Author Topic: Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser  (Read 12780 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser
« on: December 17, 2011, 10:29:50 AM »
Die ruiter van Skimmelperdpan  A.G. Visser

Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan,
By ‘n draai in die mond van die kloof,
Het ‘n bom in die oorlog ‘n vlugtende man
Op ‘n perd soos ‘n swaardslag onthoof.

Aan die saalboom krampagtig die hande verstyf,
Met ‘n laaste stuiptrekkende krag,
En die bene geklem soos ‘n skroef om sy lyf,
Op die perd sit die grusame vrag.

Met sy neusgate wyd en die ore op sy nek,
Soos die wind yl verbysterd die dier,
Met die skuim in wit vlokke wat waai uit sy bek,
En gespan soos ‘n draad elke spier;

By die huisie verby waar ‘n vrou staan en kyk …
In die afkopding ken sy haar man …
Met ‘n onaardse gil val sy bleek soos ‘n lyk …
Perd en ruiter verdwyn in die Pan!

Wee die reisiger wat daar onwetend kom skuil
Waar bouvallig die huisie nog staan,
En vreesagtig by wyle ‘n nagdiertjie huil
By die newelige lig van die maan!

Want by middernag waai daar ‘n wind deur die kloof,
Waai en huil soos ‘n kindjie wat kerm,
En dan jaag daar ‘n perd met ‘n man sonder hoof …
Wie dit sien, roep verskrik: “Heer, ontferm!”

Want die vuurvonke spat waar die hoefslae dreun,
En dit vlam uit sy neus en sy oog;
Styf en stram sit die ruiter na vore geleun,
En die bloed uit sy nek spuit ‘n boog;

En dan eensklaps van uit die vervalle gebou
Kom ‘n vreeslike skrikbeeld gevaar,
Al die hare orent – ‘n waansinnige vrou
Met ‘n hande-wringend gebaar:

“Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer?
Waarom jaag jy my elke nag op?
Sal daar nimmer ‘n einde kom … altyd maar weer
Die galop … die galop … die galop?!”

Die afgryslike klank – nog gehuil nog gelag –
En die perd met die romp van ‘n man …!
Dis geen plek vir ‘n Christenmens daar in die nag
Langs die pad na die Skimmelperdpan!

A.G. Visser
« Last Edit: December 17, 2011, 10:37:00 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser
« Reply #1 on: December 18, 2011, 07:40:45 AM »
Dit neem my jare terug tot in die Afrikaanse klas van Mnr Blignault.
Snaaks hoe ons hierdie groot werke nou meer waardeer as toe ons jonger was.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Re: Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser
« Reply #2 on: December 18, 2011, 08:03:13 AM »
Jy praat waar Ellé, maar ek glo tog dat dit hierdie werke was wat by ons ingedring het om die liefde vir ons taal te kweek en uit te leef. 
Daar is 'n ander gedig wat my altyd stom gelaat het, met 'n groot knop in my keel, en dit is "Waar ruwe rotse".  Ek moet dit tog gaan opdiep. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2271
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser
« Reply #3 on: December 05, 2015, 11:07:54 AM »
Sien ek 'n verwysing op FB na hierdie gedig en kom lees saggies oor ons gaste se skouers. Ek deel ook gou die gedig waarna jy verwys PM. Sooo hartseer :(

*C.M. van den Heever. “Waar Ruwe Rotse” en is glo gegrond op gebeure by Aasvogelkop oorkant die Caledonrivier by Gladdedrif in die Smithfield-distrik.

Die gedig beskryf die verhaal van ’n pa wie se seun in ’n klipskeur geval het. Dae lank word tevergeefs probeer om die seun daar uit te kry:

Twee vader-oë kyk verward . . . sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.
Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.
En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.
’n Riem rol na die seun daaronder neer,
“Bind vas, my kind . . . en Pa die sal probeer.”
Maar dis vergeefs . . . die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.
En hulp snel by . . . die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.
Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
“Ek smeek dat Pa my skiet . . . en nou . . . ”
’n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.
Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans ’n afloop-traan.
“Vergeef my, God!”  . . . ’n skoot gedemp en dof . . . 
en bo die bergegraf styg kruit en stof.
Nog skuur iets rog’lend in die diepte daar,
dis stil . . . die aasvoëls kras . . . ’n vader staar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9162
  • Gender: Female
Re: Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser
« Reply #4 on: December 06, 2015, 06:45:11 AM »
Baie dankie Raaitjie.  Hierdie gedig laat my snik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1278
Re: Die ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser
« Reply #5 on: December 07, 2015, 08:10:40 AM »
My pa het ook baie gehou van "Die ruiter van Skimmelperdpan" en "Waar ruwe rotse" laat my ook elke keer snik.