Author Topic: Meerminborsies  (Read 10349 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Meerminborsies
« on: April 21, 2011, 10:53:43 AM »
Op die kusdorpie Spoelsloot, net anderkant Pramberg aan die noordkus van Suid-Afrika is daar ‘n restaurant wat daarop roem dat hulle enige eksotiese dis binne 90 minute kan berei en voorsit.
As jy hulle verkeed bewys wen jy ‘n Hummer met genoeg petrol in om die volgende dorp te haal.
Hier in die Kaap is daar ‘n fynproewer wat besluit hy gaan hulle aanvat op daardie breggerige aanspraak van hulle.
Hy vra toe ‘n vlieeniersvriend van hom om hom op sy volgende oorvlug daar uit te gooi met ‘n valskerm want hy wil nie met ‘n motor opgeskeep sit as hy die Hummer gewen het nie.
So gevra, so gemaak.
Die Vrydagaand net voor etenstyd val die ou toe ook daar uit en hy besoek sommer dadelik die restaurant nog voor hy by die gastehuis inboek.
Hy sit aan en bestel die volgende disse.
Voorgereg: Een Devil’s fork saamgestel uit sampioene gepluk teen die westerhang van die kranse van Dover.
Hoofgereg: Gebraaide Paddaboutjies uit die reënwoud van die Sahara en slakke uit die tuin van eden.
Nagereg: Groen vla uit Oostenryk.
Binne sestig minute word die stomende geregte vir hom voorgesit.
Die volgende dag, Saterdag, dink hy daaraan om bietjie meer eksoties te gaan en hy bestel.
Voorgereg: Emo vlerkies, diepgebraai in die olie van die Erike knolle uit Switserland.
Hoofgereg: Een draakeier geroerbraai saam met medium gaar lendesnit van ‘n eenhoring perd. Alles die saam met bloureis uit die Amazone rivier.
Nagereg: Indiese chokoladebier.
Hierdie keer neem dit sewentig minute voor die heerlike geregte en hul aromas aan hom voorgesit word.
Sondag middag besluit hy dis nou of nooit. Hy wil die middag nog met die Hummer vertrek sodat hy Dinsdag weer in die Kaap kan wees vir ‘n vergadering.
Hy bestel.
Voorgereg: Twee trolfrikkedelle toegedraai in biesies uit die nyl.
Hoofgereg: Die linkerbors van ‘n meermin, in skywe gesny en gaargemaak saam met eiervrug uit Rusland. Saam met dit Geposjeerde olywe uit Jerusalem. Alles dit bedien op twee sny varsgebakte brood met ystervarkvet.
Nagereg: “n lekker koppie parafienkoffie.
Tagtig minute later sien hy die kok hardloop nog benoud rond. Toe die 90 minute verstreke is kom die bestuurder van die restaurant na hom toe met die Hummer se sleutels. Vra nederig om verskoning omdat hulle nie sy bestelling kan uitvoer nie.
“Ek het geweet julle sal nie die linkersbors van ‘n meermin in die hande kon kry nie.” sê hy welvoldaan.
“Nee Meneer,” antwoord die bestuurder. “Op hierdie dorp van ons kry mens op ‘n Sondag nêrens vars brood te koop nie.”


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meerminborsies
« Reply #1 on: April 21, 2011, 11:07:26 AM »
... en het jy nog die Hummer?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Meerminborsies
« Reply #2 on: April 21, 2011, 01:59:34 PM »
... en het jy nog die Hummer?   :icon_biggrin:

Ai PM, kyk jy nou so in jou ooglede vas!  Naas was mos net anderdag nog by jou huis met sy Hummer.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meerminborsies
« Reply #3 on: April 21, 2011, 03:01:45 PM »
Ag ek vra maar net of hy dit nie intussen gesmous het vir 'n meerminnetjie nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Meerminborsies
« Reply #4 on: April 21, 2011, 06:26:13 PM »
Ek wou maar sy het net een borsie gehad. :evil6: Nie 'n goeie ruil nie. :nono:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Meerminborsies
« Reply #5 on: April 21, 2011, 07:50:50 PM »
Voorwaar voorwaar ek seg vir jou,  een meerminborsie vir 'n Hummer kan nie werk nie!  Ek is so bly om te sien jy het nog al jou varkies op hok!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Meerminborsies
« Reply #6 on: August 29, 2018, 04:23:44 PM »
Soms is ek dankbaar vir skouerlees want met my Alzheimer's light vergeet ek partykeer van die goes wat ek geskryf her.

 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Meerminborsies
« Reply #7 on: August 29, 2018, 06:30:59 PM »
Lekker gelees  :toothy4:
Kamp is koning!