Author Topic: Wat is die antwoord?  (Read 5115 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wat is die antwoord?
« on: March 18, 2012, 06:09:17 AM »
Ons jongste het 'n kontrak gekry om sonpanele met buisligte by skole te installeer.  
Hy vertel:
Eendag in die week toe kom ek daar en sien 'n paar "spokies" in een van die klaskamers.  Hulle het die buisligte uitgehaal en speel "swords and daggers", wit van die giftige poeier wat in die buisligte is.  Juffrou sit daar by die tafel en laat hulle maar begaan.  Hy sê toe vir haar die kinders moet gaan was, want dit is lewensgevaarlik.
Daar is 40 klaskamers en 40 chemiese toiltette.  Die meeste van hulle staan sommer teen die buitewande, of sit sommer buite in die gras.  

Dowwe Dolla ken ook nie die antwoord nie.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #1 on: March 18, 2012, 09:13:34 PM »
Toilette is vir slim mense. By ons spandeer ons tot R20 000 per kwartaal om toilette reg en skoon te maak. En dan word ons nog deur ouers by die Departement verkla oor die toilette stukkend en vuil is.
Verskoon my taal maar leerders ken nie eers toiletpapier nie. Rol nie van die rol af vir gebruik nie. Nee. Gebruik die rol net so en gooi dan hele rol in toilet met stronk en al.
Maar Die Departement het einde verlede jaar nog 'n werker op die terrein minder gemaak. Ons het nou amptelik net een Fuctuptotum en drie werkers wat die hele skoolterrein en toilette en klaskamers en sportvelde in stand moet hou agter 1200 kinders se gatte.
Moenie vir 'n leerder se om die papier wat hy neergegooi het op te tel nie... Nee. Hy sal dit nie doen nie want dan is daar nie werk vir die skoonmakers nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #2 on: March 19, 2012, 04:28:49 AM »
Oeeee ek gaan nou lelik wees - maar is sooo inniglik dankbaar dat die ouens nie diekant saam ons kamp nie, sal poepelemetie afgee  :color: Julle myse bekkie hang oop. Kan nie glo hoe dinge in 12 jaar verander het nie. Waar sal dit eindig?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #3 on: March 19, 2012, 10:18:22 AM »
Dowwe Dolla weet nie.  'n Mens probeer jou bes om hulle op te hef, maar... ag wat, dit sal tog nie help nie.  Die appel val nie ver van die boom af nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #4 on: June 03, 2012, 09:42:23 AM »
so 10 jaar gelede het die munisipaliteit my gewillig verplig om badkamers vir my werkers te bou. Dit het klomp geld gekos maar ek het dit gedoen, strot, warmwater silinder, toilet en wasbak.

die milikepaliteit sou nog vir die werkers kom opleiding gee hoe om die toilette te gebruik, maar nog niks nie. Nou is dit my werk om die goed se instandhouding te betaal. ons haal gereeld vreemde goed daar uit wat nie daar hoort nie.

wag ek eerder stilbly netnou werk ek myself op en seg dinge wat liewer moes bly.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #5 on: June 04, 2012, 07:07:43 AM »
Ek huil oor my land wat verval.  :crybaby2:   :crybaby2:  En ons staan magteloos.
Wat my opval is die verval in ook 'beter' dele van ons mooi dorp waar ek woon. 
Waar val almal skielik uit om hier te kom saamtrek?
Die inval van alles en nog wat en die wat sommer net van oral oor onse aarde kom en help aan die verval, is om van te treur tot in der ewigheid.
Voor my deurtjie is 'n trap wat na die boonste verdiepings lei en naweke is die afval op hierdie einste trap voor my deur, om van te kots.  Pardon the pun.
Nie te praat van die val van die trappe tot teen my muur en deur en ek ys as ek dink dat die venster in die slag gaan bly...
Wie neem my kwalik as ek my distansieer van hulle en hul bosmaniere?

Dalk, net dalk, gooi ek en Ouma en die kinders ons stoel en tafeltjie en bedjies saam onder een dak en kan ons almal kies aan 'n plekkie waar ons (hopelik) vir die volgende paar jaar in vrede en waardigheid kan bly.
 
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #6 on: June 04, 2012, 01:43:00 PM »
Wat is die antwoord? ....
                                    Opvoeding

Ongelukkig het die by die agterdeur uitgehol toe hy sien wat aan't kom was.   :dontknow:


 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #7 on: June 05, 2012, 08:44:32 AM »
Watter antwoord?  Daar is nie antwoorde nie.

Ons (ek en Hannes) het 'n debat gehad oor die e-tol.  Hulle wil nou 'n heffing op die brandstof plaas om te vergoed vir die e-tol-debakel.  Nou moet die hele SA betaal vir die metropool se paaie. 
Toe kom dit op die nuus en die ouens is kwaad! Hoekom moet "ek" betaal vir paaie wat nie in my omgewing is nie, terwyl die paaie wat "ek" moet ry in 'n chaotiese toestand is?

Die "regering" betaal!  Wat jy waar kry?  Hulle bestuur, hulle betaal nie!  Hulle besteell bestuur die belanstingbetaler se geld, hulle het nie geld nie. 

Hoeveel heffings word reeds gehef vir die instandhouding van paaie.  Watter paaie?  Watter instandhouding?  Watter antwoord?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #8 on: August 30, 2016, 05:51:08 AM »
Lees ek oor 'n gas se skouer weer saam en beaam Elle se woorde: ... is om van te treur tot in der ewigheid.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Wat is die antwoord?
« Reply #9 on: August 30, 2016, 08:46:33 AM »
Mmm. Kultuur. Ek werk vir 'n elektriese maatksappy en weet van die giftige stof binne die buisligte. Dit is hoekom die buislig ook dan so 'n harde plofgeluid gee as hy breek. Behalwe vir dit is dit glas wat nog heel is aan die buis baie skerp en gevaarlik en kan dood veroorsaak.
Ek sit elke dag agter die skool en wag vir my kind. Eendag heel geskok blaas ek op my hoeter en skreeu soos 'n iemand wat 'n hoer beroerte kry toe sit een agter die boom boude na die ander karre in die wagtende karre en haar ding en doen.
Ons as maatskappy het Supkontrak losgelaan om vir 'n groot maatskappy in JHB (die munisipaliteit mag nie die kontrak vir 'n plaaslike kontrakteur gee nie) om die poefplaas te herstel en op standaard te bring. Ekstra werkloses gehuur om die poef uit die riool damme te skep. Want sien die masjienerie kon die hoeveelheid op daardie stadium nie doen nie en was in elk geval almal stukkend. So vervang ons alle masjienerie bring die poefplaas op standaard. Ek was daar 'n week voor ons die poefplaas aan die munisipaliteit oorhandig het. Geen reuk van 'n dag oud nie. Alle masjiene werk soos 'n droom. Die Jhb se maatskappy kom doen inspeksie alles reg neem die projek by ons oor en oorhandig dit aan die munisipaliteit. Dit was so drie jaar gelede. Nou die dag kom ons van 'n seker dorp af terug na ons dorpie en ek vang 'n klankie. Kom die volgende dag by die werk, my baas baie haastig. Waarheen vra ek. Poefplaas toe. Hy kom terug met foto's waar daar 'n blad wat die hele sisteem kontroleer stukkend is iets wat net nie veronderstel is om "sommer net te breek nie" Dit is soos jou rekenaar skerm. Dit breek mos nie sommer net nie. En hierdie blad is nog vasgemaak en kan nie rondskuif nie. En nie een masjien is in 'n werkende toestand nie. En al wat hulle moes doen was om die kontrole bord dop te hou te kyk watter masjien moeilikheid gee iemand te kry om dit te herstel, en elke dag patrollie te doen om te kyk of daar nie iets aan die siwwe vassit en dit skoon te maak nie. Nou hoe nou?
So kan ek julle vele meer nog vertel en vra hoe dan nou?