Author Topic: Terza rima  (Read 14262 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Terza rima
« on: May 01, 2011, 06:34:50 AM »
Terza rima

Hierdie gedigstruktuur is al in die dertiende eeu deur  Dante Alighieri (‘n Italianer) ontwikkel.

Die Terza rima word saamgestel uit ‘n onbepaalde hoeveelheid tersines  en Dante was lief daarvoor om sy gedigte met ‘n enkel versreël af te sluit.
Die skrywer van die gedig kan dit ook in twee versreëls (‘n koeplet) afsluit.  (In die Terza rima sonnet,  (14 versreëls)  is dit ‘n vereiste.)

Die rymskema  is interessant.   
Die  rymwoord van die tweede versreël in die tersine, bepaal die rymwoord van die eerste en derde versreël van die volgende tersine.  (Kettingrym)  Dit lyk so:
aba,  bcb,  cdc,  ded   ens.
Indien die gedig met een versreël afgesluit word sal die rymwoord die tweede reël van die vorige tersine deel.
aba,  bcb,  cdc,  ded,  e  of ingeval van ‘n koeplet:
abc,  bcb,  cdc,  ded,  ee.

Die tipiese Terza rima word meer dikwels in jambiese pentameter geskryf.  (10 lettergrepe)  Wanneer daar van ‘n ander versvoet gebruik gemaak word moet die versreëls steeds uit dieselfde hoeveelheid lettergrepe bestaan.

Terza rima Sonnet

Hierdie struktuur bestaan uit vier tersines en ‘n koeplet, het ook dieselfde hoeveelheid lettergrepe in elke versreël en die laaste twee versreëls, (koeplet) rym met die tweede versreël van die laaste tersine.

Rymskema is as volg:

 aba, bcb, cdc, ded, ee.

Tersine is ‘n stanza, (strofe of vers) wat uit drie versreëls bestaan.  Dit kan deel wees van ‘n gedig, of ‘n gedig in geheel vorm.   Byvoorbeeld, die Haiku,  ‘n gedig wat uit ‘n tersine bestaan.  (Geen rym nie.)
Die  tersine, (enclosed tercet) is waar die  versreëls in die aba rympatroon toegepas word en
terza rima, waar die aba rympatroon van die strofe herhaal word in die volgende strofe,
deur die buite versreëls  van die volgende strofe te laat rym,
met die binne versreël van die vorige strofe, bcb.

Die “digterlike drieling” (poetic triplet) is ‘n tersine waar al drie versreëls uit dieselfde rymskema, a a a, bestaan.  Dit word gewoonlik toegepas waar die skrywer ekstra nadruk op ‘n onderwerp wil plaas.
 
Die tersine vorm ook deel van die villanelle, waar die aanvanklike vyf stanzas (strofes van drie versreëls elk) afgesluit word met ‘n kwatryn.  (‘n Stanza of strofe van vier versreëls)

Koeplet
‘n Stanza of ‘n strofe wat uit 2 versreëls bestaan, word ‘n koeplet genoem.

Kettingrym  (Chain rhyme)       
Kettingrym vind plaas wanneer een rymwoord in ‘n strofe of stanza, oorgaan in ‘n volgende strofe.   Verskeie gedigstrukture maak gebruik van kettingrym.   Die terza rima struktuur is een voorbeeld.  Dit word in tersines  (drie versreëls in ‘n strofe) geskryf  waarvan die rymskema as volg is:
aba,  bcb,  cdc,  ens.

Jambe. (iambus)  da-DUM

‘n Versvoet wat bestaan uit ‘n swak beklemtoonde lettergreep gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde lettergreep.  Die woord “gevaar” is ‘n voorbeeld van ‘n jambe.  Die heffing val op “-vaar”.

Pentameter.

Penta = 5
Vyf versvoete in elke versreël.

Percy Bysshe Shelley het  "Ode to the West Wind"  geskryf,
"terza rima sonnet."  (Jambiese pentameter – vyf jambiese versvoete.)

O Wild West Wind, thou breath of Autumn's being,
Thou, from whose unseen presence the leaves dead
Are driven, like ghosts from an enchanter fleeing,

Yellow, and black, and pale, and hectic red,
Pestilence-stricken multitudes: 0 thou,
Who chariotest to their dark wintry bed

The wingèd seeds, where they lie cold and low,
Each like a corpse within its grave, until
Thine azure sister of the Spring shall blow

Her clarion o'er the dreaming earth, and fill
(Driving sweet buds like flocks to feed in air)
With living hues and odours plain and hill:

Wild Spirit, which art moving everywhere;
Destroyer and Preserver; hear, 0 hear!
« Last Edit: May 11, 2011, 01:17:11 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Terza rima
« Reply #1 on: May 02, 2011, 08:43:21 AM »
Terza net te veel vreemde woorde vir my wat nie rima nie.

Ek sal maar eerder by die Afrikaanse gedigte hou.  :headbang:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #2 on: May 03, 2011, 03:04:13 PM »
Ja-nee Naas,  hierdie is 'n katjie wat jy nie sonder handskoene aanpak nie.  Ek sukkel nou al vir weke om 'n voorbeeld te skryf,  maar ek sal daar kom,  ek blowe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #3 on: May 11, 2011, 11:22:16 AM »
Ek is vreeslik jammer,   :violent1:  ek het die eerste versreël van die voorbeeldgedig uitgelaat,  maar dit is nou reg.   Kyk asseblief weer daarna. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #4 on: May 11, 2011, 11:36:48 AM »
By hierdie gedigstruktuur kan jy soveel stanzas (strofes of verse) skryf soos jy wil.

Die verse bestaan uit drie versreëls elk.  (Tersine) 

Die rympatroon is as volg:

Eerste strofe:       aba   (die tweede strofe begin weer met b )
Tweede strofe:     bcb    (die derde strofe begin weer met c )
Derde strofe:       cdc    (dit is kettingrym,  as jy nog strofes skryf dan volg jy net die patroon,  ded,  efe,  fgf,  ens.)

As jy ook,  soos Dante, die gedig afsluit met een versreël,  dan sal jy die vorige vers se tweede rymwoord gebruik.
As jy die gedig met twee versreëls afsluit,  dan sal altwee versreëls dieselfde rymwoord deel, bv. dd, of ee ens.

Let daarop dat die voorbeeld 'n sonnet is wat uit 14 versreëls bestaan.

Vra asseblief as iets nog onduidelik is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Terza rima
« Reply #5 on: May 11, 2011, 12:00:24 PM »
Ooooo ek dink ek het hom nou  :evil6: Gaan nou sit en kopkrap  :read2:

Dankie PMpie

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #6 on: May 11, 2011, 12:43:22 PM »
Dit is 'n groot plesier.   :icon_biggrin:

Kyk net 'n rukkie na die boekgatseggie  wat jy gebruik het.   :icon_biggrin:  Nou weet jy hoekom lag ek uit my maag uit!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Terza rima
« Reply #7 on: May 12, 2011, 11:31:24 AM »
 :dontknow:

Woorde wat saamdrom!

Woorde rol rond.
Stamp en stoot teen my muur.
Ek spring behoorlik bond.

Gedagtes word suur,
oor die klawers hol my vingers,
oë wat brand soos vuur.

Maag vol vlinders.
Letters spring in ‘n ry.
Woorde word my kinders.

Sit eers die een op sy,
vorm die gedigstruktuur,
totdat dit sin maak vir my!

So staan die patroon vir my en tuur!
Wonder of dit reg uitkom?
Weer word daaraan geskuur.

Dis die proses rondom,
my skrywe.
Woorde wat saamdrom!


 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #8 on: May 12, 2011, 02:02:28 PM »
Nou is ek in die moeilikheid,   :violent1: ek het vergeet om weer te sê dat die gedig ook aan metrum  (ritme) moet voldoen.

Ek sit dit gou hier in: 
Die tipiese Terza rima word meer dikwels in jambiese pentameter geskryf.  (10 lettergrepe)  Wanneer daar van ‘n ander versvoet gebruik gemaak word moet die versreëls steeds uit dieselfde hoeveelheid lettergrepe bestaan.

Jou gedig voldoen aan al die ander vereistes.  Dit bestaan uit tersines en jou rymskema is perfek!   :hello2:
Baie dankie vir jou mooi gedig, dink jy jy sal dalk tyd kry om nog daaraan te werk?   Jammer ou Trappies! 

'n Jambe is 'n versvoet wat uit twee lettergrepe bestaan.  Dit is sag en hard.
Pentameter is vyf van hierdie versvoete in een versreël.  Dit saam maak tien lettergrepe in elke versreël. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Terza rima
« Reply #9 on: May 12, 2011, 02:08:26 PM »
Ek sal probeer  :icon_biggrin: wil net seker maak platkop verstaan, elke reel moet 10 lettergrepe hê? Oi  :crybaby2:

 :love7:

« Last Edit: May 12, 2011, 02:30:17 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #10 on: May 12, 2011, 02:32:35 PM »
Ek is so gewoond om my eie foute reg te maak,  daar klik ek per ongeluk op jou koevertjie.   :sign10:

Jy is reg!

Jy kan enige versvoet gebruik,  dit hoef nie 'n jambe te wees nie.  Die jambe is vir my die maklikste.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Terza rima
« Reply #11 on: May 17, 2011, 11:44:55 AM »
Ek het probeer om die gedig langer te maak, maar dan verloor hy vir my sy oemf...so ek het 'n ander een probeer.

Lewende vuurwerke!

Ek was gewaarsku, maar ek wou nie hoor!
Dit het so vinnig gebeur, stom geslaan!
Veraste liefde brand nou deur my oor.

Jy het gekies, verlore en verslaan
staan ek eenkant, gestenig sonder hoop.
Met ‘n pleister probeer ek weer opstaan.

Met elke asemhaling sal ek hoop,
dat jy sal sien wat gebeur en terugkeer,
want ek is nou in vuurwerke gedoop.

©  :angel12:
« Last Edit: May 19, 2011, 10:25:37 AM by Trapsoetjie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terza rima
« Reply #12 on: May 17, 2011, 04:13:41 PM »
Daar's hy Nooi!  Mooi met al die regte goed op die regte plek.   :hello2:

Ek sal net hierdie komma uithaal:  verlore en verslaan,

Baie dankie vir jou ondersteuning,  ek waardeer dit regtig.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.