Author Topic: Nuwe Begin.  (Read 6176 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Nuwe Begin.
« on: December 08, 2011, 11:01:33 AM »
Het enige iemand al daaraan gedink om alles te verkoop en erens tussen niks en nerens 'n stukkie grond te koop en totaal van die grond te leef en die bietjie inkomste wat die grond jou kan bied?

Ek begin al hoe meer die gedagte te koester. Ek is net te bang. Dis dalk te veel vir ons. Wat as dit nie werk nie? Waar gaan ons dan heen? Ons kan nie regtig weer van voor begin nie.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nuwe Begin.
« Reply #1 on: December 08, 2011, 11:26:36 AM »
Verdomp Trappies. Ek sukkel al my hele lewe om van die grond af te kom nou wil jy terug grond toe.    :sign10:

Nee, ernstig nou. Waar gaan jy plaas koop. Ek wil langs jou kom bly. Ons moet net seker maak die grond gaan nie deur Julius onteien word nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #2 on: December 08, 2011, 11:37:08 AM »
Wat van ons koop almal saam een plaas, met ons voete onder een tafel en ons skoene onder een bed?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Nuwe Begin.
« Reply #3 on: December 08, 2011, 01:19:25 PM »
Ju-ju is mos baie lief vir ons. Hy sal mos nooit nie.  :`ip2:  :icon_biggrin:

Nee jong ek is te bang anders het ek dit al gedoen. Wat van Clanwilliam? Lekker effens warm in die somer en lekker effens koud in die winter. Naby die warm baddens dan kan ons gaan swem in die winter.  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

 :dontknow: Ek voel net soms ek kan alles verkoop en weg kom van die gemaal, maar dan kom daai lastige stemmetjie van rede en ek trek weer klein koppie.  :crybaby2:

 :angel12:


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Nuwe Begin.
« Reply #4 on: December 08, 2011, 01:57:03 PM »
ek dink as ek nie getroud was en kinders gehad het nie het ek dit gedoen, mosambiek toe, duik en dlak sommer uit duik geld verdien.

ek het te veel verantwoordelikheid om dit te doen, soos trappies seg dis 'n moerse kans
maar eintlik doen ek seker waarna trappies verlang, maar soos PM seg ons stoei steeds om bo uit te kom.
Dis maar in jou in, as jy skuif en eenvoudig lewe weg van die gejaag....dan is dit in jou ingeteel om so stadig aan meer en meer te wil doen en op die ou end brei die dinge uit en jy is weer in die gemaal van die lewe.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Nuwe Begin.
« Reply #5 on: December 08, 2011, 02:28:13 PM »
Lox, jy het hom nogal reg. Net jy is nog te na aan die dorp of beskawing. Moet by sit, dit sal my glad nie pla om so naby al die lekker wyn plase te bly nie  :toothy4:  :dontknow: glo nie ek sal ooit instaat wees om vinniger te werk nie  :dontknow: kan nogal werk dink ek  :icon_biggrin:

Nuut begin, sal vir my beteken 'n plek so tussen niks en nerens (het my oog op 'n plek wat ek seker net in my oog sal hou tot iemand anders hom koop  :icon_scratch:) Bou van 'n huis van die grond wat totaal selfversorg moet wees. Geen krag van die man wat so 'n wilde salaris huistoe vat nie, wind aangedrewe of son verbrand aangedrewe. Ek ken nou nie so lekker van die goed nie, maar ek wil totaal onafhanklik van enige instansie wees. Dis vir my 'n nuwe begin.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #6 on: December 09, 2011, 08:44:42 AM »
Wind- en sonstelsels is vinnig besig om te groei in ons land.  Dit sal egter nog 'n geruime tyd duur voordat ons normale huishoudings dit ekonomies kan toepas.  Tans kos dit plus R200,000.00 om jou huis van die huidige stelsel af te haal.  Indien jy 30 jaar of jonger is kan dit vir jou voordelig wees, anders is dit nie ekonomies nie.  Ek dink ons moet dit eers kans gee om deur die groeipyne te kom.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Nuwe Begin.
« Reply #7 on: December 09, 2011, 10:00:21 AM »
'n Duur storie die as mens selfversorgend wil wees. Hulle is seker bang almal doen dit dan sit hulle sonder werk en wie gaan dan vir al die vakansies betaal.  :`ip2:

Nee wat, as ek nou kon, het ek vir my 'n huis gebou wat totaal niks van enige iemand kry nie. Nie water nie, nie krag nie, nie riool nie. Vrek ons betaal ons half dood aan Riool. Eish en ek gaan nie eers so baie nie.  :pottytrain2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #8 on: December 09, 2011, 10:32:25 AM »
 :toothy4:   :pottytrain2:   :bootyshake: 

Julle wil nie weet wat die stadsraad ons ruk vir krag en water en dienste en en nie. 
In Sjina het Hannes hierdie wind-kragopwekmetode gesien.  'n Kleintjie, net genoeg vir jou en nog sommer almal in jou straat ook.  Hulle het dit in die saal gehad en dit aangedryf met 'n waaiertjie.  'n Gewone huiswaairtjie.  Dit gaan beslis  nog die wêreld oorneem.
Ja, ons het gelag, want as jy nie wind het nie, het jy 'n kragpunt nodig om die waaiertjie mee te bedryf.   :icon_biggrin:  'n Kragopwekker sal seker ook werk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #9 on: December 09, 2011, 07:40:14 PM »
Ek wil daagliks veld in of berge oor.
Hierdie gewoel in die stad maak my vreesbevange.  Ek sal agter 'n duin bly in 'n tent as ek net kan. Moet darem naby 'n kraan wees.
Ek is werklik opgestress in die verkeer. 
En wanneer ek by my plekkie kom, is daar bo my hierdie 3 kreature wat suip en raas tot morelig.  Aan die regterkant is 'n kleuter wat nooit ophou huil nie en dan verskree sy ma hom.  Links van my is ouens wat suip en hul Jack Parow-musiek speel met oop deure en vensters.
Soos my ma sou se:  Wou vlugte maar kon nergens heen.
Wat van ons almal koop daai stuk grond en maak 'n kibboets van hom?
Kan werk.
Ek skoffel net nie.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nuwe Begin.
« Reply #10 on: December 09, 2011, 09:05:37 PM »
"Ek skoffel net nie."  Nie eers Vrydagaand by die boeredans nie?   :`ip2:








 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #11 on: December 10, 2011, 07:38:06 AM »
Laat my nou dink aan die oertyd toe ons grootouers sulke 'skoffel-aande' gehou het en almal in die omtrek bymekaar kom vir 'n skoffel-sessie.
As 'n boer 'n land mielies of koring of wat ookal gehad het wat ge-oes moes word, kom die hele kontrei bymekaar vir 'n geskoffel die aand en 'n gewerkery in die lande die volgende dag.  Almal is betrokke en voor jy weet is die werk gedoen.
Laat my dink: 'Waar ons die swaarkry met lekkerkry klaarkry'.  Het ek hierdie al by die US gesien?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #12 on: December 10, 2011, 11:52:55 AM »
As kind het ek my pa se droom, om 'n weeshuis te begin, gedeel.  Dit was maar net een droom wat nooit gerealiseer het nie.
Hier buite die stad is 'n "plaas" waar allerhande dinge gebeur.  Een ou maak kaas, 'n ander biltong, 'n ander lê ingemaakte "goeters" in, 'n ander maak skoene, 'n ander boer met hoenders en so gaan dit aan.  Daar is 'n kunsgalery met die mooiste skilderye en handgemaakte "goeters" en om alles te bekroon loop die mooiste rivier daardeur.  Die tuiniers hou alles in stand buite en dit is 'n fees vir die oog.  Klein bankies teen die rivier waar jy die ganse en eende kan voer en ag, dit is net te mooi vir woorde. 
Dit was my ander droom wat ook seker nooit sal realiseer nie, tensy ek die lotto wen en my kans om swanger te raak is baie beter!
Ek weet verseker dat dit 'n konsep is wat net kan werk, as 'n mens dit net eers aan die werk kon kry!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nuwe Begin.
« Reply #13 on: December 12, 2011, 10:01:14 AM »
 :hello:

Die ding van 'n nuwe begin is dat jy jouself altyd saamneem.

Ek en my man het ook al dikwels gepraat oor 'n "gypsy-lewe" ( so met die rooiwyn en Radiohead saam.)  :icon_biggrin:
Hy was laas week met verlof, maar is elke dag gebel en moes op die ou end wel twee dae ingaan werk toe. Dit is sulke tye dat 'n mens wel wil wortels uittrek en in 'n karavaan gaan lewe van dorpie tot dorpie.

Ek sal spesiale tee-brousels maak en die mense se blare en palms lees en hy kan dan al die praktiese goeters doen.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe Begin.
« Reply #14 on: December 13, 2011, 04:57:19 AM »
Net vir my laat weet as jy 'n "kommieteelid" nodig het Trappies.   :icon_biggrin: 
Ek help graag.  :angel4:

Hoe lank sal 'n mens so 'n "kommer vrye" bestaan voer voordat jy moeg is daarvoor?
So baie mense het altyd vir my gesê ek is soooo gelukkig om so van plek tot plek saam met Hannes te toer.  Tog het dit ook unieke nadele gehad en "pret en plesier" het naderhand verander in "shlep en suur". 
Om te weet is om te verstaan.