Author Topic: Waar is julle?  (Read 17001 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Waar is julle?
« on: November 28, 2011, 07:30:26 PM »
Ek skakel soveel as moontlik en praat met julle op julle selfoon. 
Ek verstaan dit is duur en ek verwag nie dat een van julle my moet skakel nie.
Dit kos egter nie 'n arm en 'n been om vir my 'n briefie in my eposbussie te gooi nie. 
Hoekom praat julle nie met my nie?
As ek nie 'n briefie skryf of 'n oproep maak nie, dan is daar net geen kontak nie.
Waar lê die probleem?
Is hier dalk iemand wat genoeg moed het om vir my die ware toedrag van sake te verduidelik?
Ellé begin op 'n gereelde basis 'n nuwe onderwerp. 
Niemand doen eers die moeite om haar te antwoord nie. 
Hier is kort-kort iemand wat iets in sy eie plekkie skryf, maar dit is blykbaar nie die moeite werd om daarop te antwoord nie.  Wat is fout?
Ek is liederlik opgestress daaroor en ek wil graag weet, waar lé die probleem?  Het ons "geliefdes vir Agrikaans" die pot mis gesit of wat is die probleem?
Moenie vir my sê jy het nie tyd nie, want jy het baie tyd om op FB of 'n paar ander programme jou sê te sê!  Hoekom kan jy my nie vierkantig in die oë kyk en sê presies waar die probleem lê nie?  Ek het jou nog altyd reguit en eerlik behandel, dink jy nie jy skuld my dit om dieselfde te doen nie?
As hierdie forum nie meer 'n doel dien nie, kom ons sluit dit.
Gaan jy maar net lees en stilletjies verby sluip of gaan jy my antwoord?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is julle?
« Reply #1 on: November 28, 2011, 07:46:50 PM »
Ek is so verskriklik jammer dat jy so voel.
Ek hoop regtig nie dat ons die punt gaan bereik dat jy die Forum moet sluit nie. 
Vir my is dit die plek waar ek kom ontspan, my gedagtes neerskryf, 'n ietsie van myself met julle deel.
Dit sal my hart breek as julle nie meer deel van my dag sal wees nie.

 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is julle?
« Reply #2 on: November 28, 2011, 08:48:34 PM »
Ellé, dit is presies hoe ek ook voel.  Elke dag teken ek in op die forum met die verwagting dat my matertjies ten minste vir my 'n paar woordjies los waarop ek kan teer vir die dag. 
Sover ek weet, het ek niks gedoen om iemand te na te kom nie. Ek is raadop!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is julle?
« Reply #3 on: November 29, 2011, 05:53:31 AM »
Daar is natuurlik soveel redes as wat daar lede is wat nie meer hier kom kuier nie.
Wat dit is wat hom daarvan weerhou, sal net die persoon weet.
Ons is natuurlik almal baie besig, meer besig hierdie tyd van die jaar.
Daar is meer werk en spertye skuif na aan na volgende jaar nie.
Miskien net 'n vyf minute van jou dag hier spandeer kan ander goed laat voel.
Ek wens elkeen wil vir jou persoonlik in 'n e-pos vertel wat die rede is vir haar/sy wegbly hier.  Slegs dan kan dit opgelos word.
Maar as jy nie weet nie, PM, sal jy nie iets aan die saak kan doen nie.
En werklik, jy is nie 'n monster wat 'n tantrum sal gooi as een vir jou vertel hoe hy voel nie.
Ek het 'n paar weke gelede my kant gebring,  miskien is daar nog iemand wat sy bydrae wil lewer in daardie geval.
elle

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Waar is julle?
« Reply #4 on: November 29, 2011, 07:38:35 AM »
Ek het hierdie kwartaal 3 grade in een klas gehad. Nou is ek veronderstel om met vakansie te wees, maar ek het 'n krat vol boeke huis toe gebring om my werk op datum te kry.  Ek is besig om stelselmatig my huis te springclean en intussen het al wat leef en beef besluit die ideale kersgeskenk vir oupa en ouma is 'n skets van al hulle kleinkinders.  Ek skets asof dit uit die mode gaan.  Voeg daarby 'n moeë liggaam wat nie kan byhou nie en wat elke middag doodruk en jy het 'n uithaler resep vir depressie.  Ek lees wel hier, maar ek het eenvoudig nie die krag of die lus om woorde te los nie. Jammer.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is julle?
« Reply #5 on: November 29, 2011, 08:12:16 AM »
As ek niks het om te se nie bly ek stil.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar is julle?
« Reply #6 on: November 29, 2011, 09:44:53 AM »
Nee wat PM ek is nie kwaad nie. Soos Naas sê. EK loer en as ek saam stem dan los ek dit, want ek wil nie 'n een lyn of een woord pos nie.
Ek geniet ook om hier te loer so nu en dan. Het ook glad nie tyd nie. Beplan altyd om te kuier dan as ek weer my oe uitgevee het is dit laat en ek moet nog stort en die helfde van dit wat ek nog wou doen is nog nie gedoen nie. Dis moeilik as mens groot mense tuis het en net een moet die huis houding doen en nog werk ook. EK kla nie dis net wat in my lewe aangaan. Dan November was ek net een naweek tuis.. Weer ek kla nie dis my lewe. Besig Besig Besig. Gaan dalk hulp kry. SO hou duim vas Sy kan my help op 'n Maandag. Dit gaan my oneindig baie help. Dan hoef ek nie so rond te hol tussen potte en huisskoon maak (wat nou al so agter is, dat die muise dink dis 'n lekker kuier plek) eish  :crybaby2:
 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waar is julle?
« Reply #7 on: November 29, 2011, 08:00:42 PM »
Lekker om weer vir julle hier te sien.
Vandag het ons:
Gehoor hoe Lox en sy gemeente en vriende woeker in Mosambiek.
Vir Trappies help duimvas hou dat sy hulp sal kry op 'n Maandag om haar week se werk draagliker te maak.
Naas sy probleme met ons deel dat ons hom aan ons Vader kan opdra.
Gawelina tyd gegun om weer tot verhaal te kom na 'n baie baie bedrywige paar weke.
PM weer laat glimlag omdat sy weet dat ons haar nie vergeet nie al is ons baie besig.

Julle is ook vir my belangrik.  Ek vind myself na 'n besige dag hier op die Forum.

Lekker aand verder.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar is julle?
« Reply #8 on: November 30, 2011, 08:38:46 AM »
 :hello:

Beslis nie kwaad nie, sukkel net met my werk (begin al hoe minder en minder van rekenaars hou- emosioneel onstabiele goed) en is in die aande besig om die skildery wat my skoonsus wil hê te maak. Daarna moet ek begin om die persoon wie se naam ek getrek het se kerspresent te maak- nie bonus gekry nie. Februarie is daar 'n kunsuitstalling en ek nog net twee skilderye vir dit en Maart is dit die miniatuur kuns uitstalling en ek het nog nie eers daaraan begin te werk nie- maar hopelik (my groot droom) kry hierdie stadige os wel 'n paar skilderye klaar en sien iemand "groots" dit raak en dan kan ek my werk los. :-)

Jammer dat ek so stil is, ek lees wel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is julle?
« Reply #9 on: November 30, 2011, 08:59:08 AM »
Voorspoed met die "prentjies" Fransi. Ek weet dis harde en ondankbare werk wat gewoonlik eers in jou graf waardeer word.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar is julle?
« Reply #10 on: November 30, 2011, 09:52:06 AM »
 :hello:

Dankie Naas en dit is so waar. Die een skildery waarmee ek nou seker by die 50 ure besig is, gaan vir my maar 'n wins van R300 inbring. Dus is my arbeid R6 'n uur "werd". Baie minder as wat Sophie per uur vir skoonmaak by my verdien. Ek wonder soms hoekom die kunste(enige vorm) en kunstenaars( tensy jy bekend is) so maklik uitgebuit kan word.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is julle?
« Reply #11 on: December 01, 2011, 06:54:56 AM »
Julle maak my hart warm klop en my stertjie swaai weer.  Dankie vir die lekker kuier hier, as ek nie lief was vir julle nie sou ek julle nie gemis het en gesoebat het om te kom kuier nie.   :icon_biggrin:  Dankie, ek weet julle is almal dol besig, ek het maar net 'n bietjie verlang.   :notworthy:

Fransi, ek was al bevoorreg om jou werk te sien en dit is baie goed gedoen.  (Een van Fransi se werkstukke is in ons boek.)
Laat weet waar die uitstalling is, ons wil ook kom kyk.
As 'n mens sien wat doek, verf en ander kunsitems kos, is dit geen wonder dat soveel talent in ons land verlore gaan nie en die eindproduk kos 'n fortuin omdat die kunstenaar so duur vir alles moet betaal.  Voorspoed matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar is julle?
« Reply #12 on: December 01, 2011, 08:28:06 AM »
 :hello:

Dankie PM. Die uitstallings sal hier in Lichtenburg wees. Ek weet die een van Maart gaan by die een kwekery gehou word, maar ek weet nog nie waar die ander een gaan wees nie. Sal vanaand probeer uitvind. Ja, die eindproduk kos 'n fortuin, tensy jy as kunstenaar so dom is om te vra watter tipe prys hulle ingedagte gehad het vir die skildery- dan gebeur wat nou weer gebeur het. Soms is dit so erg dat jy in werklikheid 'n verlies ly. Dit is beslis nie goed vir 'n mens se selfbeeld as iemand vir jou minder aanbied as wat hulle vir hulle huis- of tuinwerkers betaal nie. Verder moet 'n mens ook gallerye se beleid inagneem nl. o.a. dat jou werke se pryse nie moet verskil nie. Nie as dit dieselfde grootte is nie. As jy ooit die hoop het dat 'n gallery jou werk sal uitstal is dit dus eintlik beter om jou werke te prys volgens Lengte x breedte. 110cm maal 76cm sal dus in die omgewing van R8300 wees. Of R0.15 per vierkante sentimeter plus die raam se koste en soms selfs 'n 10% hanteringsfooi. (en dit is vir amateurs- soos ek- wat nog nie naam gemaak het nie) Die persoon het my egter R900 aangebied en die materiaal het my R600 gekos. Die ergste is dat hulle die geld aanbied met die houding van dat hulle jou 'n guns bewys om tenminste jou kostes om dit te kon maak te dek. Dit terwyl ek doodseker is dat hulle ontsteld sou wees om R300 te maak vir 50+ ure se werk.
Jammer vir my galbraak- ek het duidelik nog nie genoeg na my rustige, kalmerende musiek geluister nie. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is julle?
« Reply #13 on: December 01, 2011, 08:48:22 AM »
Dit suig!  (Soos Naas sê)  Bloedsuiers!  Ek sal ook galbraak. 

Wat sal die persoon nou doen as jy sê jy het intussen 'n beter aanbod gekry, sal hy/sy 'n beter aanbod maak?





Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar is julle?
« Reply #14 on: December 01, 2011, 09:04:23 AM »
 :icon_biggrin: My donker kant het dit beslis oorweeg.  :icon_biggrin: Dit is vir familie, so 'n mens wil nie drama veroorsaak nie. Ek moes seker maar net leer dat 'n mens nie aan vriende of familie iets moet verkoop nie. Of soiets. Ek dink wel my donker kant gaan wen. Ek het die man se naam getrek vir 'n Kerspresent. Ek dink ek gaan die skildery as 'n Kerspresent gee en die mosaïek tafeltjie wat ek besig is om vir hom te maak, eerder uitstal en hopelik verkoop.