Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (6) Skep jou eie moderne ontwerpe

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Ek het die 'verfblopse' wat op my palet oor was, afgeneem en met die 'mirror-' en 'backlight-funksie' begin speel. Die unieke karakters en agtergronde wat hieruit onstaan het was 'n goudmyn vir enige grafiese ontwerper of kunstenaar opsoek na daardie tikkie 'andersheid' en moeilik om na te maak.
:love7: :hello2:

*Hierdie ontwerpe is almal geskep uit die rooi/geel hoekie op my palet. Sit so entjie weg van die skerm af om die 3D versteekte karakters te sien. As jy een foto gebruik en verskillende dele daaruit 'crop' en weer swaai, draai en herhaal is daar geen einde aan wat jy kan skep nie!



In hierdie skepping was die marmer-toneel in die middel, vir my toonomkrulplesier!!

 

Meraai vannie Baai:
En hierdie is geskep uit 'n ander blopsie verf, Outop het dadelik 'n storietjie gegriffel oor die Grim Reaper wat hy kon uitmaak, en ek het dit in die boekie ook dan net so gebruik  :toothy4:

Onthou om 'n entjie weg van die skerm te sit!



Meraai vannie Baai:
En hier is die palet en sy oorskiet blopsies weer ingespan en die eindresultaat was vir my die treffendste in sepia.

PM:
Dit is pragtig gedoen Raaitjie.  Ek sien ook 'n hele paar verskillende prentjies daarin.  Sal graag wil sien hoe dit op papier lyk. 

Meraai vannie Baai:
Die fotos druk pragtig op papier PM en die intensiteit van die warm kleure is verstommend. Hierdie 'maskers' van die karaktertjies in die boek was geskep uit 'n foto van 'n vuur wat die kabouters gemaak het met droee palmtakke. Een bladsy hou groot en klein so lank besig om te kyk wat hulle alles 'raaksien'. Die pret begin wanneer jy met 'n vergrootglas na elke fotokunswerk loer! Op die linkerbladsy (derde foto onder) is daar selfs 'n unieke 'gogga-masker' wat deur die takkies gevorm is. Hierdie funksie van die program leen homself perfek om jouself te verloor in die hidden world wat verskyn.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version