Die kuierstoep > Bekgeveg

Ek issie 'n duif nie!

(1/5) > >>

PM:
Ek issie 'n duif nie!  Sé wie!? 
Hier sit ek met 'n duifie teen my tietie, probeer net om die dingetjie 'n bietjie hitte te gee.  Sou nie omgegee het as hy/sy sommer kon drink ook nie.  Nou sukkel ek om Oatspap gaar, nat en sag te kry, want dit is al wat ek in die huis het wat ek dink 'n moederlose duif dalk aan die lewe sal hou. 
Na gisternag se windstorm het Dingetjie op die grond beland en ek weet nou nie hoekom dit nou juis ek is wat daar verby moes loop om hom/haar, ewe bedremmeld, daar te sien nie.  Dalk vrek die "Dingetjie" ook nog en dan is dit net ek wat met rooigehuilde oge gaan rondloop en almal wat vir my lag moet trotseer. 
Dingetjie is nog baie klein, het net 'n paar skaamhaartjies wat orals ewe penorent en parmantig regop staan.  Kom ons seg maar dit is 'n sy, want sye het tog die manier om te oorlewe.  Sy se kop is klein, met sulke swart "vlooie" langs haar kop wat ore moet wees, maar daardie snawel is amper 10 meter lank, nes Pinnokio s'n soos toe hy so vreeslik gelieg het.  Ek weet nou nie hoe sag was Pinnokio se snawel nie, (skuus, ek sal more die foute kom regmaak) maar hierdie duiwekind se bek is darem baie sag. 
Al wat ek weet, teen hierdie tyd van die nag, want ek moet mos orent sit om die kleinding te voer, is dat sy baie gemaklik hier teen my borskas sit, dalk is dit slapenstyd!
Hou tog duimevas dat sy nog morevroeg asem haal!

Fransi:
 :hello:

Ek hoop regtig dat sy okay sal wees.

My laaste reddingspoging was 'n vlermuisie, maar die het dit ongelukkig nie gemaak nie.

Ek sal bietjie op die internet kyk of iemand weet hoe om 'n babaduifie te versorg.

Fransi:
 :hello:

http://www.pigeoncote.com/vet/recovery/recovery.htm

http://www.pigeoncote.com/vet/feedbaby/feedbaby.html

http://www.wildbirdcarecentre.org/english/rescuer.html

Ek hoop dit help.

Trapsoetjie:
Ek hou vir jou alle vingers vas PMpie. Dis 'n vreeslike gevoel as hulle dit nie maak nie. Ons kry ook die vogels wat te vroeg wil vlieg. Ongelukkig die Duiwe boer voor so as hulle uitval is dit Bera se speel ding wat nie lank leef nie.

Ouboet het 3 baba vogeltjies tuis gebring met een groot (stief)pappa. Hulle het dit gamaak. Ek weet nie wat hy hulle gavoer het nie. Ek dink dis Vinkies.

Ek glo sy leef nog vanoggend.  :love7:

 :angel12:

PM:
Ja, sy leef nog!  Poef wys gewoonlik dat dit goed gaan.  :icon_biggrin: Ek sal nou nie te gou opgewonde raak nie!  :dontknow:

Dankie vir die skakels Fransi, sal maar apteek toe ry en kyk vir 'n rubberbuisie.  Ek wil nou nie die arme dingetjie versuip nie.  Ons het al menige kleintjies met Proneutro groot gekry.  Babavogeltjies is makliker, want hulle maak mos daai bekkies so wyd oop, maar 'n duif, ghmf!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version