Author Topic: Vergewe en Vergeet ?  (Read 4591 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Vergewe en Vergeet ?
« on: December 05, 2011, 05:31:20 AM »
Na aanleiding van Adele se kommentaar op my resep vir Suurlemoen Kaaskoek oor ek nie bak en brou nie omdat ek nog nie na sewe jaar van herstel, weer begin kook en bak het nie.
Dit neem my vyf volle jare om te herstel na 'n traumatiese huwelik en egskeiding waarin die skoonma baie betrokke was en amok gesaai het.
Na hierdie vyf jaar moet ek weer die nes verlaat waar ek weggekruip het vir mens en wereld.
Ek besef dat die ander partye in die saak nog nooit dit as traumaties ervaar het nie en ek die enigste is wat trauma beleef en van koers is. Dit maak my woedend.  Dit het my laat besef dat ek alleen erns gehad het met my huwelik.  Dat ek die hele tyd teen satan self alleen baklei het.
Om te oorleef moes ek vergewe:  Eks, skoonma, skoonsuster, stiefdogter.  By wie begin jy en wie los jy uit?
Vergifnis is 'n verskriklike werk.  Jy moet reg by die begin begin en niks uitlos nie, wat natuurlik baie tyd vat, want snags as die res van die wereld slaap, kom al die spoke uit, een vir een, om jou te teister. 
Gedurig dink jy.  Gedurig wonder jy of jy nie meer moes doen, meer moes opvreet, net om die vrede te bewaar nie.
Uiteindelik, op 'n dag, besef jy dat dit nie net jou skuld was nie.  Daar was after all vier ander partye in die fight - vier teen een.  Hoe kon ek wen?
Ek moes finansieel, sonder enige hulp behalwe my seun wat blyplek gegee het vir myself en die paar bokse waarin ek 'n paar goed gegooi het, weer die mas opkom.  Byplek is vreeslik duur en ek verdien omtrent net soveel soos wat 'n enkel-woonstel kos.  Sprake van 'n motor is daar nie.  Nou nog nie, maar dit is die minste van my bekommernisse op hierdie tydstip. 
Wat ek wil se is, ek het vergewe.  Ons het almal ons swakhede.  Sommige s'n is net meer intens as ander s'n.
Maar vergeet?  Nooit.  Ek sal altyd die herinneringe he van 'n huwelik wat nie gewerk het nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #1 on: December 05, 2011, 08:26:25 AM »
Mooi vir jou Ellé, hulle is in elk geval nie een van jou trane werd nie.  Hulle is "effens foektoep". Effens soos in effens baaaaaie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #2 on: December 05, 2011, 02:48:46 PM »
Elle, ek het 'n paar maande gelede besef hoe verskriklik verkeerd party mense is en hoe verkeerd ander dink. hoe durf enige mens op hierdie aarde 'n ander skade aandoen - en ander dan nog dink dis maar reg so?
nou kan ons voorbeelde noem van besigheidkroekery, jaloesie in werksituasies, nydigheid, skynheiligheid ens ens
maar eintlik wil ek kom by verhoudings. hoe durf iemand sy/haar maat in 'n verhouding/huwelik emosioneel en/of fisies aftakel? vir elkeen wat dit doen wil ek vra - wie dink jy is jy om jou beter aan te stel as jou maat? jy is 'n gruwelike klad op ons skeppingsbladsy.
ek het self jare lank onder die fynste emosionele afkrakery deurgeloop; soms so fyn, ek het dit nooit besef nie. dit was maar net 'n deeltjie van skande en vernederings waaraan ek gereeld onderwerp is. ek wil nie vandag meer daaraan dink en daarop uitbrei nie. al wat ek weet is dat dit my VaderGod baie besig gehou het om my staande te hou in daardie jare.
maar, waarby ek wil kom is raad wat ek gekry het by 'n kursus om myself weer te kon oplig en my kop op te tel:

[die blokkie wil my nie toelaat om aan te gaan nie...]

[[[laat ek weer probeer want ek wou graag hier sê: wat volg is nie 'n preek nie, dit is net my eie belewenis van die lewe en die kursus wat ek gedoen het.]]]
« Last Edit: December 05, 2011, 03:29:41 PM by adéle »
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #3 on: December 05, 2011, 03:07:38 PM »
.............. die kernpunt vir my was toe ek geleer het om vergifnis 'n wilsbesluit te maak en te besef ek gaan lank daaraan werk. toe kon ek elke seer daad van vernedering en skande en die persone wie my dit aangedoen het, vergewe. ek het geleer om my gedagterigting te verander elke keer wanneer ek aan seer en haat gedink het deur dadelik aan iets mooi en goed te dink, selfs al was daar net enkele dae deur die jare wat iets moois opgelewer het. maar elke keer het ek doelbewus my oë gesluit en my Here gevra om my te help vergewe.
Hy doen! glo my maar, al voel dit nie so nie. mens hoef nie hoendervleis of rillings te ervaar nie, net stilte in Sy Teenwoordigheid.

en die belangrikste van vergifnis is dat jy jouself kan verlos uit daardie situasies. vergifnis beteken jy moet aangaan met jou lewe. moet nie daardie haat gereeld uit die donker kas haal, blink poets en dan weer wegpak tot volgende keer nie.
en: jy hoef nooit weer 'beste' man/ vrou/ skoondogter/ skoonseun/ kollega/ vriend/in te wees nie. jy hoef nie weer enige iets van daardie persoon te wees nie. gaan aan met jou lewe.

ek moet bieg, ek het lank gesukkel met hierdie konsep, maar toe ek dit eers verstaan het, het niks my weer gekeer nie. en julle wat my simpel dramatjie op woesforum saam met my beleef het kon my vreugde van vergifnis saam met my beleef. toe was ek so bly ek kon vergewe, anders sou ek jare lank onder daardie vernedering en selfverwyt moes leef. wat dink julle sou dan van my geword het?
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #4 on: December 05, 2011, 09:46:30 PM »
Dit is die mooiste uiteensetting van vergifnis wat ek nog ooit gelees het. Dit wys jou maar net weer, ons kan by mekaar leer, ons kan by mekaar kersopsteek, ons kan mekaar bystaan in tye van nood.  Dit is wat hierdie forum vir my kosbaar maak.  Om hande te vat en mekaar se laste te deel. 
Om te vergewe is om jouself te verlos van hel!
Hoekom wil jy 'n ander se sondes dra?  Dit is sy sondes, laat hy dit maar self dra!
Adéle, jou "dramatjies"  het my altyd baie na aan die hart gelê.  Ek haal my hoed vir jou af dat jy dit kon verwerk en 'n beter mens aan die anderkant uitgestap het. 
Ek sukkel ook nog om "kwessies" te verwerk, maar julle is 'n goeie voorbeeld vir my.  Laat elke vrotvel maar betaal vir sy eie sondes, hoekom sal ek myself siek maak daaroor?  Dit is sy sondes, laat hy/sy maar self betaal daarvoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #5 on: December 08, 2011, 09:15:42 PM »
 Uit my epos-argief:-

Once, a Junior School teacher asked her students to bring some potatoes in a plastic bag to school. Each potato will be given a name of the person whom that child hates. Like this, the number of potatoes will be equal to the number of persons they hate.

On a decided day, the children brought their potatoes well addressed. Some had two, some had three and some had even five potatoes. The teacher said they have to carry these potatoes with them everywhere they go for a week. As the days passed the children started to complain about the spoiled smell that started coming from these potatoes. Also some students who had many potatoes complained that it was very heavy to carry them all around. The children got rid of this assignment after a week, when it got over.

The teacher asked, "How did you feel in this one week?" The children discussed their problems about the smell and weight. Then the teacher said, "This situation is very similar to what you carry in your heart when you don't like some people. This hatred makes your heart unhealthy and you carry that hatred in your heart everywhere you go. If you can't bear the smell of spoiled potatoes for a week, imagine the impact on your heart of this hatred that you carry throughout your life..."

 MORAL:

* Our heart is a beautiful garden that needs a regular cleaning of unwanted weeds.

* Forgive those who have not behaved with you as expected and forget the bad things.

This also makes room available for storing good things.
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #6 on: December 09, 2011, 06:07:47 AM »
Thank you, Adele.
Hierdie gaan ek met my saamdra en wanneer ek iemand kry wat die verlede met al sy onsmaaklikhede saamdra, dit vir hulle gee om te oordink.
Hopelik sal hulle die vrot aartappels weggooi.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vergewe en Vergeet ?
« Reply #7 on: December 09, 2011, 08:13:43 AM »
Dit is 'n mooi voorbeeld. Dankie Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.