Author Topic: KOM DANS KLARADYN  (Read 6135 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
KOM DANS KLARADYN
« on: December 17, 2011, 10:39:27 AM »
KOM DANS KLARADYN
Woorde: C.F. VISSER
Musiek: S. LE R. MARAIS

[2x]
Kom dans Klaradyn, kom en dans weer met my
op maat van die aandwind wat wieg oor die vlei.
Die blomme hul nooi ons, die feesmaal is klaar;
die sterretjies brand al, die maan is al daar.

[REFREIN]

Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn,
kom en dans weer met my, weer met my
op maat van die aandwind wat wieg oor die vlei,
op maat van die aandwind wat wieg oor die vlei.
Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn,
kom en dans weer met my, weer met my
op maat van die aandwind wat wieg oor die vlei,
die aandwind wat wieg oor die wei.

[2x]
Vertel Klaradyn, kom vertel my dat jy
die koninginbruid van my hart ook gaan bly
as blomme verwelk en die weelde vergaan,
as sterre verbleek en verduister die maan.

[REFREIN]

Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn,
kom vertel my dat jy my, dat jy
die koninginbruid van my hart ook gaan bly,
die koninginbruid van my hart ook gaan bly.
Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn,
kom vertel my dat jy my, dat jy
die koninginbruid van my hart ook gaan bly,
die bruid van my hart ook gaan bly.
« Last Edit: December 17, 2011, 04:54:37 PM by Naas »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: KOM DANS KLARADYN
« Reply #1 on: December 18, 2011, 07:37:27 AM »
Mooi liedjie. Die woorde is spesiaal vir 'n geliefde.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: KOM DANS KLARADYN
« Reply #2 on: December 18, 2011, 08:04:45 AM »
Dit het ook die manier om vas te steek en oor en oor in my kop te "speel". 
Om te weet is om te verstaan.