Author Topic: Jou wetterse bedelaar  (Read 6321 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Jou wetterse bedelaar
« on: November 18, 2011, 09:06:01 PM »
Lui my klokkie, vir die 10de keer vandag.
"Mevrou, seg die witman, goed geklee, ek het dringend R50.00 nodig om"... ag almal ken die storie.
"Dit is goed so, was gou my kar dan gee ek jou R50.00."
"Ag nee mevrou, ek is verskriklik haastig, het regtig nie nou die tyd nie!"
"As ek jou weer voor my deur kry gooi ek jou met 'n pot kookwater!"
('n Frase uit 'n ander gesprek wat ek vroeër hierdie week gehoor het.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #1 on: November 19, 2011, 03:51:53 AM »
Dis soos een wat my vrou vra, gee my R2 vir 'n brood asb. seg my vrou , waar kan jy brood koop vir R2.

in ons dorp verkondig die kerk die volgende beleid:

Gee niks vir bedelaars sonder dat hy werk doen nie soos jy wat geseg het was die kar. want as jy net gee en gee sal hy aanhou bedel.

hulle vergelyk dit met die verhaal van verlore seun

as die pa of iemand vir die seun kos na die varkhok geneem het sou hy nou nog daar gesit het. hy moes iets doen en opstaan en homself uit daai situasie wou kry.

hulle sê ook jy sê vir die persoon as hy rêrig gehelp wil word om werk te kry sal jy hom bystaan maar gewoonlik wil hulle nie help nie

die bedelaar haastig op pad iewers heen maar hyt tyd om te kom geld vra. as hy nie werk het nie of nie op pad is na afspraak vir werk nie waarheen kan hy dan so haastig wees dat hy nie wil werk vir die r50 nie.

ek help graag en gee graag maar nie vir mense wat misbruik maak daarvan nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #2 on: November 19, 2011, 08:06:57 AM »
Ek sien dikwels al hierdie bedelaars op die hoeke van die strate. Ek sê anderdag vir Hannes, kan ons nie maar hierdie jong seun, ek skat hom so 14, oplaai en huistoe vat nie.  Ons kan, antwoord hy, maar morevroeg as jy wakker word, is die huis leeg gesteel en hy is weg.   :crybaby2:

Wat my kwaad maak is die skuldgevoel waarmee ek sit as ek iemand wegwys.  Ons is tog grootgemaak met "help waar jy kan". 
Ek het al vir ander klere en skoene gegee, dan hoor ek later die persoon het dit net verkoop vir geld.  Jy kan net nie wen nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #3 on: November 19, 2011, 08:43:46 AM »
ek het ook dit in my om mense e help, maar my hand raak al meer toe.

ry enekeer deur oudshoorn, koop padkos by kolonel saunders en hier buite staan 'n kind leepoog en vra geld vir brood. ek sê kom saam. langsaan is kafee, ek koop brood en ek dink konfyt ook. toe ek ry sien ek hoe gooi hy die brood in die asdrom.

hulle soek geld vir dwelms meestal.

ek begin al meer dink die wat so bedel, meeste, wil nie uit die varkhok kom nie want hy wil nie werk nie en kry om van te leef deur bedel.
en deur te gee hou mens hulle in die varkhok.


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #4 on: November 19, 2011, 09:19:08 AM »
Ek het op 'n kol gesê:  Dié bietjie sal my nie armer maak nie, toe kry ek die antwoord, nie vir jou nie, maar wel vir die bedelaar.
Dit is soos jy sê Lox, die mooi spreekwoord van leer 'n ou om vis te vang en hy ly nooit weer honger nie, is nie meer in ons tyd van toepassing nie.  My spreekwoord werk beter:  eenkeer 'n sukkelaar, altyd 'n sukkelaar. 
As ek geld nodig het en ek weet jy het 'n werkie om gedoen te word, dan sal ek vinnig onderhandel.  Dit is te  maklik om te sê: Die Vader sal voorsien.  Hy het jou mos van krag en gesondheid voorsien, gebruik dit dan.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #5 on: November 19, 2011, 09:27:40 AM »
Die Bybel seg ook wie nie werk nie moet nie eet nie.

ek dink daars 'n groot verskil tussen wat die Bybel bedoel met help waar nood is en wat ons vandag kry waar mense hulle eie nood dalk skep deur nie te wil werk nie, geld op verkeerde goed soos te veel drank en dwelms uitgee.

hier by ons help die mense graag in gevalle van nood, soos my een buurman wat nou operasie moet kry en die koster se vrou wat chemo moes kry en nie geld het nie, dan samel ons geld in en gee dit vir hulle. maar lukraak sommer gee omdat gee gee is, nee ek glo nie.

ek weet van 'n plaaswerker op i plaas nie ver van hier, hy kry goeie salaris, dan gaan bedel hy Saterdae. vra sy werkgewer hom waarom doen jy dit. seg hy, die pay is vir die huis en die bedelgeld is my drank geld.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #6 on: July 18, 2012, 10:01:10 AM »
Sektor 1 het sy lede gister gewaarsku om nie vir bedelaars toegang te gee tot hul eiendom nie.  'n Vrou het iemand wat vir kos gevra het jammer gekry en hom laat inkom.  Toe sy die hek oopmaak spring nog twee agter 'n boom uit, oorrompel haar, bind haar vas en steel haar bankrot. 
Wees gewaarsku. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #7 on: July 18, 2012, 12:24:43 PM »
Ag nee, mense kry ander tog te gou jammer. Ek weet dit klink hard, maar dis feite.  :angry2:

Dis vir my so snaaks. Nie eers 'n hond sal so dom wees om die hand te byt wat hom "voer"/help nie.  :icon_scratch:

Dan kry jy mense wat dit doen. Hoe slaap hulle? of is hulle regtig so ge"brain-wash" om te glo dat dit hulle toekom wat ander het?  :dontknow:  :icon_scratch:

Verstaan dit glad nie.

 :angel12:

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #8 on: July 18, 2012, 12:50:50 PM »
Sit baie in my kar dan is daar mense wat bedel. Soms 'n vrou met 'n baba op die rug soms iemand met 'n blind persoon aan die arm. Dan skreeu my gewete vir my as ek daar wegtrek sonder om iets wat my werklik " niks" gaan kos nie in die blikkie te gooi.
Dan hoor ek weer stories soos hierbo wat my so die %$^&! in maak. Of die stories van mense wat die blindes "huur" om te bedel want die simpatie is daar, dan voel ek weer beter.
Maar ons is tog Christen mense en die Woord sê mens moet help.
Wens soms mens kom weet wie het regtig behoefte, wie kan regtig nie vir homself sorg nie en wie soek geld vir drugs en drank........

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #9 on: July 18, 2012, 01:43:03 PM »
Nee ek voel lankal nie jammer nie. Het al te veel gesien my eie oë. Ongelukkig is daar mense wat regtig ons hulp nodig het, en dit nie kry nie. Oor ander dit misbruik het. En dis Jammer.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #10 on: July 18, 2012, 11:09:01 PM »
Trappies, ek hoor wat jy sê en dit maak my ook ongelukkig. 
In die laaste paar jaar het ek beleef hoe mense wat insamelings misbruik vir hul eie belange, 'n fortuin daaruit gemaak het. 
Ons is juis nou in 'n situasie waar ons al die kaste wil leeg maak van alle onnodige items, goed wat ons nooit weer sal gebruik nie, klere wat ons vir die laaste jaar nie gedra het nie, (en daar is jare se opgaar waarvan ons ontslae wil raak) maar vir wie gee jy dit?
Hou in gedagte dat dit nie items is wat waardeloos is nie, maar ons wil dit vir iemand gee wat dit vir die mense wat dit werklik nodig het kan uitdeel, nie vir mense wat hulself wil verryk nie.  Dalk het ek maar net die kat aan die stert beet! Ek weet nie, help my maar uit!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #11 on: July 19, 2012, 04:19:12 PM »
as jy vra en iets doen om dit te verdien, gee ek graag

maar net vra en gee omdat jy gekultivate is dat dit jou reg is - voetjek!

ek voel nie skuldig nie
my hand maak nie meer so foolish hoop nie

wie koop vir my tande?
wie koop Andre se bril raam

niemand nie .. al staan ek op die straat en bedel ....

maar kom vra as jy nodig het - dan onderhandel ons oor hoe om dit gelykop te speel vir jou en my

bv ... ek het R50, jy was my kar
of ek het melk en jy kan my tuin skoonmaak
of ek maak jou huis skoon vir 'n brood

maar nie net gee vir niks nie ... se voet

Die Bybel se kyk na die miere ... hy wat nie werk nie, kry niks

Ons sit met 'n kultuur van vat en niks gee nie
wil he en gooi weg as moeg is ...

ons sit nou weer met hondjie no7 in die huis ... 'n worsie ..
laasnag in my broer sy agterplaas gegooi in die bibber koue
hulle kan bly wees hy werk nagskof en dat hy hulle nie gesien het nie ...
hondjie kan nie by hom bly nie  - Sjamese kat tuis en hy werk nagskof by SAP

nou moet ons hondjie help om oor trauma te kom - stertjie voorheen af gebreek
vel duidelik bewys van mel nutrition ....

ons moet vir hom 'n huis kry

en hoopenlik is daar nog omgee harte....

bedeleaars en koue varke ... voetjek ... ek het nie tyd vir dit nie

mooi harts mense en diertjie ... ek lief julle
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #12 on: July 20, 2012, 08:23:25 AM »
Gister het Hannes van sy klere vir "iemand" gegee.  Die van oor tot oor lag en die vonkel in die oog, het vir ons alby groot vreugde gebring. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Jou wetterse bedelaar
« Reply #13 on: July 21, 2012, 07:19:41 PM »
Bloubevoeterd jy skryf:

Dan hoor ek weer stories soos hierbo wat my so die %$^&! in maak. Of die stories van mense wat die blindes "huur" om te bedel want die simpatie is daar, dan voel ek weer beter.

Hier is gevalle waar die blindes nie blind is nie. dink ek het dit al vertel maar hier kom hy weer:

my nefie ry met die werk se vragmotor om vleis in die kaap af te lewer. elke week slefde pad. by een verkeerslig staan die vrou en blinde man met swart sonbril op. so roep hy hulle nader die een keer en hulle staan teen aan die deur. krap hy hier onder wat lyk na of hy in sy sak krap maar intussen haal hy die speelgoed slang onder die sitplek uit. die blinde skrik en hardloop hom uit sy wit kierie tussen die karre deur.

ja ek raak ook die viesste in as een my op so manier 'n rat voor die oë wil draai om my geld uit my sak in sy sak te kry.

so ook as een kom met Bybel in die hand en sop stories vetrel van geld vir die of daai behoeftige kinders in te samel. ek was al so uit gevang meer as 1 keer tot die ou aan die kaak gestel is en tronkstraf gekry het.
nou maak sulke dinge dat ek nie meer sommer wil gee nie.

ja soos hier bo gevra is, hoe onderskei mens? lyk my die kansvatters is baie meer as die wat werklik behoefte het?