Author Topic: Ek issie 'n duif nie!  (Read 11922 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #15 on: January 16, 2012, 03:11:09 PM »
PM... deel ek nou my naam met 'n duifie? Of is dit 'n ander tjiekie, of het jy net aan my gedink en oor dat ek altyd oulik en pragtig is het jy gedink die naam is gepas?  :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #16 on: January 16, 2012, 04:02:45 PM »
Ja jou klein aspatat.   :icon_biggrin: Sy is vol lewe as daardie kroppie leeg is.  Nou sit sy heerlik en slaap, in 'n bondeltjie ingekruip onder 'n warm serpie. 

Ek hoop maar sy word mak en bly mak.  Ek sal nie daarvan hou om haar "gevange" te hou nie.  As ons Kaap toe kom sal sy moet saam!  Hier is nie iemand anders om haar te versorg nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #17 on: January 16, 2012, 04:22:39 PM »
hehe ons het 'n klein mossie hier opgetel en ook so met die hand groot gemaak, sy is nou heeltemal aan mense ge "imprint" soos as ons lag en praat dan gesels sy saam en as ons met haar gaan stap vlieg sy saam maar kom altyd terug na ons toe, sy vlieg soms na ander mense toe en sit by hulle. maar sy is glad nie bang vir mense nie, net vir ander voƫls en diere!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #18 on: January 17, 2012, 08:09:41 AM »
Wonderlik!  Chiekie sal nie bang wees vir ander gevlerktetjies nie.  Hier reg voor my lesenaar is 'n kosbakkie en elke dag is hier talle vretertjies. As sy eers vol vere is sal ek haar hier voor my in haar mandjie sit, waar ek 'n ogie oor haar kan hou, sodat sy hulle gewoond kan raak.

Louis, ek voer haar nou met my mond.  Sommer die pap ook, dit gaan baie makliker en tjop-tjop is die kroppie vol.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #19 on: May 07, 2016, 12:31:39 AM »
Hier lees ek nou eers die pragtige verhaal van Tjiekie raak  :love7: :hello2: :notworthy: wonder ek hoe het die slottoneel verloop?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #20 on: June 22, 2016, 02:52:32 PM »
Die stoute ding het verlief geraak en ge "elope". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #21 on: September 08, 2016, 08:51:48 PM »
Happy ever after...  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek issie 'n duif nie!
« Reply #22 on: September 14, 2016, 07:34:50 PM »
Wonderlik hoe die forum en sy mense 'n mens kan terugneem na "daardie dae" toe alles nog goed gegaan het. 
Om te weet is om te verstaan.