Author Topic: Vuurvliegievrou  (Read 4372 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vuurvliegievrou
« on: January 01, 2012, 08:09:20 AM »
Onder die donker maan.

Loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die grote willow,
neem ek my plek vir die prag.

In die lig van die donker maan.
Dans die vuurlig liggies,
patrone teen die hemel ruim.

Tewyl die donker maan,
strale ontbloot,
neem haar gestalte aan.

Met n Rooi rok wyd gesprei,
styfgespan, oor haar bene gevorm vir die oog van n man,
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar Blonde lokke waai vir my.
Gee my krag wat dieper le.
As net my vlees.

Voete, tone, trap sag, tog ritmies in die sand, dans sy haar dans teen die vuur.
Riel saam met vuurvliegies afgeeits teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oe helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.

Met n oog knip is sy weg,
maar ek sien nog die rooi rok wuif
sag tussen die riete, en ek weet
oormore sien ek haar weer...
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #1 on: January 01, 2012, 08:16:34 AM »
WW, ek het jou gedig gaan deps en dit huistoe gebring. 
Dit is 'n pragtige gedig en daar waar ek dit gaan haal het, het niemand eers 'n komtaartjie gelos nie.  Ek sal dit by "kom ons help mekaar" gaan plaas, dan help ons 'n bietjie, want ek dink dit hoort in ons volgende boek.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #2 on: January 16, 2012, 03:17:22 PM »
Dit is mooi, ek hou veral van die laaste twee verse. Beskrywend.
 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #3 on: February 19, 2012, 12:45:02 PM »
pragtig - ek gaan loer daar by help mekaar om te sien hoe daar gehelp word  :-)

dis def 'n gedig om te plaas in 'n prag boek PM :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #4 on: February 20, 2012, 07:41:33 AM »
Sodra WW die probleem opgelos kry, sal hy weer kom saamgesels Wils.  Ek lief die gedig.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #5 on: February 21, 2012, 12:25:00 AM »
ekke ook - sal kyk of ons nie bymekaar kan kom in die week nog nie - al is dit net 5 minute om na sy settings te kyk ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #6 on: March 05, 2012, 05:36:17 AM »
WW ry baie rond en ek is seker hy sal sommer 'n draai by julle kom gooi.  Gee vir hom 'n drukkie van  my af. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #7 on: March 10, 2012, 09:01:10 AM »
PM email vir my se kontak details na willa@willa.co.za  dan maak ons met hom kontak -
ek dink nie dis op sy facebook page nie en ek weet nie hoe gereeld hy facebook nie  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #8 on: March 10, 2012, 09:05:26 AM »
Ek sal so maak.
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #9 on: June 06, 2012, 10:21:08 AM »
nog n gediggie van my sjoe maar ek is n gelukkige man...

so wat se julle dames is daar weer n saam smelt gedig iewers vir ons wat ons kan skryf?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #10 on: June 06, 2012, 10:55:53 AM »
Ek hoop Raaitjie kom lees hier en bring 'n voorstel vir 'n saamskryf gedig WW. 
Die ander opsie is dat jy dit tafel toe bring.  Kom sê presies wat jy wil hê ons moet doen, dan lui die klok en dan begin ons.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #11 on: June 06, 2012, 12:30:49 PM »
daar is ook 'n paar uitdagings wat niemand nog aangedruf het nie PM - dis amper nuusbrief tyd - ons kan dit daarby instluit, met die links

WW kom laat weet as jy 'n idee vir 'n saam smelt gedig het :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #12 on: June 06, 2012, 01:32:08 PM »
Saamsmelt gedig - klink wonderlik!! Plek geboek hoor  :headbang: