Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings
langste woord
adele:
http://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/langste-woord-in-afrikaans/
help julle, ek soek daardie langste woord met die klomp w's wat ons saamgestel het, dalk kan Meraai dit vir hulle aanstuur
Meraai vannie Baai:
Adele ek het hierdie netso uit die woordeboek waar ek ons w-woorde bewaar het, gaan haal. Ek glo nie daar is nog so 'n gedig in Afrikaans nie LOL! Sal gaan loer waar ons met die woorde gespeel het vir die langste woord. Intussen geniet die hoor :book1: :notworthy:
Posted Desember 1st, 2010 by Meraai vannie baai
Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:
Weggesteekte Westerse Woesteling;
Waardige Wederhelf Willie Wetie
Woon Wrintiewaar Wel Waar
Wonderbaarlike Woordryke
Woesterse Webwerf-Wesies
Weekliks, Wille-Woeste-Woorde
Wat Weliswaar Watertand Werk,
Wedersyds Wêreldwyd Wil Werf
Woerts-Warts Woepsie-Wapsie
Word Woord-Wurms Warmbloedig
Weë Wielie-Walie-Werkskeppende-Walse
Werklik Weergaloos-Welgesproke
Willekeurig Wikkelende Wa-Wyd Wakker
Weet Wetsgehoorsame Weetgierige Wysneus Wat?
Wie Wonder Wydoog Waaroor Wou
Weleerse Wyle Watsenaam;
Wynsuipende Wouter Wyngardt Wessels
Wraggies Wraakgierig Wrokkig
Weereens Woordloos, Wantrouig Worstel
Wyl Wasige Warrelende Woud-Winde Wragtag
Weens Woelige Werkers, Weswaarts Wegswaai
Want Wriemelende Warmhakskeentjie-Wesens;
Wafferse W-Woorde-Wysneus-Wewers,
Wil Waarskynlik Weer Wondermooie
Weelderige Wonings Waardevol Weef Want
Weeksblaaie Weerspieël Weggesteekte Waarhede:
Welsyns-Werkgewers Wys Wederregtelik
Werklik Weinig Weerlose Weduwees
Wanhopig Werkloos, Weemoedig Weg.
*In versvorm saamgestel deur 007 en is gedeeltelik geskoei op die Tongue Twister Poem struktuur
PM:
Lekker om jou raak te lees Raaitjie. Dankie vir die inligting. Ons het darem heerlik gewoeker met die wille w's. :icon_biggrin:
Meraai vannie Baai:
Lekker ou dae gewees ne :bootyshake: Woordpret uit die boonste rakke :love7:
PM:
Ons maak weer so! :bootyshake: Daar wag harde werk vir boek twee, maar dit is waar die pret inkom. :icon_biggrin:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version