Digkuns > Kom ons help mekaar

Vuurvliegievrou

(1/6) > >>

PM:
Onder die donker maan.

Loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die grote willow,
neem ek my plek vir die prag.

In die lig van die donker maan.
Dans die vuurlig liggies,
patrone teen die hemel ruim.

Tewyl die donker maan,
strale ontbloot,
neem haar gestalte aan.

Met n Rooi rok wyd gesprei,
styfgespan, oor haar bene gevorm vir die oog van n man,
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar Blonde lokke waai vir my.
Gee my krag wat dieper le.
As net my vlees.

Voete, tone, trap sag, tog ritmies in die sand, dans sy haar dans teen die vuur.
Riel saam met vuurvliegies afgeeits teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oe helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.

Met n oog knip is sy weg,
maar ek sien nog die rooi rok wuif
sag tussen die riete, en ek weet
oormore sien ek haar weer...

PM:
Na 'n telefoongesprek met WW het hy gevra dat almal asseblief moet help om hierdie mooi gedig van hom te timmer.

Vir eers het ek net die leestekens weggelaat, willow met wilger vervang en die "af" van afgeëts afgekap.  (Ek het eintlik net die spelling daarvan probeer naslaan, toe ek nie die woord kon opspoor nie, het ek en Hannes nogal 'n wye gesprek daaroor gehad.  Ons het tot die slotsom gekom dat "geëts" reeds presies sê wat dit bedoel.  Help asseblief!)
Ek het ook gebruik gemaak van die spasies, om die rusplekke aan te toon.

WW, uit ons gesprek het ek afgelei dat die "rooi rok" vir jou 'n spesiale betekenis het.  Indien wel, sou ek "Rooirok" met 'n hoofletter spel soos wat jy dit in jou gedig het.  Kom sê asseblief hoe voel jy daaroor.

Is hier iemand wat die leestekens wil aandurf?

Vuurvliegievrou

onder die donker maan
loop ek suutjies deur die gras
agter die blare van die grote wilger
neem ek my plek vir die prag

in die lig van die donker maan
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemel ruim

terwyl die donker maan
strale ontbloot
neem haar gestalte aan

met ’n rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene
gevorm vir die oog van ’n man
spruit sy haar dans van die vuur

haar blonde lokke waai vir my
gee my krag wat dieper lê
as net my vlees

voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand
dans sy haar dans teen die vuur
riel saam met vuurvliegies     
geëts teen die donker maan

die kole knetter en spat
haar oë    helder en nat
sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister

met ’n oogknip is sy weg
maar ek sien nog die rooi rok wuif
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...




Angelica:
Hallo almal,
Julle ken my, gryp 'n woord en skryf en weet niks van digkuns of versies maak.
Maar ek gaan probeer help.  WW, jy mag my poging afskiet.  Natuurlik.  Ek gaan 'n gedeelte skryf op die trant wat ek altyd doen.

Vuurvliegievrou  - (Ek hou baie van die 'opeenhoping' in die titel)

In die gloed van die donkermaan
loop ek ligvoets deur die gras
vanagter die skuiling (?) van die wilgeblaar
wag ek angstig op die kleureprag

In die gloed van die donkermaan,
terwyl ek angstig wag
dans vuurvliegies skugter saam
in patrone teen die hemelnag

In sagte silver manestraal.....
neem die vuurvliegievrou se gestalte aan

... trap ritmiessag in die sand..  ens ens


Ek wil nie die gedig oorskryf, maar net gedink dit kan meer vloei.





PM:
Dit is goed gedoen Ellé.  Vir my is dit altyd interessant om te sien hoeveel maniere daar is om iets te sê.  WW is 'n "oopkopmens" wat sorgvuldig deur almal se voorstelle sal gaan en self besluit wat hy waar wil toepas.  Hier kom 'n pronkstuk!  :hello2:

werelde weg:
nou ja waar begin ek,  :triplets:  dankie patrys vir die skuif van my gedig...  :icon_study:
baie opgewonde dat jy veral van hom hou

dan dankie angelica vir die woord speel , maar dit klink vir ,my bietjie te veel na rympie op maak? te veel van dieselle sinne?
ek het iewers gehoor op n kol dat n mens nie in digkuns meer as een woord in n gedig herhaal nie soos bv "in die gloed van die donker maan" ens
ek hou van wat ek hier het maar as ek iete sou wou verander sou dit beslis die gewees het:


neem ek my plek vir die prag....
daai stukkie sou ek nog wou verander

wat die lees tekens aanbetref die sal aan gewerk moet worre ....

die opeenhoping van die woord is juis so gestel dat dit n veel voudige betekenis het

wat die afge-ets aanbetref stem ek saam ge-ets kan werk... 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version