Voorstelle en klagtes > Die Inligtingkantoor

PM!!!! hier is 'n vragie vir jou!

(1/5) > >>

Chichi:
Hello  :icon_biggrin:

Hoekom word daar net vir sommige mense 'n nuwe topic geskep waar hulle verwelkom word aan die forum in "Baie geluk... Baie Welkom"?
Ek nie rerig gepla nie, ek wonder maar net?

PM:
Die geskiedenis kom van die vorige forum af waar "die trolle" verwelkom is op die forum, maar selde of ooit gereageer het daarop. 
Ek het baie onlangs besef dat dit nie die geval sal wees hier op ons forum nie, want hier word net regte mense toegelaat.  (Lox het jou voorgestel en Stof het Jacques aan my persoonlik kom voorstel.) 

Enige lid kan 'n nuwe lid welkom heet.  Sodra jy heel onder op die forumbladsy sien dat 'n nuwe lid geregistreer is, is jy welkom om 'n nuwe onderwerp te begin.   
Meer as dikwels is ek so deurmekaar soos 'n vlooi op 'n warm stoofplaat.

Chichi:
hehe oooo ek verstaan. Dits nie oordat jy my nie liefhet dat ek 'n spesiale verwelkoming boodskap het nie.  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

PM:
 :read2:  Nee, maar as ek reg kan onthou het ek jou persoonlik welkom geheet in die "registrasie-briefie".   :icon_biggrin:

adele:
     :hello:    Chichi, baaaie welkom, jammer ek laat is    :wave:     :icon_sunny:
ons kan regtig weer welkom sĂȘ aan almal, dit laat 'n lekker eenheidsgevoel oppi forum groei.

 :grommit:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version