies sterk, maar teenwoordig genoeg van gees om te berig dat die duif sterk en gesond is.  PM het sopas by luis gespog oor haar aanneemkind en luis stem saam, die duifie groei mooi.  Hy/Sy is gesond en vreet goed.  PM is inderdaad 'n goeie ma vir weesdiertjies.

PM, dankie dat jy jou aanneemkind aan my voorgestel het.

:luis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #6 on: January 13, 2012, 07:15:26 AM »
Vanoggend is sy nog mooi sterk en gesond.  Ek dink sy is 'n slim duifie!
(Spog die ma.  :icon_biggrin: ) Teen vanaand behoort sy self daai lang snawel oop te rek as die spuit nader kom.  Aangesien ek vas glo dat sy dit nou sal maak, het sy 'n naampie gekry. Haar naam is Tjiekie! Sy is nie 'n bietjie tjiekie nie.   :icon_biggrin:
Die donsies is darem al mooi geel en haar ogies is oop.  Sy is skoon mooi van lelik.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #7 on: January 13, 2012, 09:06:51 AM »
Sy issie 'n duif nie! Sy is PM se Tjiekie.

Trotse Mamma, neem 'n kiekie so dat ons trotse anties kan sien hoe onse kindjie lyk.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #8 on: January 13, 2012, 04:29:23 PM »
Sal ek so maak Trappies. Hannes wag net vir Eskom se skriftelike bestelling, dan sal ons weet wanneer ons Kaap toe kom.  Seker so teen die einde van die maand.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #9 on: January 14, 2012, 07:24:22 PM »
En vandag is babatjie al 'n hele 4 dagies oud.
Veels geluk met die oorlewing in menseland.  Ja, ek weet, daai goed wat hulle pap noem en jou voer is baie sleg.  Wurmpies is amper net so lekker soos swieties.  Maar wees maar soet en eet jou mensemamma se kossies. Dit sal jou sterk en groot maak. En dan kan jy ook hoog bo in die lug vlieg.
Dink jy jou mamma sal hartseer wees as jy vlieg?

Hoe gaan dit met die baba, PM?
Hoop jy maak 'n foto album vir die kleinding.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #10 on: January 15, 2012, 10:02:08 AM »
Ons het vir Chiekie die 10de opgetel na 'n sterk windstorm die vorige nag.  Het regtig nie gedink die dingetjie sou dit maak nie.  Met sulke wit skaamhaartjies, 'n snawel wat buitensporig lank lyk, bot-toe-ogies en 'n leeg kroppie het ek maar probeer.  As sy dit nie sou maak nie kan ek myself darem troos dat ek wel probeer het.
Die donsies het geel geword en die ogies het oopgegaan en van gister af lyk dit of sy uit haar nate bars.  Hannes het nou 'n paar foto'tjies geneem en julle sal sien hoe lyk sy.  Wanneer ek my vinger voor haar bekkie hou raak sy "dol van opgewondenheid".  :hello2: As die spuit met die kos nader kom maak sy al die bekkie oop.  Tog te kostelik!

Ek weet net nie hoe ek haar gaan leer saadjies eet nie!   :dontknow: Sal haar maar hier buite op die trappie sit sodat sy kan sien hoe die ander duifies eet. 

My hartjie sal baie bly wees as sy kan vlieg en 'n duiwemaatjie kry om lief te kry.
« Last Edit: January 15, 2012, 10:23:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #11 on: January 15, 2012, 11:50:03 AM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #12 on: January 15, 2012, 02:18:09 PM »
toe ek nog n laaitie was het ons nogal baie duiwe van kleins af grootgemaak. sommer met die gekoopte pakkies voeljiesaad gevoer. n halwe handvol in die kies gestop en so bietjie gekou en laat sag word en dan hou jy die saadjies heel voor in jou mond en die duifie druk daai snawel tussen jou lippe in en vreet dat die spoeg spat. dit klink seker onaardig maar dit is glad nie so erg nie . sodra die outjie bietjie groter is sal hy vanself begin rondpik en kos optel. as hy saadjies en water het en dit is lekker snoesig warm sal hy gou gou groot word. in n paar weke sal hy begin leer vlieg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #13 on: January 15, 2012, 08:15:04 PM »
Haai, en seg nou ek begin koer soos 'n duif van die saad kou?  :icon_biggrin:
Ek het al skoon vergeet van die saad kou Louis!  Dit wys jou nou net, daar steek waarheid in "wat ek al vergeet het moet julle nog leer".  'n Ou gesegde wat my moedertjie altyd gebruik het.
Hoekom voel ek nou half bedroef as jy praat van vlieg? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #14 on: January 16, 2012, 09:52:50 AM »
Toemaar jy sal sien PM, Chiekie gaan altyd terug kom na jou toe. Sy Mense Mamma.  :hello2:

Pragtig.

 :angel12: