Author Topic: Blomkoolbrood  (Read 12241 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Blomkoolbrood
« on: March 30, 2011, 02:23:55 AM »
Blomkoolbrood

Hierdie broodjie kan ook as 'n groentedis bedien word. 

Bestanddele

Genoeg koolblare om die houer waarin die broodjie gebak word mee uit te voer. 
25 ml Botter
1 Klein Ui
150 g Sampieone
50 ml Gemengde Kruie
Sout en peper na smaak
360 g Blomkool
3 Eiers
300 ml Gerasperde kaas

Witsous

5 ml Botter
100 ml Meelblom
500 ml Melk
Sout en peper na smaak

Metode

Smel botter in pot oor matigge hitte.
Roer meel in botter.
Voeg 'n klein bietjie melk op 'n slag by.
Roer goed.
Voeg weer melk by en hou aan met roer.
Sodra al die melk bygevoeg is laat prut vir 5 minute.
Voeg sout en peper na smaak by en roer deur.

Blomkoolbrood metode

Smeer 'n diep broodpan of 'n potjie of ander geskikte vuurvaste houer .
Blansjeer koolblare en voer pan uit met genoeg blare.
Kap ui fyn en sorteer in die botter.
Voeg sampioene, kruie, sout en peper by en braai vir 3 minute.
Hou eenkant.
Maak blomkool fyn en roer by die witsous.
Voeg geklitste eiers en kaas by.
Gooi helfte van die mengsel in die houer.
Gooi nou sampioen mengsel oor die kool in pan.
Bedek nou die sampioen mengsel met die res van die koolmengsel.
Plaas die pan in 'n bak met 'n bietjie water.
Bak vir ongeveer 40 minute by 190°C.
Laat effens afkoel, keer houer om.
Garneer en bedien.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Blomkoolbrood
« Reply #1 on: September 26, 2019, 10:18:38 AM »
Hierdie resep is gemerk in hoofletters. Ons is mal oor blomkool! Gewoonlik sny ek dit in 'steak-skywe' plaas in 'n pan wat bederf is met 'n lagie olyfolie en 'n stout homp egte botter, sout en peper bo op en laat bros braai in die oond. Na dit gaar is volg die laaste (on)gesonde stap van gerasperde parmesan bo-oor en walla.... jy smul alte heerlik!
« Last Edit: September 26, 2019, 10:21:53 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blomkoolbrood
« Reply #2 on: March 12, 2020, 03:13:56 PM »
Goeiste, dit is amper tien jaar gelede en ek het al vergeet van hierdie heerlikste lekker.  Gaan dit sommer gou weer maak.  Moet net eers by 'n winkel uitkom.  Ons gaan doen net een keer per week (of so tien dae) inkopies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Blomkoolbrood
« Reply #3 on: September 21, 2020, 06:55:36 AM »
Ek ook nou weer hier op afgekom na aanleiding van jou kommentaar. Ons darem weer aan't huise na 'n heerlike drie weke wegloop kus toe. Altyd 'n groot bederf maar een of ander tyd laat die gatsak jou onthou jy moet werk om te kan leef  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Blomkoolbrood
« Reply #4 on: September 21, 2020, 10:10:24 AM »
Ek gaan dit sommer gou vir vanaand maak.  Hannes het vir ons 'n behoorlike vakuummasjien gekoop.  Nou kan ons heerlik groente koop en dit vakuumverpak sodat dit kan hou.  Die hitte hier in die bosveld "vreet" al ons groente op en dit hou nie veel langer in die yskas nie.  Nou het ek 'n nuwe speelding en het al die rate nodig wat ek kan kry.
Om te weet is om te verstaan.