Author Topic: Waaraan meet jy Sukses ?..  (Read 9025 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Waaraan meet jy Sukses ?..
« on: December 09, 2011, 06:00:01 AM »
Almal het hule eie idee wat sukses is.
Waaraan meet JY sukses?

Ek?  Oh my word... 
Ek het al suksesvol gewig opgetel, afgeval, opgetel, afgeval, opgetel.... en ken elke detail van al die diets in die boek. Gewig verloor en slank gebly?  Onsuksesvol.
Ek het al suksesvol buite geslaap sonder 'n tent.  Suksesvol?  Geen leeu was naby my tone nie.  Dalk het ek hulle weg gesnork.
Ek het al suksesvol 'n eier gebak en in jou bord gesit sonder dat die geel breek en orals uitloop.
Ek het al suksesvol 'n onderhoud gehad vir die job van sekretaresse sonder dat ek nog ooit in 'n kantoor gewerk het. Was nog net 'n bankklerk.
Ek het suksesvol van my verlede met al sy trauma weggekom en voel so suksesvol dat ek oor die maan wil spring.
En eendag wanneer ek daardie Goue Bankkaart in my beursie gaan sit, sal ek uiteindelik smaak wat dit is om van die sak skuld ontslae te wees wat 'n eks kan nalaat.  Nie dat ek sukses aan 'n goue bankkaart koppel nie, maar in my geval is dit die teken van MY kurwe wat heeltyds opwaarts loop.

Waaraan meet JY sukses?
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #1 on: December 09, 2011, 06:02:03 AM »
En die grootste sukses wat ek al bereik het....  Ek het my kind alleen grootgemaak met die minimum geld en tot 'n suksesvolle man sien vorder.
DIT is die grootste sukses in my lewe.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #2 on: December 09, 2011, 06:22:48 AM »
Net een leerder in my klas het die jaar gedruip.
Ek het twee gereelde kopers vir my kerse gewerf.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #3 on: December 09, 2011, 06:56:17 AM »
Dit fantasties, Naas.  Net een leerder wat druip uit 'n klas van hoeveel?
Nou DIT spreek van toegewydheid aan sy beroep.
Kerse?
Waar sien ons jou kerse?  Hierdie tyd van die jaar wil ons almal baie kerse he.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #4 on: December 09, 2011, 09:40:00 AM »
Ek meet sukses aan die "tevredegevoel" wat ek ervaar as ek 'n projek afgehandel het. 
Dit gebeur ook nie altyd met die eerste probeerslag nie.  Dit is juis die "stoei, spook en bloei" of "weerprobeer" of die "oor doen" wat sukses tot gevolg het. 

As almal regverdig betaal word vir dienste gelewer, kon 'n mens sukses aan geld toeskryf, maar ons weet almal dat dit nie so werk nie.  Baie "suksesvolle besigheidsmense" in ons land het lang vingers. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #5 on: December 09, 2011, 10:13:45 AM »
Waaraan meet jy Sukses?... Geluk!

Aan geluk, as daar liefde is, is daar geluk so ek meet sukses nie oor waar jy jou in jou lewe bevind nie, maar aan geluk en liefde.

O Angelica, jy moet Naas se Kerse sien, vreeslik mooi, en glad nie duur nie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #6 on: December 09, 2011, 04:17:16 PM »
http://www.facebook.com/media/set/?set=a.1536078809334.2070354.1455766201&type=1

Probeer die link na my FB fotos. Hoop dit werk, daar is 'n paar kerse. Ek maak egter al 'n groter verskeidenheid en moet 'n slag opdateer.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #7 on: December 09, 2011, 07:09:47 PM »
Oh my word... dit is pragtig.  Waar sien ons hulle in die vlees?
Het sommer jou FB troufoto's gesien.
Kinders is kosbaar.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #8 on: December 09, 2011, 08:56:54 PM »
Die kerse is een van 'n soort. Die "skaduwee" kerse kan nie anders nie omdat die kleur in die vorm gemeng word. Ek maak gewoonlik so drie of vier en as ek die eindprodukte sien besluit ek watter prentjies ek in swart daarop wil sit.
Die kerse kry hul eie put en kan dus op hul eie brand maar hulle vertoon ook goed as jy 'n gewone kers agter hulle brand sodat die lig deur hulle skyn.
Die Groot Vyf kerse maak ek deesdae net op bestelling met swart agtergrond en swart was-staander. Ek het ook kleiner kerse met elke een van die groot vyf op sy eie.
Ek maak nie voorraad van die kerse nie omdat hulle stof gaar en as dit te warm word in my klas is hulle geneig om te buig. In die huis waar dit nie so warm word nie kom hulle egter niks oor nie.
Ek sal Maandag van my ander kerse op FB plaas. (Met 'n pryslys.)
Al die kerse word in my klaskamer gemaak en ek het nie 'n plek om hulle uit te stal nie. Ek maak meestal kerse vir troues en verpersoonlik dit met name en troudatums.
Bel maar as julle naby Bellville is dan kan ek reel om die kerse vir julle te wys. Ongelukkig is die Skadukerse op die fotos reeds almal verkoop.
Sel nommer: 084 928 3990


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #9 on: December 10, 2011, 12:28:42 PM »
Wow vir jou Naas!  Dit is werklik pragtig.  Ek verstaan net nie hoekom is dit nie hier op die forum ook te sien nie, met 'n pryslys asseblief!
Plaas die foto's gratis in jou eie plekkie.  Almal kan hul kunswerk in hul eie plekkie uitstal en pryslyste bysit.  Kom ons ondersteun mekaar.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #10 on: December 12, 2011, 12:27:32 AM »
Ek het dadelik gaan loer Naas en dit is WOW-pragtig (Willa se woord wat ek raakgelees het pas perfek hier  :love7: )

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #11 on: December 12, 2011, 09:14:52 AM »
 :hello:

Dit is werklik, werklik besonders! Kan jy ook kerse maak wat 'n mens beskryf soos bv. 'n swanger vrou met 'n rooi kleed met die aarde onder haar voete, drie paar vlerke met sewe sterre en 'n sekelmaan in haar hande? Of 'n woudfeetjie?
DIT IS KUNS!

Angelica, ek het regtig bewondering vir ouers en as jy alleen die mas moes opkom het 'n mens ekstra genade nodig.

Sukses vir my het te doen met verhoudings, groei, kuns en skryf. En baie keer dingetjies wat dalk nietig vir ander sal lyk- iets soos my wilger wat uiteindelik weer beter lyk en groen takkies het.


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #12 on: December 12, 2011, 02:04:22 PM »
Huh? Nee... Maar ek kan brul soos 'n leeu as dit sal help...?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #13 on: December 12, 2011, 02:11:38 PM »
 :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waaraan meet jy Sukses ?..
« Reply #14 on: December 12, 2011, 08:59:36 PM »
Naas, ek dink nie daar is 'n uitdaging wat te groot is vir jou nie.  Waar 'n behoefte is sal jy voorsien.  Bring asseblief jou kerse en as jy 'n probleem het met die plasing daarvan, skree net.
Om te weet is om te verstaan.