Author Topic: Dom dinge  (Read 9536 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dom dinge
« on: December 26, 2011, 09:24:34 AM »
Vanoggend soek ek my selfoon.  Weg!  Het dit tog net 'n rukkie van te vore in my hand gehad.  Hannes soek melk.  In die yskas, seg ek.  Issie daar nie.  Is.  Issie.  Ek het dit self daar gesit!
Hy gaan terug yskas toe.  Wat soek jou selfoon in die yskas?  Seker na die melk!  :icon_biggrin:

Watter dom dinge het jy al gedoen?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Dom dinge
« Reply #1 on: December 26, 2011, 09:45:15 AM »
Dom dinge...? duisende.
Ernstige onnosele besluite wat ek nooit weer sal doen as ek sekere tye in my lewe kon oorhê nie   :crybaby2: 

Maar vol humor? O ja, net so baie.
Ek soek gereeld na my selfoon om iets te kyk wanneer ek met iemand oor einste selfoon gesels. Ek het ook al die melk netjies langs die ketel parkeer en die suiker in die yskas gebêre.    :icon_biggrin:   
adéle  :grommit:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Dom dinge
« Reply #2 on: December 26, 2011, 12:01:40 PM »
ek het al baie kere my bril gesoek en dan is hy reg voor my oë op my neus.

sleutels, selfoon, pen en/of potlood neergesit en binne 20 sekondes weet ek nie waar dit is nie.

na sononder in die Okavango in die modder ingery en voor die tyd geweet dis verkeerd, ek moet nie so maak nie.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #3 on: December 26, 2011, 03:39:15 PM »
hey.... ek dink nie dit is dom dinge nie.... want dan doen ek dom dinge te veel! haha ek misplaas dingetjies gereeld en kry dit dan weer, en mense lag maar te gereeld vir my daaroor....
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #4 on: December 27, 2011, 09:24:23 AM »
Ernstige besluite hou weer 'n hele ander inpak in.  Dikwels staan jy terug en wonder hoekom jy so "oop oog" in 'n ding ingestap het.  Dit is so asof jy "siende blind" was.

Adéle, het jy gesien jou  :grommit: is hier?  Ek was bang ek kom vanmiddag daar by jou aan en jy  :`ip2: my, toe maak ek seker dit is hier.  :icon_biggrin:
Hier is nog 'n paar gatseggies wat moet "gaan".

Ons gaan 'n bietjie by Adéle oorbly.  Hannes moet naby Gariepdam wees vir 'n finale inspeksie en oppad gaan ons boeke aflewer.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #5 on: November 04, 2012, 10:56:41 PM »
Ek het bietjie in die gange rondgedwaal en toe kom ek hierop af:  Die dag toe my selfoon na die melk gesoek het!  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dom dinge
« Reply #6 on: November 05, 2012, 07:31:55 AM »
 :icon_biggrin:

Met twee verstrooide mense, gebeur hierdie tipe van ding amper elke dag by ons. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #7 on: November 05, 2012, 07:58:56 AM »
Dit laat my dink aan die seuntjie wat elke dag gaan melk en meel haal het.  Die emmer vir die melk doen toe 'n lek op.  "Dan moet antie maar die meel in die emmer gooi en die melk in die slopie."
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Dom dinge
« Reply #8 on: November 11, 2012, 06:46:21 PM »
ek het al die strykyster in die yskas gebere en die melk oor die plante gegooi ...
mmm ... dan het ook al sout in koffie instede van suiker gegooi ...
my lys van dom dinge is lank ... maar dis blykbaar 'n duidelike teken van my hoe intelengesie vlak  - al kan ek nei spel nie - nes Einstein ...  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dom dinge
« Reply #9 on: November 12, 2012, 12:40:31 AM »
Hheheheh, lekker giggel ek nou. My domste ding wat ek gedoen het was die dag toe ek wou gaan kyk of die mooiste klip in my tuin nie dalk oornag klein klippies gekry het nie! Gin lieg  :color:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #10 on: November 12, 2012, 05:48:21 AM »
Met daardie geloof kan 'n mens berge versit.    :angel4: 
Sal hierdie week 'n storie van Francouis plaas oor geloof.  Kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Dom dinge
« Reply #11 on: November 12, 2012, 01:03:28 PM »
Het die klip toe kleintjies gekry??

 :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dom dinge
« Reply #12 on: November 12, 2012, 10:51:01 PM »
As ek hom met 'n hammer en beitel bygekom het sou daar seker gewees het Willa, maar vanself? Nee  :icon_bigsmurf:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dom dinge
« Reply #13 on: November 13, 2012, 07:20:16 AM »
 :icon_biggrin:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Dom dinge
« Reply #14 on: November 13, 2012, 10:11:37 AM »
 :snorting:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #15 on: November 13, 2012, 01:26:47 PM »
 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Dom dinge
« Reply #16 on: November 13, 2012, 10:50:09 PM »
Dom dinge? Om agteruit in die toekoms in te loop. Jy struikel en sien jou agterwereld uit nuwe hoeke!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dom dinge
« Reply #17 on: November 14, 2012, 03:15:09 AM »
 :headbang: Ek giggel die wind stil diekant vir jou komtaar bb!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #18 on: November 14, 2012, 10:38:16 AM »
Dankie vir die saamskryf Blouetjie.  Ek het jou gemis. 

Ek sien die prentjie!  Dit kan nogal moeilik gaan.   :angel4:

Nog 'n dom ding om te doen is om iets ten spyte van die gevaartekens te doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Dom dinge
« Reply #19 on: November 23, 2012, 05:34:51 AM »
Om agteruit in die toekoms in te loop.    :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #20 on: January 26, 2013, 11:02:31 AM »
Gepraat van dom dinge doen!
Julle weet van ons grooter as grootste avoboom in ons tuin.  Ek sal nog die storie vertel van die wind en dié boom se tak, maar nou vertel ek eers van die dom ding. 
Ons sit die leer teen 'n dik tak van die boom waar ons 'n paar takke wat ons as onveilig beskou, wil afsny.  Dis 'n lang uitskuif leer en dit kom net mooi by die tak by.  Nou moet ek bysê, die boom dra hierdie jaar asof dit sy laaste jaar is.  Die vrugte is al so groot soos 'n vuis.  Die drag is swaar. 
Die outjie met die kettingsaag, saag die eerste tak af.  Toe die tweede tak val hoor ons net 'n benoude gil en hy klou verbete vas aan 'n tak met die kettingsaag in die ander hand.  Nou wend hy 'n poging aan om in die boom te klim en almal onder skree:  "Nee, die tak gaan nie jou gewig dra nie!" maar hy klouter op die tak.  Dit wieg gevaarlik, maar ta klou.
"Klim af daar!" skree JC vir hom, maar ta klou.  Toe gesef ek wat gebeur het. 
Die tak waarteen die leer staan het opgelig met die vrag wat verminder het en ta sit op die tak sodat die leer nie onderdeur glip nie.  Gou het ons 'n band (waarmee jy voertuie sleep) opgegooi en hy het die leer aan die tak vasgemaak en toe afgeklouter.  Met 'n spoed!  :icon_biggrin:  'n Mens moet dink voor jy doen!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dom dinge
« Reply #21 on: January 28, 2013, 12:03:33 AM »
Eish!!  :evil6:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dom dinge
« Reply #22 on: February 02, 2013, 05:16:12 PM »
Oeps.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #23 on: February 03, 2013, 08:28:47 AM »
Met al die takke wat ons nou afgesny het kry my tuin weer 'n bietjie son.  Oudste het vir my 'n takbokvaring gekoop wat staan gemaak is teen een van die vorige jaar se stompe.  Nou baai dit heerlik in 'n strepie oggendson. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Dom dinge
« Reply #24 on: February 03, 2013, 08:48:13 AM »
hie hie, ek sien al hoe swaai hy so windverwaai heen en weer   :icon_biggrin: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #25 on: February 03, 2013, 08:59:26 AM »
Ons praat mos van 'n "vol figuur". 

Ben, of "ou Benna" soos ons hom noem, is 'n klein maer mannetjie. 
"Gelukkig is hy klein en maer." sê ek vir Hannes, waarop ou Benna antwoord:
"Ja, gelukkig is ek leeg."   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dom dinge
« Reply #26 on: August 25, 2018, 02:38:52 PM »
Lekker giggel ek nou vir Ta Raaitjie se kraamklip...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dom dinge
« Reply #27 on: August 25, 2018, 05:31:46 PM »
Ha-ha, dit is goed.
My takbokvaring is opgevreet deur die koedoes. 
Naas, ek lief jou nuwe avatar. 
« Last Edit: August 25, 2018, 05:33:19 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dom dinge
« Reply #28 on: August 25, 2018, 06:15:17 PM »
Oupa se oogappel. Het gister vir haar haar eie pophuis gebou. Sy is so dankbaar as mens vir haar iets doen.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dom dinge
« Reply #29 on: August 26, 2018, 12:54:19 AM »
PM, innige simpatie maar die ironie van 'My takbokvaring is opgevreet deur die koedoes.' het my dag gemaak diekant.

Oi Naas, tot my innige spyt en groot vermaak van die kinders het my groot klippe nooit deur die baringsproses gegaan nie. Sniksniksnik.
Jou prinsessie is pragtig Naas. Kan sien hoekom sy haar oupa in die holte van daardie kleine handjies hou. Wens ek kon die pophuis sien.