Author Topic: mieliepap muffens  (Read 4707 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
mieliepap muffens
« on: December 02, 2011, 04:13:42 PM »
 Jy benodig (vir 6)                                                                                                                 
 • 2 koppies mieliemeel
 • 4 koppies water
 • 1 teelepel sout
 • 3 eetlepels olyfolie of botter
 • 2 eiers
 • 2 hande vol kaas, gerasper
 • 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
 • 1 teelepel rooipeper
 • 1 teelepel paprika
 • 1 koppie heel mieliepitte
 • 6 sondroogtamaties, gekap
 • 12 kersietamaties, gehalveer
 
 Só maak jy
 1 Voorverhit die oond tot 200 ºC.
 2 Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ’n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
 3 Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
 4 Skep die mengsel in ’n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

 Wenk: Die muffins is ’n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ’n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ’n geduldige resep dié.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: mieliepap muffens
« Reply #1 on: December 03, 2011, 12:32:08 PM »
Dankie Lox, dit is beslis ook 'n maklike maaltyd in 'n pannetjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: mieliepap muffens
« Reply #2 on: December 04, 2011, 08:06:20 AM »
Klink soos 'n wenner vir hierdie tyd van die jaar as jou laaaaaaaaaaaaannnk-laas-gesien-en-amper-al-vergeet-van-julle-familie-van-die-noorde skielik opdaag op jou strandhuis se stoep vir 'n twee weke lange verrassingsbesoek en van die is wat nou nie juis bydra en help nie.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: mieliepap muffens
« Reply #3 on: December 04, 2011, 10:19:02 AM »
Dis hoekom my strandhuis nie 'n stoep het nie en die voordeur se sleutel weg is.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: mieliepap muffens
« Reply #4 on: December 04, 2011, 01:40:21 PM »
Wat wo!  Na die tweede bakkie "dogmore" sal hulle die boodskap kry!
Ons was nog jonk en altyd bankrot toe ons ons eerste huis met 'n swembad gehuur het.  Sien, van Vrydagmiddag tot soms Maandagoggend, was al wat 'n "spunger" was daar.  Almal lê by die "pool" en ontspan terwyl ek al die kinders en die huis versorg en die kos aandra swembad toe, opruim en skottelgoedwas.  Na twee weke is die geld op en die kos ook. 
Voor die volgende naweek het elkeen wat wou kom 'n lysie gehad van wat hulle moet saambring.  Toe is die probleem sumier opgelos.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.