Author Topic: Gawelientjie se Anchen.  (Read 8789 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gawelientjie se Anchen.
« Reply #15 on: January 15, 2012, 10:09:40 AM »
Dankie vir die vasmaak Raaitjie.  Ag tog onse Gawlientjie, daai "snotdoekie" is groot genoeg vir die hele familie! Sterkte sustertjie.  Hoop dinge val vinnig in plek vir julle. 
Lox, sterkte vir julle ook.  Ek is seker daarvan dat dit net goed sal gaan met die "kinders" wat nou grootmense is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Gawelientjie se Anchen.
« Reply #16 on: January 15, 2012, 03:20:57 PM »
Oee julle dit was erg. Hehehehe toe ek by die kar kom en sien hoe verwese en hartseer sy daar op die stoep staan, toe skud ek die meelsakke met groot gebaar weer so oop, trane loop. hehehehe toe giggel sy so deur die trane.  kamermaatjie en sy is toe saam die koshuis in.  Gisteraand, toe is sy heel okey toe ons gesels en vandag ook.  Sy sal faain wees. hehehehe.

Ma is 'n ander storie. So soek ek vandag geleentheid vir haar antibiotika en goedjies wat hier gebly het, niemand gaan nie. almal is of weg of wat ookal.  Die tannie wie se klas ek saam met myne vir 'n hele kwartaal opgepas het, gaan vandag, maar sy kan nie die entjie afdraai Universiteit toe om dit daar af te gee nie.  Tarina sit op haar jis en help nie die goedjies bymekaar maak nie en Bertus praat te hard met die hond. Daar skree ekke soos iemand wat helemal verlore is. Hheheehehe, my gesin het hul gatte afgeskrik.

Eintlik is dit groot voorreg wat Anchen het om daar gekeur te wees.  Hulle is deel van die grootste aantal aansoeke nog by Kovsies.  Van meer as 13 000 aansoeke kon hulle net 4 500 keur.  Ook is dit die sterkste intellektuele groep ooit (gebasseer op matriekuitslae neem ek aan).  Hulle is ook die mees diverse groep eerstejaars ooit. vanuit al die provinsies van die land en ook buiteland.  Van die 4500 aansoeke wat mediese wetenskappe gekry het, kon hulle net 400 keur en Anchen is een van daardie 400. Hulle is slegs 35 dieetkundiges. Dus werklik 'n eer en voorreg. 

Dankie vir julle omgee en goeie wense.  Alleen sou ek nie kon nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gawelientjie se Anchen.
« Reply #17 on: January 15, 2012, 08:06:31 PM »
Haai oeeee Blommie! Ek is so bly die eerste stap is geneem en jy het darem nie al jou varkies
verloor nie!  :icon_biggrin: 
Julle is werklik gelukkig dat meisiekind gekeur is.  Ek weet ook dat sy 'n groot sukses daarvan gaan maak. 
Dit is ook so dat 'n mens altyd uit jou pad gaan om 'n ander te ondersteun, maar die dag as jy hulp nodig het dan is jy op jou eie aangewese.  Gelukkig is daar altyd 'n ander uitweg.  Hou net moed.
Hoeveel sal Postnet vra om die pakkie af te lewer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Gawelientjie se Anchen.
« Reply #18 on: January 15, 2012, 08:19:17 PM »
Ons het nie Postnet nie jong. Die tannie het toe op die ou end die pakkie saamgevat en een van my fb maatjies (wat ek nog nooit ontmoet het nie) het dit by hulle by die gastehuis gaan haal. Weet nou nie wanneer sy dit sal kry nie.

So lag by die traan -

Verleentheid vannie dag: hehehe

Gister, toe ons Ousus se ketel, splinternuut uit die box, aanskakel, trip hy die krag. Jaag ore innie nek winkel toe om ander ene te koop en nog so paar ander goete. Kom by koshuis, maak nuwe keteltjie oop, fietol voetstuk. kamermaat se pa kyk ook die ketel van alle kante. Bertuis en Eon jaag terug, vang die winkel net toe hulle die deure wil sluit. Hy dring aan om die bestuurder te sien. Hahahahaha!!!! Sy maak die ketel se deksel oop - ...... Need I say more?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gawelientjie se Anchen.
« Reply #19 on: January 15, 2012, 08:39:07 PM »
Dit is nou wat gebeur as al jou varkies nie op hok is nie.   :sign10:

 :icon_biggrin:  Jaag ore innie nek winkel toe   :icon_biggrin:  Goed gesê!

Oeps! Nie 'n Postnet nie. Ek het vergeet hoe diep in die berg julle bly!   
Om te weet is om te verstaan.