Author Topic: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe  (Read 39180 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« on: December 30, 2011, 12:42:21 AM »
Ek het die 'verfblopse' wat op my palet oor was, afgeneem en met die 'mirror-' en 'backlight-funksie' begin speel. Die unieke karakters en agtergronde wat hieruit onstaan het was 'n goudmyn vir enige grafiese ontwerper of kunstenaar opsoek na daardie tikkie 'andersheid' en moeilik om na te maak.
:love7: :hello2:

*Hierdie ontwerpe is almal geskep uit die rooi/geel hoekie op my palet. Sit so entjie weg van die skerm af om die 3D versteekte karakters te sien. As jy een foto gebruik en verskillende dele daaruit 'crop' en weer swaai, draai en herhaal is daar geen einde aan wat jy kan skep nie!



In hierdie skepping was die marmer-toneel in die middel, vir my toonomkrulplesier!!

 
« Last Edit: December 11, 2017, 06:15:12 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #1 on: December 30, 2011, 12:53:19 AM »
En hierdie is geskep uit 'n ander blopsie verf, Outop het dadelik 'n storietjie gegriffel oor die Grim Reaper wat hy kon uitmaak, en ek het dit in die boekie ook dan net so gebruik  :toothy4:

Onthou om 'n entjie weg van die skerm te sit!



« Last Edit: December 30, 2011, 01:00:38 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #2 on: December 30, 2011, 01:44:29 AM »
En hier is die palet en sy oorskiet blopsies weer ingespan en die eindresultaat was vir my die treffendste in sepia.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #3 on: December 31, 2011, 11:22:12 AM »
Dit is pragtig gedoen Raaitjie.  Ek sien ook 'n hele paar verskillende prentjies daarin.  Sal graag wil sien hoe dit op papier lyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #4 on: January 01, 2012, 03:10:22 AM »
Die fotos druk pragtig op papier PM en die intensiteit van die warm kleure is verstommend. Hierdie 'maskers' van die karaktertjies in die boek was geskep uit 'n foto van 'n vuur wat die kabouters gemaak het met droee palmtakke. Een bladsy hou groot en klein so lank besig om te kyk wat hulle alles 'raaksien'. Die pret begin wanneer jy met 'n vergrootglas na elke fotokunswerk loer! Op die linkerbladsy (derde foto onder) is daar selfs 'n unieke 'gogga-masker' wat deur die takkies gevorm is. Hierdie funksie van die program leen homself perfek om jouself te verloor in die hidden world wat verskyn.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #5 on: January 01, 2012, 06:59:37 AM »
Dankie Raaitjie.  Dit lyk regtig baie mooi.
Dit kan 'n ou voorwaar vir lank besig hou.  Dit is baie mooi en treffend op die swart agtergrond met die wit raampies. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #6 on: March 26, 2013, 05:35:11 AM »






'n Piesangskil opgerol bo op 'n skildery van 'n handhoendertjie wat kabouters
jare gelede vir my gemaak het, was die inspirasie vir die moderne skepping.
« Last Edit: March 26, 2013, 05:42:29 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #7 on: March 26, 2013, 06:44:05 AM »
Sjiiiieeee Nig, ek moes daai ene misgevat het toe dit uitgedeel was.Ek staat net verstom oor wat jy regkry! Pragtig doet zoo Voort!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #8 on: March 26, 2013, 07:01:23 AM »
Ek geniet die program neefgoed  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #9 on: March 26, 2013, 08:51:24 AM »
Pragtig gedoen Raaitjie.  Baie mooi.  :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #10 on: March 27, 2013, 12:43:48 AM »
Ek swig gereeld voor versoekings PM  :toothy4: en net voor ek die piesang skil wou weggooi, gebeur dit alweer en begin ek wonder hoe 'n piesang-lelie sou lyk? Toe begin ek rol en natuurlik moes dit ergens neergesit word en naaste aan my was kabouters se hoenderskilderytjies  :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #11 on: December 19, 2015, 09:54:25 AM »
Raaitjie, hierdie reeks oor PhotoScape is lag-lag die gewildste leesstof op die forum. 
Wat 'n pragtige reeks!  Jy is 'n ster!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #12 on: December 19, 2015, 11:07:50 AM »
Ek is bly die besoekers geniet dit ook mater. Die program verskaf my nog steeds vreugde en is 'n groot help met die afronding van fotos.  :icon_biggrin: 

Die leserstal by die PH artikel het tot nou die grootste syfertjie met 53438 Views, wat eintlik vir my hartseer is want dit wys hoeveel mense is opsoek na inligting in Afrikaans oor die asemdief.  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #13 on: December 19, 2015, 12:52:33 PM »
Dit is werklik 'n groot leserstal Raaitjie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe
« Reply #14 on: May 07, 2017, 12:33:49 AM »
Met die onlangse bewusmakingsprogram van die asemdief het ek letterlik met die hand in die hare gesit. Kon aan niks dink want daar is soveel inligting al beskikbaar rondom hierdie asemrowende toestand.  Gesoek na images wat nie kopiereg op het nie en toe besluit om maar self iets te skep wat ek weet geen wet gaan oortree nie. Gedwaal deur die tuin en met 'n bakhand vol blommetjies en 'n tandestokkie, het die skeppingsprojek begin.

Outop se pilletjie (tablet) is nadergesleep want die swart skerm was die perfekte agtergrond. Die blommetjies het ek vertroetel in die opfrommelproses en mooi probeer beduie dat die vernieling vir 'n baie goeie doel is  :crybaby2:

Met die gefrommelde blomme het ek baie versigtig begin om twee longvorms te na-aap. Die kelkie gedeelte van die blomme het gedien as kreatiewe are  :toothy4:

Na die longe gevorm is, het die soektog begin om 'n hartblaar te kry wat gaan pas by die grote van die blomlonge voor my  :icon_scratch:

'n Paar verskillende grote blare gevind en die uwe is terug kombuis toe.  Begin meet en pas. Tevrede dat dit gaan werk het ek die kamera nadergesleep en begin afneem uit alle hoeke sodat daar nie snaakse ligvorms weerkaats op die glas agtergrond.

Met die immergewilde PhotoScape program is die skrif bygevoeg vanaf die 'object' en 'T' vir script afdeling. Dit help ook om die agtergrond donkerder te 'toor' met behulp van die beligtingsfunksie by 'home', 'bright color' en vandaar kies jy 'contrast' tot jy tevrede is. Hierna gebruik jy die 'gray scale' funksie en daar is jou kreatiewe long X-straal.



Ter afsluiting van die World PH Day wou ek wys wat gebeur met die hart onder volgehoue abnormale druk. Hier wou ek 'n X-straal weergawe voorstel. Die fyn takkies is baie versigtig gemeet, knip en neergesit. Teen hierdie tyd het ek geleer om nie te diep asem uit te blaas nie want dan moes jy weer die opgefrommelde dele van jou 'longe' nadersleep en in vorm kry  :icon_bigsmurf:

Hierdie keer moes ek 'n blaar gaan soek wat 'n vergrote hart sal voorstel en die soektog het begin...

In kleur het die spulletjie nie eintlik na 'n suksesvolle weergawe gelyk nie maar ek het geweet met behulp van die program se wit en swart funksie behoort dit na iets te lyk wat straks X-strale sal na-aap.



Met behulp van die program was die eindproduk heel kreatief en uniek. Niemand gaan kopiereg kom opeis. Behalwe die ouvrou wat die tandestokkie vasgehou het  :notworthy:





 

« Last Edit: May 07, 2017, 12:41:27 AM by Meraai vannie Baai »