Author Topic: Ek is 'n stiefma  (Read 5762 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek is 'n stiefma
« on: November 20, 2011, 09:03:11 PM »
Toe ons mekaar ontmoet het, vertel sy vir my, was ek baie lief vir hom en sy kind, en dié ook vir my.  Ongelukkig, is ons toe getroud, en die klein "engeltjie" het ontaard in 'n "duiweltjie". 
Hy het om elke hoek en draai gekyk waar hy my en sy pa uitmekaar kon dryf.  Hy het nie net vir ons twee teen mekaar probeer afspeel nie,  maar sy eie ma het ook in die slag gebly.  Hy sou enigiets doen om sy sin te kry.  Hy was dan die arme "agtergeblewene".  Die kind wat van 'n "liefdevolle ouerhuis" ontneem is.  In stede daarvan om te besef dat hy nou twee, twee werklike liefdevolle ouerhuise het, het hy alles in sy vermoë probeer om dit uitmekaar te ruk.  Hoe kan iemand dit durf waag om gelukkig te wees!  Hy is dan sielsongelukkig! Twee ma's en twee pa's, waar het jy nou ooit daarvan gehoor!

Staan jy 'n kans?  Jy wat 'n stiefma of 'n stiefpa is.  Staan jy 'n kans?


Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n stiefma
« Reply #1 on: November 21, 2011, 07:26:33 PM »
'n Job wat ek nooit weer wil oorhe nie.
Dit was chaoties.  Kan boeke skryf oor die onderwerp. 
En moenie die Ouma's van daardie telgies uitlaat nie.
Oeee... horror stories kan ek julle vertel.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n stiefma
« Reply #2 on: November 22, 2011, 07:03:09 AM »
Ek is lus vir horror stories Ellé!  :icon_biggrin:
My seun het twee keer met  meisies met kleingoed uitgegaan en dit was nag elke keer as die verhouding skeefloop.  Jy sien nooit weer daardie kindertjies wat jy so onvoorwaardelik as jou eie aanvaar het nie.   

Dink jy die biologiese ouer van die kind, voel so skuldig oor die egskeiding en dit wat die kinders moet meemaak, dat hulle die kinders onnodig bederf?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n stiefma
« Reply #3 on: November 22, 2011, 08:37:23 PM »
Oh, absolutely.
Onthou, die kinders bly gewoonlik by die ma en wanneer hulle dan by pa kom kuier, oor-kompenseer hy deur alles te gee wat hul harte begeer.
En die woord 'stiefma' het 'n stigma wat jy nie kan afgeskuur kry nie.
Jou kind kry 'n stiefma,  maar my kind kry 'n stiefpa.  Maar dit word nie so gesien nie.
En as die ouma kom kuier, is dit ouma, seun en kleinkind.  Jy bly die verstote een, want jy is nie bloedfamilie nie.  Staaltjies uit die ander huwelik-era word vertel, stories oor die ander familie en jy is in die kombuis en moet entertain.
Vele vele male se uitreik na skoonma en kind was vrugteloos en selfs die kinders het niks vir mekaar te se nie.
As opvoeding in die twee huwelike verskil het en die kinders word dan saam gegooi, kan dit katastrofies wees - vir kinders en ouers wat later die spanning nie meer kan verduur nie.
Soms is 'n egskeiding onvermydelik.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is 'n stiefma
« Reply #4 on: November 23, 2011, 04:49:50 AM »
Tameletjie in kwadraat en perfekte resep om elke moer te strip wat in jou huis se ratwerk bestaan :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is 'n stiefma
« Reply #5 on: November 23, 2011, 07:26:18 AM »
My meisiekind kla ook oor die bederf wat aan die anderkant gebeur.  Intussen betaal hy nie sy onderhoud nie en "stiefpa" sorg, maar "stiefpa" kry geen erkenning nie. 

Dalk moet die ouens met ondervinding 'n "moenie so maak nie" lys opstel vir "nuwe Stiefma's". 
Soort van 'n "padkaart" om by geluk uit te kom.  Onkunde is gewoonlik die wortel van die kwaad.
 :icon_biggrin: Ek sou maar die tydjie op 'n ander plek gaan kuier het dat "skoonma" haar tydjie met die "kinders" kon geniet.  Sommer daar in die kombuis.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.