Author Topic: Blaredroom  (Read 3085 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Blaredroom
« on: June 08, 2011, 01:59:22 PM »
Kom wees vir my die stut
waaraan ek vas kan klou,
sus my op brieswindwals
en sag blaarritseling
tot veilig sluimerend
in jou takarmbed

strek jou takke wolkehoog
waar drome waar kan word
en geen onheil by kan kom,
as lewensstorme woed
hou my stingel stewig vas 
en draai my rukkend weg

kom drink in reënseisoen
dorstig druppels op my lyf
voed jouself met lafenis
en groei tot volle prag,
kreunend in  gewig
van ons liefdesvrug

kom wees in lente
pienk en wit beloftes
van altydliefde feeverhaal,
in warm somerhitte
koelte skuilplek
waar ek rus kan vind

kom wees vir my, my lief
die anker in my lewe,
die rede waarom ek
groen en  helder skyn

kom wees
my boom
vandag.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Blaredroom
« Reply #1 on: June 08, 2011, 06:03:05 PM »
kom wees my stut....my boom vandag, dit is 'n grootse gedig.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Blaredroom
« Reply #2 on: June 08, 2011, 06:20:03 PM »
Baie dankie, jong.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blaredroom
« Reply #3 on: June 10, 2011, 09:04:28 AM »
Ai, ai, ai!  Dis die "antie" wat sê sy kan nie skryf nie!  Dit is voorwaar 'n grootse gedig!  Puik geskryf Gawie.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Blaredroom
« Reply #4 on: June 10, 2011, 01:17:21 PM »
Ai PM, dis mos maar net my maatjies wat dink dis goed, maar ek glo julle altooslik want julle lieg nooit vir my nie. baie baie dankie hoor.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blaredroom
« Reply #5 on: June 11, 2011, 08:55:21 PM »
Hê-hê,  lag ek vir jou.   :icon_biggrin:

Vandag was ons by 'n wynplaas waar die rooi-rooi wingerdblare die aarde oordek het.  Dadelik het ek aan jou gedink en vir Hannes gesê,  neem 'n foto,  dit sal so mooi pas by Gawie se gedig,  blaredroom.  Toe ek nou weer die gediggie lees toe wonder ek hoekom dit my aan hierdie gedig laat dink het?  Sodra ek die foto's aflaai kry jy 'n kopie gehoor! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Blaredroom
« Reply #6 on: June 12, 2011, 02:35:37 PM »
Dankie PM. Ek kan nie wag om dit te sien nie.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Blaredroom
« Reply #7 on: June 12, 2011, 04:49:16 PM »
Hierdie is werklk 'n uitsonderlike seermooie gedig. Jou woordkeuses is wondermooi."Brieswindwals"' "blaarritseling" ens. Hou van die metaforiese beeld van die kragtige boom wat beskerm en beskut. Lankal vir jou gese jy onderskat jouself.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Blaredroom
« Reply #8 on: June 12, 2011, 05:04:11 PM »
Dankie Edelsteentjie. Ek waardeer dit soveel meer omdat die kommentaar van jou af kom.  Die beeld wat ek gebruik is inspirasie van 'n vriend wat vir my gesê het ek laat hom altyd aan blare dink en dat ek 'n sterk boom nodig het wat my moet beskerm. Jy het dus die spyker op die kop geslaan met jou interpretasie. Baie van my skryfsels het hulle ontstaan uit gesprekke wat ek met mense het.  Ek weet nie of ek myself onderskat nie.  Of dalk soek ek net op verkeerde plekke, maar nêrens waar ek dit inskryf, bereik dit iets nie.  Gelukkig skryf ek dit omdat ek 'n behoefte het om dit te skryf en omdat dit vir my terapeuties is.  Dis altyd lekker as jou vriende dink dis gaaf genoeg om te lees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blaredroom
« Reply #9 on: June 13, 2011, 04:33:21 AM »
Hê-hê,  lag ek weer vir jou Gawie.   :icon_biggrin:  Dit is so lekker om te sê:  "Ek het jou mos gesê."   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Blaredroom
« Reply #10 on: June 13, 2011, 05:17:19 PM »
mmmmmmmm en ek het jou mos gesê daar sal niks van kom ook.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Blaredroom
« Reply #11 on: June 15, 2011, 10:18:01 AM »
Sjoe, hierdie woorde tref diep. Die hoop om in elke seisoen daar te kan wees en saam te kan groei. Elke fase te kan deel. Uitsonderlike slot en 'n hunkering wat diep sny.