Author Topic: Neushoorn/Renoster!  (Read 8178 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Neushoorn/Renoster!
« on: September 08, 2011, 02:53:35 PM »
Wil net hoor wat julle dink van die ding! Dat dit onwettig is om die Renosters se hornings in te spuit met gif!!!!!

Dit sal werk! Is dit hoekom hulle dit nie wil toelaat nie? Nou wil hulle eerder die Horings afsny???

Is die mannetjie wat in beheer is oor die goed, dan kop in een mus, met die skelms wat die mooi diere so verniel?  :icon_scratch: Laat my wonder!

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Neushoorn/Renoster!
« Reply #1 on: September 08, 2011, 04:12:25 PM »
Jy vra nou 'n goeie vraag.  Wat verhoed die eienaar om dit in elk geval te doen?  Sal dit 'n afskrikmiddel wees?  "Al is dit nou die laaste ding wat ek in my lewe doen..."
Daar is te veel vrae en te  min antwoorde. 

Ek wonder in elk geval wie is die swaap wat die "stywe" idee in die eerste plek verkoop het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Neushoorn/Renoster!
« Reply #2 on: September 09, 2011, 08:46:14 AM »
...en weet die swaap wat die "stywe" goed gebruik dis eindlik saam geperste hare wat hy in neem. Eet jou eie hare swaap dalk kry jy die selfe reaksie!

Ek dink dit kan nogal werk. As al die horings gif ingespuit word, sal dit elk geval nie van nut wees nie. Hulle gaan styf - styf siek wees as dit ooit werk vir styf word siekte!

Dit "gif" wat hulle inspuit "dis nou soos ek dit verstaan" is goed vir die Renoster. Dit help vir siektes wat die Renosters teister. So ek weet nou nie. O ja en al maal hulle die horing tot poeier en dit gaan deur die "XRAY" masjien by die doeane gaan dit 'n piek kleur wys net soos met die geld wat gesteel word is daar ook 'n dye daarin. Dan sal die snuiters gevang word.

Ek bied my dienste aan, los hulle net so 'n dag by my. Ek wil die selfde aan hulle doen wat hulle aan die diere doen, ook lewend. Dan los. Net soos hulle die diere gelos.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Neushoorn/Renoster!
« Reply #3 on: September 09, 2011, 02:11:32 PM »
Ek het 'n plan Trappies.  Jy kan die ouens, een vir een,  nakend aan 'n paal vasmaak in die lammerkamp. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Neushoorn/Renoster!
« Reply #4 on: September 11, 2011, 03:30:31 PM »
Ek wonder hoe die moontlik is dat die ouens nie gevang word nie. Die eintlike stroper van die horing is immigrante, legal / illegal wat gevang / gewond / gedood word, maar die ouens vir wie die horing gebring word en die geld uitbetaal, word nie gevang nie. Hoekom nie?
Sekerlik sal die klomp wat gevang word praat. Of is daar meer agter die stroping as wat ons weet?
Stropers is ryk. Die ouens kry miljoene vir hierdie stuk haarhoring wat eintlik niks aan jou korasie KAN doen nie. Hulle betaal hul borggeld met 'n glimlag want hul weet daar is nog miljoene waar dit vandaan kom.
Of die 'gif' waarmee die arme diere se horings ingespuit gaan word so 'n goeie ding is, sal ons moet sien. Kan nie dink dat hulle dit nie getoets het nie.
En soos Trappies se, die kleurstof gloei onder 'n infra lamp.
Dat die diere gehelp en beskerm moet word, is 'n uitgemaakte saak. Net soos ons Perlemoen en vele ander spesies.
Ons sal maar sien.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Neushoorn/Renoster!
« Reply #5 on: October 02, 2019, 02:14:13 PM »
Ek lees nou weer hier en wonder of die chinese besef dat die gemaalde seksorgane van die renosterjagter 'n groter opkikkermiddel is as die horing van die renoster self...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.