Author Topic: Ella is Koekoes...  (Read 4536 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ella is Koekoes...
« on: December 14, 2011, 05:31:19 AM »
My brein is so wakker, ek sukkel om te slaap.
Met wakker bedoel ek dat alles nou so woes gaan, dat dit nie wil afskakel nie.
Het gisteraand die haardroer amper in die selfoon se gaantjie ingedruk om hom te charge.
Vanoggend druk ek die een buisie tandepaste uit teen die ander een...
Koekoes... solank ek net nie vandag die petrol trap as ek moet rem nie.
Maar langnaweek is na more. Gaan op die bank le en lees en dut en lees en dut.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #1 on: December 14, 2011, 05:35:13 AM »
dis darem sleg as mens nie kan slaap nie en jy weet netnou is opstaan tyd en die dag moet begin en ek gaan vaak en moeg wees.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #2 on: December 14, 2011, 05:39:39 AM »
Morning Lox.
Praat jy.  En ek slaap nie baie nie en as ek daardie drie, vier nagte kry wat ek net so drie ure slaap, raak ek lelik van moegheid.
En dan staan ek enige tyd van vieruur op.
Sal die naweek shopping verruil vir slaap.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #3 on: December 14, 2011, 06:51:29 AM »
Ek het myself vanoggend wakker gelag.  Weet nie waaroor nie, maar dit moes goed gewees
 het!  :icon_biggrin:

Ek is 'n ligte slaper en as iets my wakker gemaak het deur die nag dan kan ek maar net sowel opstaan en kom werk, want ek slaap nie weer nie.  Dan ken ek daardie gevoel wat Lox beskryf: nou is dit dag en nou is ek "frekken" moeg.

Toe ek besig was met die boek het ek so tienuur gaan slaap en tweeuur aan die werk gespring.  Deur die loop van die dag is daar net soveel steurings dat dit lastig is. 

Ellatjie, as jy jou shopping wil verruil dan moet jy baie moeg wees.   :icon_biggrin:  Hoop jy rus heerlik uit die naweek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #4 on: December 14, 2011, 08:14:28 PM »
Binne net 'n twee weke is alles verby: Kersfees, verlof, oujaar, nuwejaar, baie eet.
More is 'n woeste dag.  Almal wat nie geweet het dit is 'n lang naweek nie en ook nie besef het dat daar nog net 'n week oor is vir die jaar nie, sal more
'very urgently'  iets wil bestel.
Maar ek en my Durban kollega kry training in Pastel Navision en ek gaan my nie steur aan 'n telefoon wat lui of e-posse en fakse wat kling klang en woes warts deur die lyne nie.
'I'm not available' .. of die mees populerste verskoning, 'she's in 'n meeting'.
Ek's vodde.  En verlof is nou net die een week en wie weet wanneer dan.
But we will survive.  Ek doen altyd.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #5 on: December 14, 2011, 08:32:05 PM »
Jy is reg sustetjie en na twee weke begin die "rat race" weer.  'n Vreeslike sirkel van kom en gaan!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #6 on: December 15, 2011, 07:49:22 PM »
Ella was vanoggend weer lekker koekoes...
Ek sukkel vanoggend met die kontaklense. As dit nie agterstevoor is nie, krap die ding my oog.
Aaaa... nou voel die beter.
So ry ek en ek fokus nie lekker nie. Die wingerde lyk dan so skuins teen die skuinste.
Dog ek maar miskien is ek maar net moeg.
As ek by die kantoor kom, haal ek die goed uit, want ek kan nie lees en op die rekenaar werk daarmee.  As ek dit inhou, moet ek ook 'n leesbril opsit.
So dis beter om die goed uit te haal en weer in te sit net voor ek bestuur.
So kom ek by die kantoor en wil die goed uithaal.  Regs is fine.  Links, ek voel en krap en soek, maar niks.
Daai L lens is nooit ingesit.
Maar nou gaan ek vir drie dae rus en dan die laaste week aanpak.

elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #7 on: December 15, 2011, 09:18:00 PM »
jy moet nou net onthou om te onthou om te onthou om oor drie dae jou linker lens in te sit

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #8 on: December 16, 2011, 08:05:47 AM »
En die regterlens anders is jy koning...  In die land van die blindes is een oog koning.







 :icon_bigsmurf:







Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ella is Koekoes...
« Reply #9 on: December 16, 2011, 09:20:17 AM »
Ek kan nie eers oorkrabbertjies inhou nie, wat nog gepraat van kontaklense.  My bril is alewig soek, dan kry ek raas, maar hoe spoor 'n mens nou 'n bril op as jy nie 'n bril op het nie? 

Ek hoop elkeen van julle geniet die vakansietyd terdee en rus heerlik uit. 
Om te weet is om te verstaan.