Die kuierstoep > Kom kuier saam
Waaraan meet jy Sukses ?..
Angelica:
Almal het hule eie idee wat sukses is.
Waaraan meet JY sukses?
Ek? Oh my word...
Ek het al suksesvol gewig opgetel, afgeval, opgetel, afgeval, opgetel.... en ken elke detail van al die diets in die boek. Gewig verloor en slank gebly? Onsuksesvol.
Ek het al suksesvol buite geslaap sonder 'n tent. Suksesvol? Geen leeu was naby my tone nie. Dalk het ek hulle weg gesnork.
Ek het al suksesvol 'n eier gebak en in jou bord gesit sonder dat die geel breek en orals uitloop.
Ek het al suksesvol 'n onderhoud gehad vir die job van sekretaresse sonder dat ek nog ooit in 'n kantoor gewerk het. Was nog net 'n bankklerk.
Ek het suksesvol van my verlede met al sy trauma weggekom en voel so suksesvol dat ek oor die maan wil spring.
En eendag wanneer ek daardie Goue Bankkaart in my beursie gaan sit, sal ek uiteindelik smaak wat dit is om van die sak skuld ontslae te wees wat 'n eks kan nalaat. Nie dat ek sukses aan 'n goue bankkaart koppel nie, maar in my geval is dit die teken van MY kurwe wat heeltyds opwaarts loop.
Waaraan meet JY sukses?
Angelica:
En die grootste sukses wat ek al bereik het.... Ek het my kind alleen grootgemaak met die minimum geld en tot 'n suksesvolle man sien vorder.
DIT is die grootste sukses in my lewe.
Naas:
Net een leerder in my klas het die jaar gedruip.
Ek het twee gereelde kopers vir my kerse gewerf.
:icon_bigsmurf:
Angelica:
Dit fantasties, Naas. Net een leerder wat druip uit 'n klas van hoeveel?
Nou DIT spreek van toegewydheid aan sy beroep.
Kerse?
Waar sien ons jou kerse? Hierdie tyd van die jaar wil ons almal baie kerse he.
PM:
Ek meet sukses aan die "tevredegevoel" wat ek ervaar as ek 'n projek afgehandel het.
Dit gebeur ook nie altyd met die eerste probeerslag nie. Dit is juis die "stoei, spook en bloei" of "weerprobeer" of die "oor doen" wat sukses tot gevolg het.
As almal regverdig betaal word vir dienste gelewer, kon 'n mens sukses aan geld toeskryf, maar ons weet almal dat dit nie so werk nie. Baie "suksesvolle besigheidsmense" in ons land het lang vingers.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version