Author Topic: Vywer  (Read 4484 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Vywer
« on: January 09, 2012, 05:48:02 PM »
http://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/vywer/
 :toothy4: 
'n Ander woord vir julle ponlockie, Raaitjie?    :icon_scratch: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vywer
« Reply #1 on: January 09, 2012, 08:44:30 PM »
Die woord Vywer het sy ontstaan op Skipskop gehad. Die inwoners en besoekers het "klipmure" in die see in gebou wat met laagwater bo die water uitgesteek het. Visse wat met hoogwater in die vywers ingeswem het vir kos is dan met laagwater daarin vasgekeer en maklik (soms selfs met die hand) vasgekeer en met mandjies gevang. Die het ook met laagwater as veilige swempoele vir kinders gedien.
Die gebruik het later uitgebrei maar is nou onwettig alhoewel reeds geboude vywers nog plek plek voorkom. Daar is nog twee werkende vywers, een by Stilbaai en een by Arneston wat in stand gehou word as nationale gedenkwaardighede. Die vywers is volgens oorlewering al 100 jaar plus oud.
Dit is dus 'n eenvoudige sprong om visdammetjies en ponlokkies, vywers te noem.
vywer = geboude dam om visse binne te hou. (Engels: Fish trap)



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: January 09, 2012, 08:47:39 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vywer
« Reply #2 on: January 09, 2012, 09:06:40 PM »
interessant! nou wonder ek waar en hoe het die woord ontstaan, wie het dit eerste so genoem?

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vywer
« Reply #3 on: January 10, 2012, 05:50:13 AM »
Dit is interessant, dankie vir die vertel Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vywer
« Reply #4 on: January 10, 2012, 06:56:44 AM »
Ek raak elke dag bietjie slimmer  :icon_biggrin: dankie baie vir die aandra Adele en die mooi verduideliking Naas!!