Author Topic: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!  (Read 3988 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« on: December 14, 2011, 11:27:10 AM »
Kyk ek het al baie dinge gehoor wanneer dit kom by gesond-lewe-eet. As jy na almal luister is daar werklik niks wat mense mag eet nie.

Toe lees ek nou die raak, en glo my ek gaan by die een hou..... :toothy4:

Healthy eating tip #2: Wine: A study in the Journal of Clinical Endocrinology & Metabolism found that people who averaged a serving of alcohol a day had slimmer waistlines than their tee-totaling counterparts. “Drinking a small amount of alcohol with a meal may speed up kilojoule burn,” says Jerry Greenfield, the study’s author.

Nou verstaan ek dit soooo....As die man nou seg dat 'n klein hoeveelheid wyn dinge bietjie gaan aan jaag, dan reken ek nou, as ek bietjie meer as 'n klein hoeveelheid wyn in neem, gaan dit dinge mos nou wild wakker skud, en gaan ek gou weer 'n middeltjie hê waarvoor ek nie skaam hoef te wees nie. Veral as laas jaar se klere so styf sit ...  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #1 on: December 14, 2011, 01:02:58 PM »
Nou weet ek hoekom ons so maklik oor die weg kom, ons dink dieselfde.   :sign10:

Hulle sê 'n mens is wat jy eet?  Maak dit nou van my 'n pampoen of 'n koolkop?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #2 on: December 14, 2011, 07:40:56 PM »
Ja kyk, as jy so kyk na die klomp wat die bottel so liefhet, kan jy glo dat dit die kj verbrand.
Die mense is uitgeteer.
Maar dit is baie goeie nuus, miskien moet ek ook 'n glasie begin skink.
Miskien moet ek sommer met die moeskatjie begin.  Die outjie is juis al vergete in die geskenksak.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #3 on: December 15, 2011, 01:04:08 PM »
Ek dink ek moet op so 'n vloeistof dieet gaan.  Sal dan in elk geval nie weet ek is honger nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #4 on: December 15, 2011, 07:28:04 PM »
As ek op 'n vloeistof dieet moet gaan, sal ek sterwe. 
Ek koop nooit enige vloeistof nie, ek bedoel nou DAAI vloeistof.  (My bek praat maar net so. Regtig).
Maar ek kan 'n glasie wyn waardeer so once in a blue moon.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #5 on: December 15, 2011, 08:55:07 PM »
jaaaa right!!! jy ruik net n glas wyn van n honderd meter af en jy loop met n skewe kop soos n dowe kat.  LHO(indien jy nie weet wat dit is nie dit staan vir lag hard op)
ek spot net met jou maar daar skort niks met n bottel of ses sjerrie nie (g'n wonder ek bly so maer nie)

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #6 on: December 16, 2011, 08:03:13 AM »
Ek drink saam met jou Engeltjie. Een keer in 'n blou maan. Ek is glad nie gekultiveerd nie en hou nie vreeslik baie van wyn nie (wit of rooi) Koop so een keer in 'n dekade of twee 'n bottel Whiskey wat gewoonlik langer as 'n jaar in my pad staan voor my ma dit in die hande kry.
Seker g'n wonder my geraamte is so diep weggepak nie.  :sign10:





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nou toe nou, wat vertel hulle my nou!
« Reply #7 on: December 16, 2011, 09:29:01 AM »
Ek hou nie van stoot nie, dus raak ek gereeld goed getrek op 'n botteltjie rooiwyn,  (Of twee!) dan stoot ek graag.
Ons sal net 'n nuwe kruiwa moet kry, myne se wiel het al uitgeval. :angel4:

Ek is mal oor Naas se ma, sy kan darem nog 'n sopie geniet!  'n Vrou so na my hart! 
 :wave: Ouma!




Om te weet is om te verstaan.