Author Topic: Dom dinge  (Read 9479 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #15 on: November 13, 2012, 01:26:47 PM »
 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Dom dinge
« Reply #16 on: November 13, 2012, 10:50:09 PM »
Dom dinge? Om agteruit in die toekoms in te loop. Jy struikel en sien jou agterwereld uit nuwe hoeke!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dom dinge
« Reply #17 on: November 14, 2012, 03:15:09 AM »
 :headbang: Ek giggel die wind stil diekant vir jou komtaar bb!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #18 on: November 14, 2012, 10:38:16 AM »
Dankie vir die saamskryf Blouetjie.  Ek het jou gemis. 

Ek sien die prentjie!  Dit kan nogal moeilik gaan.   :angel4:

Nog 'n dom ding om te doen is om iets ten spyte van die gevaartekens te doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Dom dinge
« Reply #19 on: November 23, 2012, 05:34:51 AM »
Om agteruit in die toekoms in te loop.    :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #20 on: January 26, 2013, 11:02:31 AM »
Gepraat van dom dinge doen!
Julle weet van ons grooter as grootste avoboom in ons tuin.  Ek sal nog die storie vertel van die wind en dié boom se tak, maar nou vertel ek eers van die dom ding. 
Ons sit die leer teen 'n dik tak van die boom waar ons 'n paar takke wat ons as onveilig beskou, wil afsny.  Dis 'n lang uitskuif leer en dit kom net mooi by die tak by.  Nou moet ek bysê, die boom dra hierdie jaar asof dit sy laaste jaar is.  Die vrugte is al so groot soos 'n vuis.  Die drag is swaar. 
Die outjie met die kettingsaag, saag die eerste tak af.  Toe die tweede tak val hoor ons net 'n benoude gil en hy klou verbete vas aan 'n tak met die kettingsaag in die ander hand.  Nou wend hy 'n poging aan om in die boom te klim en almal onder skree:  "Nee, die tak gaan nie jou gewig dra nie!" maar hy klouter op die tak.  Dit wieg gevaarlik, maar ta klou.
"Klim af daar!" skree JC vir hom, maar ta klou.  Toe gesef ek wat gebeur het. 
Die tak waarteen die leer staan het opgelig met die vrag wat verminder het en ta sit op die tak sodat die leer nie onderdeur glip nie.  Gou het ons 'n band (waarmee jy voertuie sleep) opgegooi en hy het die leer aan die tak vasgemaak en toe afgeklouter.  Met 'n spoed!  :icon_biggrin:  'n Mens moet dink voor jy doen!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dom dinge
« Reply #21 on: January 28, 2013, 12:03:33 AM »
Eish!!  :evil6:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dom dinge
« Reply #22 on: February 02, 2013, 05:16:12 PM »
Oeps.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #23 on: February 03, 2013, 08:28:47 AM »
Met al die takke wat ons nou afgesny het kry my tuin weer 'n bietjie son.  Oudste het vir my 'n takbokvaring gekoop wat staan gemaak is teen een van die vorige jaar se stompe.  Nou baai dit heerlik in 'n strepie oggendson. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Dom dinge
« Reply #24 on: February 03, 2013, 08:48:13 AM »
hie hie, ek sien al hoe swaai hy so windverwaai heen en weer   :icon_biggrin: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #25 on: February 03, 2013, 08:59:26 AM »
Ons praat mos van 'n "vol figuur". 

Ben, of "ou Benna" soos ons hom noem, is 'n klein maer mannetjie. 
"Gelukkig is hy klein en maer." sê ek vir Hannes, waarop ou Benna antwoord:
"Ja, gelukkig is ek leeg."   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dom dinge
« Reply #26 on: August 25, 2018, 02:38:52 PM »
Lekker giggel ek nou vir Ta Raaitjie se kraamklip...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #27 on: August 25, 2018, 05:31:46 PM »
Ha-ha, dit is goed.
My takbokvaring is opgevreet deur die koedoes. 
Naas, ek lief jou nuwe avatar. 
« Last Edit: August 25, 2018, 05:33:19 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dom dinge
« Reply #28 on: August 25, 2018, 06:15:17 PM »
Oupa se oogappel. Het gister vir haar haar eie pophuis gebou. Sy is so dankbaar as mens vir haar iets doen.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dom dinge
« Reply #29 on: August 26, 2018, 12:54:19 AM »
PM, innige simpatie maar die ironie van 'My takbokvaring is opgevreet deur die koedoes.' het my dag gemaak diekant.

Oi Naas, tot my innige spyt en groot vermaak van die kinders het my groot klippe nooit deur die baringsproses gegaan nie. Sniksniksnik.
Jou prinsessie is pragtig Naas. Kan sien hoekom sy haar oupa in die holte van daardie kleine handjies hou. Wens ek kon die pophuis sien.