Author Topic: Alleenkinders en Alleen Kinders...  (Read 2991 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Alleenkinders en Alleen Kinders...
« on: December 05, 2011, 05:46:28 AM »
Ek sien PM se kommentaar op Louis se O Sole Mio waarin sy laat deurkom dat sy 'n alleenkind was.
Ek het net een kind.  Baie aandag gekry van Ma, maar min vriende gehad.  Wanneer hy wel vriende gemaak het, was dit met net een maatjie wat tot na skool vriende gebly het.  Hy het wel ander sibs,  stief sibs, maar daar is nie kontak nie.  Hulle het nooit saam met ons in die huis gebly nie.
Hy was alleen en 'n alleenkind.
Ek weer was al dogter tussen vyf seuns, erens in die middel.  Altyd alleen en 'n alleen kind.  Selfs op skool nie vriende gehad nie.  Ek is al anti-sosiaal genoem, maar ek kan ook lekker kuier en uitreik na mense.  Maar ek laat bitter min mense na aan my toe.
Jy kan alleen wees tussen honderde en jy kan baie sosiaal wees met twee.
Soms wens ek ek kon 'n suster gehad het.  Dalk sou ek dan nie so 'anti-sosiaal' gewees het nie.
Wonder hoe dit moet voel.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Alleenkinders en Alleen Kinders...
« Reply #1 on: December 05, 2011, 07:46:45 AM »
Skuus EllĂ©, dit moes "alleen meisiekind" gewees het. My pa se grootste droom was om 'n weeshuis te begin en hy het altyd al die "weeskinders" in die familie onder sy vlerk geneem.  Saam met my drie broers was daar agt seunskinders in ons huis. 
Ons was nie arm nie, ons was vrekarm.  Dit het daartoe bygedra dat ek 'n "eenkantkind" was. 
Om te weet is om te verstaan.