Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings

Stomklets

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Dit is waarmee ek en Gawie ons elke dag, klokslag om sesuur (julle tyd), mee besig hou. Ons praat mekaar doof sonder om 'n enkelte woord te uiter seg ou Gawes en toe dink ek, is dit nou 'stomklets'?

Gawelina:
Dis die mooiste woord wat ons unieke vriendskap sommer saamvat. Twee mense wat so eenders is en tog so verskillend.  Dit sluit in hartsgeheime, vreugdes, kommer, hartseer, stoutigheid, vermanings, meningsverskille, askuus vra, lief jou, goeie wense.... alles saamgevat in een woord STOMKLETS.

 :love3:

PM:
Julle twee moet maar vir my verduidelik, ek is my ma se "spesiale" kind.  Hoe klets julle oor so baie sake "stom"?  :icon_biggrin:

Dit kan net wonderlik wees om so 'n sielsgenoot te hê! Elke dag! Vir hoe lank al?

Gawelina:
PM dit werk so - Elke oggend om 6am ons tyd, "start" ons ons onderskeie skypeskoetertjies (ons naam vir skype)  Dan kuier ons vakansietye so lank as 'n uur of langer en skooltye 'n halfuur of tot ek moet skooltoe ry.  Hie hie hie ek was al menige oggend amper amper laat vir skool.  Ons gebruik die webcam bitter bitter selde so ons klets deur te skryf. En ons klets oor alles en nog wat.  Ek is nie seker van die aanvangsdatum nie, maar dit was iewers in 2009.  Dan stuur ons nog so tussendeur vir mekaar sms'e as ons iets dringends wil sê of spesiale gelukwensings of so iets wil stuur en natuurlik is daar nog e-pos (poskoetsies) ook vir foto's en sulke goed. Maak nie saak hoe laat ek in die aande in die bed kom nie en of dit vakansie is of nie, ek stel my wekker sodat ek nie ons kuier mis nie.  Net Saterdae en Sondae neem ons 'n blaaskans om geselsmateriaal bymekaar te maak.

Ons stomklets dat die rook trek en baie dikwels maak ons mekaar se sinne klaar of skryf ons presies dieselfde woorde gelykertyd neer.  Dan sê ons gelyk: SNAP! hahahaha. Ons is die gruwelike tweeling.

PM:
Ag dankie vir die verduideliking.  Ek verstaan mos gou as jy lank verduidelik.   :icon_biggrin:
Soms skype ek en Marion ook, maar ons gesels en wys met die hande en gaan soos twee mal goed te kere.  Soms is die uitsending sleg en dan "klets ons ook maar stom".   :icon_biggrin:

Dit is wonderlik om sulke maats te hê.  :hello2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version