Author Topic: TROU Jan F.E. Celliers  (Read 11878 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
TROU Jan F.E. Celliers
« on: December 17, 2011, 10:27:45 AM »
TROU

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan;
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan;
‘n oog wat nie wyk,
wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan –

vas soos ‘n berg van grou graniet
op vaderlandsgrond, sy hartsgebied,
aan haar getrou
soos aan kind en vrou,
en wat in haar ere ook syne siet.

Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer
In die taal uit haar vrome mond geleer,
En die bastergeslag
In sy siel verag,
Wat, haar verstotend, hulself kleineer.

Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
Vir ‘n heldegeslag, in hul rus daarheen,
Maar ‘n blits van trou
In die traan van rou,
Wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.

Vir my die Afrikaner van durf en daad,
Wat Mammons eer en loon versmaad,
Sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
En ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:
Ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan;
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

Jan F.E. Celliers
(1865-1940)
« Last Edit: December 18, 2011, 07:58:49 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: TROU Jan F.E. Celliers
« Reply #1 on: December 18, 2011, 07:43:34 AM »
PM, ek raak nou nostalgies hier waar ek so rustig sit.
Jy bring darem maar mooi werke vir ons vanoggend.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: TROU Jan F.E. Celliers
« Reply #2 on: December 18, 2011, 07:57:23 AM »
Dit was eintlik jy wat my na hierdie gedig laat gryp het.
Ek sien nou eers die foute daarin raak.  Sal gou regmaak.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: TROU Jan F.E. Celliers
« Reply #3 on: June 21, 2012, 06:24:32 PM »
vir my, Jan F.E. Celliers se kosbaarste gedig:-

Dis al

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en ‘n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: TROU Jan F.E. Celliers
« Reply #4 on: June 22, 2012, 05:35:51 AM »
Dis Al - in my std 3 jaar moes ek dit voordra vir die klas, toe vir die saal priode (daai dae het ons elke oggend 30 min in die saal bymekaar gekom eerste ding voor enige klasse begin het) en toe vir ouer aand ... Dis AL  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w